Zuma: ‘Ons ondersteun staatskaping-ondersoek’

Pres. Jacob Zuma Woensdag (31 Mei 2017) in die parlement waar hy die presidensie se begroting ter tafel gelê het. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Opposisiepartye het pres. Jacob Zuma Woensdagmiddag uitgejou toe hy, terwyl hy die presidensie se begroting in die parlement ter tafel gelê het, gesê het hy is ten gunste van ʼn ondersoek na bewerings van staatskaping.

“Laat ek dit op skrif stel, daar is geen teenstand van die regering of die presidensie oor die voorstelle vir ʼn kommissie van ondersoek na staatskaping nie,” het Zuma gesê. “Ons ondersteun ʼn ondersoek ten volle omdat dit sal help om die feite aan die lig te bring en die gerugte uit die weg te ruim oor die omvang van staatskaping.”

Zuma het gesê die vertraging in sy aanstelling van die kommissie wat die saak sal ondersoek, is weens sy siening dat Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, inbreuk gemaak het op sy magte as president deur hom opdrag te gee om die kommissie van ondersoek aan te stel om die bewerings in haar staatskapingverslag te ondersoek. “As dit daar gelaat word, gaan dit probleme vir toekomstige staatshoofde veroorsaak omdat dit ʼn verkeerde presedent skep,” het hy gesê.

Pres. Jacob Zuma en adjunkpresident Cyril Ramaphosa Woensdag (31 Mei 2017) in die parlement waar die presidensie se begroting ter tafel gelê is. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

“Volgens die regsadvies wat ingewin is, ondermyn die opdrag om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel die konsep van skeiding van magte.”

DA-LP’s het Zuma kort-kort tydens sy toespraak onderbreek en onder meer uitgeskree, “Ons soek jou in die tjoekie!”. Zuma het grootliks die uitjouery geïgnoreer en voortgegaan met sy toespraak wat onder meer gefokus het op misdaad teen vroue en kinders, die ekonomie en die nuwe mynbouhandves.

Die EFF se sitplekke in die parlement was oudergewoonte leeg. Die party het vroeër gesê hy erken nie Zuma as die land se regmatige president nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

tamboti ·

Hoe tipies Zuma se stelling dat: “die ondersoek sal die betrokkenes se onskuld bewys……”
Hy self sal sorg en inmeng dat dit so sal wees, hy weet wat is die waarheid en sal sorg dat dit toegesmeer word.
Ons het ‘n leier nodig wat die stelling maak: Ek sal nie rus totdat die skuldiges uitgewys en behoorlik gestraf word nie!
Maar Zuma glo net aan toesmeer en omkoop!

Anoniem ·

Onse Thuli het juis die aanbeveling gemaak omdat SA tans ‘n “verkeerde president” het, nie omdat sy ‘n “verkeerde presedent” wil skep nie.

Jacob, jou ma was heldersiende toe sy jou naam gegee het – BEDRIEëR!

willie ·

indien dit sy goedkeuring wegdra beteken dit NIKS! slang in die gras

Johann ·

As ek na ‘n spotprent van hom moet kyk, soos die tekenaars hom met prominente kenmerke uitbeeld, en dit in woorde beskryf, hier tik, sal dit sumier verwyder word. En ek sal geen gekruide of aanstootlike taal gebruik nie. Niks teen die wet nie. net hom beskryf dat mense wat dit lees, die prentjie kan sien.

al ·

Sal hy so voete sleep met die staatskaping ondersoek soos met die Nkandla aanbevelings deur Thuli Madonsela met die 2014 verkiesing toe die kiesers nog verward was of hy onskuldig is?
Hy het doelbewus die kiesers mislei – dink hy hy gaan dit weer regkry?

Callie ·

Mense, hierdie ou is besig met groot dinge. Voor die jaar verby is gaan hy sy ding doen. Weermag gaan ingryp en hy gaan totaal oorvat. Hy gaan Mugabe na n kleuter laat lyk. Ek word bang oor ek sien mense besef nie regtig waarmee hy besig is nie. Die ou gaan ENIGE IETS doen om nie tronk toe te gaan nie.

snoefie ·

hy het thuli madonsela se OODRAG geignoreer want watter zuluman laat hom deur n vrou hiet en gebied? n kommissie wat hy gaan aanstel? ja raait. Jan van riebeeck sal skuldig wees aan staatskaping.

Dirk ·

Die uitkoms van die ondersoek is reeds deur die Guptas se prokureur geskryf – heeltemal onskuldig!

John ·

Waarom word klagtes nie teen die Guptas gele weens hul vergrype nie? Los vir Zuma. As sy vriende val is hy hulpeloos. Die feit dat die Guptas eers sou gly, maar toe bly… en sterker word, se net een ding: Beskerming deur die regering. Hoekom het die Guptas nog niemand aangekla van naamskending nie en ook geen bank weens die sluit van hul rekeninge nie? Is hulle dan beskermde wild en besit hulle nou ook die regstelsel? Indien wel, is dit verby met ons.
Is ‘Little India’ dan ons eintlike naam en SA net die skuilnaam? As ‘n pilaar nie wil val nie, grawe by sy fondasie en verswak sy wortels…

Basjan ·

As die ANC die ANC ondersoek, weet ons wat die uitslag sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.