Zuma ontbied ministers

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Jacob Zuma het volgens berigte sy kabinet vir ʼn vergadering ontbied.

eNCA berig die vergadering sal vandag plaasvind. Kabinetsvergaderings vind egter gewoonlik op Woensdae plaas. Dit kom nadat die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) Maandagaand tot laat vergader het en die party daarna ʼn verklaring uitgereik het waarin daar bevestig is die nasionale uitvoerende komitee (NUK) sal Woensdag vergader.

Daar word verwag dat daar tydens die NUK se vergadering gestem sal word of Zuma as staatshoof moet uittree. Dinge kan egter verander in die lig van die vergadering wat Zuma sopas met ministers belê het.

Zuma het Sondagaand met hoofbeamptes van die ANC vergader, maar kon nie tot ʼn vergelyk kom nie. Dié vergadering het Maandagaand se NWK-vergadering tot gevolg gehad en hulle het toe besluit om die kwessie na die NUK te eskaleer.

Zuma se termyn kom eers oor sowat 13 maande tot ʼn einde, maar die druk op hom om te bedank, het die afgelope ruk skerp toegeneem.

Opposisiepartye het ook geëis dat Zuma nie toegelaat word om die staatsrede Donderdagaand te lewer nie.

Daar is ook ʼn moontlikheid dat dekades lange aanklagte van korrupsie en rampokkery weer teen die einde van die maand teen hom ingestel kan word deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Veritas ·

Hy gaan net die kabinetslede inlig dat , indien hy val, hy hulle almal gaan saamneem. Daarna gaan hy die weermag op ‘n gereedheidsgrondslag plaas om die polisie by te staan om die onrus hok te slaan wanneer hy gaan aankondig dat die land nie gereed is vir ‘n leierskapverandering nie. Hy het mos by ander Afrikaleiers geleer hoe om onbepaald aan bewind te bly. Let mooi op dat hy dit duidelik gestel het dat hy nie gereed is om die leisels oor te gee nie. Hy besef maar alte goed dat dit die enigste manier is hoe hy tronkstraf kan vryspring.

Ella ·

Veritas ek hoop jy is verkeerd maar eintlik dink ek jy is reg. Hoerdie ou is altyd n stappie voor die res. Die wereld sou vir ons lag – as hulle enigsins omgegee het.

Joe Hall ·

Alhoewel jy in die kol mag wees, hoop ek tog dat hierdie droewe land gespaar sal word van die scenario wat jy skets Veritas.
Feit soos ‘n koei is dat die ANC regime en hul marxistiese NDR planne die grootste enkele langtermyn bedreiging is.
By herhaling – om Zuma met Ramaphosa te vervang, is uiteindelik so nutteloos as om die narre van ‘n sirkus om te ruil.
Dit is die ANC se sirkus wat die probleem is.
:-)

neels ·

Hulle gaan seker ingelig word dat as hulle in n stemming teen hom stem sal hy sorg dat hulle nie meer n sitplek op die trein het nie. Daar gaan seker ook nou n kabinet skommeling aangekondig word en al die Cyrell ondersteuners moet uit want hy het nog nie geabdikeer nie en gaan ook nie.

Hettie ·

Hy wil hulle seker weer dreig voor hulle vergader
Almal het soveel geraamtes wat hy van weet !

Bernard Hellberg ·

Ek proe al die Moët wat ek gaan oopmaak wanneer hierdie knaap polities sneuwel??

Ek stem ·

Ek stem, die ou wil nog, maar gaan nie nog vir lank hou. Hy moet nie vergeet wat met Mugabe gebeur het nie. Die feit dat die ANC gister mense begin aanrand het uit desperaatheid is ‘n duidelike teken dat hul op ‘n vuurwarm plaat is en laaste benoude katspronge uitoefen. Ek gaan darem self celebrate.

Genieve ·

Dit lyk asof hy nie afrikaans verstaan nie,en die staatsrede gaan n vermorsing van geld wees. Juluis Malema het dan almal gewaarsku wat gaan gebeur as hy met sy staatsrede voortgaan.

honourable member ·

Nee wat hy gaan nerens heen nie. Gaan net seker maak dat niemand hom wil laat gaan nie. Kos die belastingbetaler weer miljoene om almal in te vlieg en duurste verblyf te reel.

A ·

Hy gaan seker nou al sy ministers afdank en nuwe maatjies aanstel. Sal seker sy Gupta boeties ministers maak.

Tonald Drump ·

He he ek hoor jou Mornay. Ek dink soos ‘n dief in die nag Du Baai……

Chris Ws ·

Sal dit nie mooi wees as sy weermag die vergaderingslokaal omsingel en almal daar binne vaskeer TOT zuma sy uittrede aan kondig nie!Neewat ,sal nie gebeur nie want hy tip die generaals ordentlik.

cor ·

Chris van watter weermag praat jy sekerlik nie die huidige een nie, miskien die wat in die DRK is of die veterane wat in elk geval nog nie hulle pensioene gekry het nie.

christa ·

meester se agterend. Nog nooit in die geskiedenis van SA was daar so ‘n korrupte president aan bewind nie. Al waarvoor die ANC bang is dat Zuma moet verwyder word, is omdat hulle bang is die ANC sal nie meer aan bewind wees nie.

Koos1 ·

Hier broei iets groot! Zuma het nog nooit voor enige kabinetskommelinge of aanstellings van nuwe ministers, met sy kabinet vergader nie. Dit is mos sy progresief en die besluite word mos altyd in die nag bekend gestel.
Daar gaan 1 van 2 dinge gebeur. Hy gaan of bedank of ‘n noodtoestand bewerkstellig.

LHS ·

n Afrika leier word net vervang as hy doodgaan, n staatsgreep of politieke kaping binne sy eie party. Nie een van hierdie het al vir Zumpie getref nie. Hy het so groot magsbasis korrupte volgelinge op alle vlakke opgebou dat geen geweldlose poging hom sal verwyder nie. Die volgende stap mag wees, diktatorskap met die hulp van al sy bendelede.

mossie ·

Die staatsrede gaan so ‘n spektakel wees!
Ek hoop dit word wereldwyd uitgesaai sodat almal kan sien dat Trump se woorde in die kol was oor Afrika!!

Jacques Venter ·

Volgens News24 gaan Zuma nie n kabinet vergadering hê nir

Woedend ·

As hy nie waai nie Kom hier oorlog tussen ANC en EFF so sit terug en kyk hoe die klomp narre mekaar bykom. ..Zuma Sal nie waai want tronk wag vir hom. ..dis jammer ons eens pragtige veilige land het so verval

Victor ·

EFF en Cyril/ANC is 100% maatjies. Malema het dit in die publiek laat uitglip hy is mal oor Cyril. Malema het nog net onlangs geskreu dat Cyril die opdrag gegee het vir die Marikana slagting. Nou dat hy gehelp het om Cyril in posisie te kry, is hy uiteindelik waar hy wil wees: na 2019 verkiesing in die ANC groot salaristrekker stoel. Onthou dat hy die een was wat in die publiek verkondig het dat hy enige iemand teen Zuma, sou vermoor!! Hy was Zuma se liefling seuntjie maar ongelukkig…….arm.
Toe trek Zuma die Guptas nader en se “sorg vir my regte seun en vir my”. So draai die rugsteek jakkals toe teen die ander rugsteek jakkals.
Cyril het klaar aan Malema beloftes gemaak en een uitstaande belofte is: Wanneer ek ( Cyril) verkies is kan jy maar erger voortgaan met gronvergryping en publieke moord opstokery teen Blanke Afrikaners. Malema doen wat die ANC nie mag doen, maar wil doen. Malema het hulle volle ondersteuning.
Ons vervang nou ‘n slinkse krimineel met ‘n slim krimineel. Afrika regerings kan hulle self nie help. Hulle is soos hulle is: kriminele diktators.

Pop ·

Elke nuusberig is anders. Kan almal nie nou maar wag tot daar aankondigings is voordat daar nuusberigte die land ingaan. Almal se senuwees is klaar. Veral ons witmense. Ons weet van die een dag na die volgende nie of ons more hier gaan wees en of ons weereens pionne gaan wees vir politiek nie.

neels ·

Hy het sy ministers geroep net om hulle te groet . Hulle moet nie bly wees nie want hy gaan nerens, maar hulle gaan agterbankers word en hulle moet s nuwe span ontmoet.

Willie ·

Hy kan natuurlik ook ‘n noodtoestand afkondig onder die verskoning van onlangse gewelddadige protes aksies en politieke sluipmoorde. So kan hy die veiligheidsmagte inspan om hom vir ‘n onbepaalde tyd aan bewind te hou . Aanhouding sonder verhoor vir almal wat hom opponeer. Hy het genoeg steun om dit reg te kry. Hoop werklik ek is verkeerd.

carnett ·

Wat verwag allmal,die Mann kan nie ers n stukkie papier lees nie.
Dink julle werklik ,hy is die Brein van ALLS. Daar is n klomp Mense wat met hom vall!

Dit is Cirkus…en een Clown vervang die ander een!

Alida ·

Hulle gee nie om om R4 miljoen te mors op die Staatsrede nie. Malema het hulle gewaarsku dus sal dit nie ‘n verrassing wees as die hele gedoente ontwrig word nie. Die ANC wil net nie luister nie. Los hulle, hulle stel hulself in die verleentheid. Die speaker se keel gaan lekker seer geskreeu wees om te probeer orde handhaaf.

Nico ·

Ek sien uit na die staatsrede. Sal ‘n sirkus wees. ‘n puik sepie. Kan wees dat die spul mekaar fisies aanvat. Beter as rugby !

Erika ·

Did grondslag vir die afkondiging van ‘n “state of Emergency” is lankal reeds gele met die aanvang van die opstokery oor rassehaat & studente betogings. As Veritas se voorspelling in die lol is sal die weermag & oud soldate van Inkonto sal opgeroep word & dan is daar beslis oorlog

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.