Zuma ontken dat sy vrou hom wou vergiftig

Pres. Jacob Zuma en sy vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma Foto: 2OceansVibe

Pres. Jacob Zuma en sy vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma Foto: 2OceansVibe

Pres. Jacob Zuma se kantoor het ʼn berig in die Sunday Times as skindernuus afgemaak dat sy vrou Nompumelelo Ntuli-Zuma hom wou vergiftig.

“Dit is gebaseer op spekulasie en ʼn geskinder,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, gesê. “Ek gaan nie verder kommentaar lewer nie. Ek lewer nie kommentaar oor skindernuus nie.”

Die Sunday Times het berig dat drie bronne, wie se name weerhou word, bevestig het dat Zuma verlede jaar in Junie siek geword het en in die hospitaal opgeneem is. Hy het glo twee maande later tydens ʼn reis in Amerika uitgevind dat hy vergiftig is.

Russiese dokters het glo in Augustus die diagnose bevestig.

In daardie stadium het die departement van internasionale betrekkinge gesê Zuma woon vergaderings in Rusland by en sal sy tyd in die land gebruik om te rus.

Die koerant het berig dat Ntuli-Zuma in Januarie uit Nkandla getrek het en nou in Durban-Noord by haar drie kinders woon. Sy is nog steeds geregtig op die voordele as ʼn vrou van die president, aangesien sy en Zuma nie geskei is nie.

Zuma se broer Michael het bevestig dat Ntuli-Zuma “lank gelede” uitgetrek het.

Volgens die berig was Zuma in Junie verlede jaar só siek dat hy begin hallusineer het en oor sy ma gepraat het asof sy nog leef, al het sy hare gelede gesterf.

Gerugte het in 2010 die ronde gedoen dat Ntuli-Zuma egbreuk gepleeg het met een van die lyfwagte, Phinda Thomo. Thomo het kort daarna selfmoord gepleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Indien dit waar is het Zuma se vrou ook maar nie sterk gif gebruik nie. Ek dink eerder dat die tokkelossie die ou n bietjie getreiter het.

Babs ·

Wie het betaal of betaal nog steeds vir die huis waarin sy bly? Sy is nog steeds met hom getroud dus is sy nog op die belastingbetaler se “payroll”. Kon nie ‘n sterk middel wees nie want net sy lagspiere is aangetas.

Grassie ·

Ek dink nie hy het gif nodig om te hallusineer nie. Hy doen dit dan meeste van die tyd.

Eliza-beth ·

Grassie – (sonder om jou naam te na wil kom!) dalk het die ou weens “grass” begin hallusineer! Andersins is dit paranoia wat begin inskop – dis mos gewoonlik so as mens ander te na kom of skuldig is aan dinge/dade aan ander dan begin jy almal verdink dat hulle jou wil vermoor. Die lyfwag s e”selfmoord” laat mens ook nadink – dit raak nou soos in die dae toe die Grieke en Romeine et al mekaar so oor en weer verdink en vergiftig en watookal het!

Drieks ·

Sy was ongelukkig toe Zuma na haar weer vrou gevat het. Toe is dit die storie dat sy kind het by veiligheids wag en nou gif storie. Sy kan nou ‘n boek skryf…..

ig ·

Sy sou die land en die wereld n moewiese guns gedoen het as sy suksesvol was.Hoekom het sy nie hulp ingekry nie? Het sy nie Wouter Basson se no nie?

Knersus D ·

Gee daai girl ‘n Bells!! Net ‘n bietjie raad…gebruik volgende keer krokodil-gal. Dan gaan hy nie terugkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.