Zuma ontken hy het ‘paleis in Dubai’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die presidensie het Sondag mediaberigte ontken dat pres. Jacob Zuma “ʼn paleis in Dubai” in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) besit.

Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die president, het in ʼn verklaring gesê ʼn berig in vandag se Sunday Times oor Zuma se beweerde Dubai-paleis is ʼn versinsel. “Pres. Zuma besit geen eiendomme buite Suid-Afrika nie en het niemand versoek om vir hom eiendom in die buiteland te koop nie. Die president het ook geen van die beweerde e-posse ontvang of gesien nie en dra geen kennis daarvan nie,” het Ngqulunga gesê.

Sunday Times het vroeër berig Zuma se vriende, die skatryk en invloedryke Gupta-familie, het vir hom ʼn luukse Dubai-herehuis gekoop. “En een van Zuma se nabygeleë bure in die eksklusiewe omheinde landgoed is niemand anders nie as Zimbabwe se president Robert Mugabe,” het die koerant berig. “Zuma se huis is Villa L35 in Lailakstraat in Emirates Hills, wat geken word as die duurste woonbuurt in ʼn stad só spoggerig dat die plaaslike polisie met Bugatti’s ry.”

Volgens die koerant het Zuma se huis tien slaapkamers, 13 badkamers, ʼn dubbele stel trappe, nege onthaalkamers en ruimte vir 11 motors. Die huis is binne glo met marmer, mosaïek en goud afgewerk.

“Gedurende Sunday Times se ondersoekende reis na Dubai verlede jaar, het verskeie onafhanklike bronne aan die koerant gesê die Guptas het in 2015 vir Zuma ʼn aftreehuis van R330 miljoen in Emirates Hills gekoop, dieselfde jaar wat Duduzane Zuma [Zuma se seun] ʼn woonstel vir R18 miljoen in die Burj Khalifa gekoop het.”

Die koerant beweer hul bronne sluit sakemanne met maatskappye of huise in Dubai, senior ANC-beamptes en mense naby aan Zuma se familie in.

“Die koerant kon destyds egter net bevestig dat die Guptas die huis gekoop het en Duduzane die Burj Khalifa-woonstel gekoop het. Die feit dat die huis vir Zuma gekoop is, is nou klaarblyklik in die gelekte Gupta e-posse bevestig.”

Sunday Times het verlede week berig twee briewe wat Tony Gupta eerste aan Ashu Chawla, Sahara se uitvoerende hoof, en daarna aan Duduzane gestuur het, suggereer skynbaar dat Zuma van plan is om na Dubai te emigreer. Albei briewe is aan Sheikh Mohammed bin Zayed Al Nahyan, die kroonprins van die VAE, geadresseer en lyk soos ʼn konsepbrief wat namens Zuma geskryf is en deur hom onderteken moes word. Sunday Times het berig ʼn derde brief het intussen aan die lig gekom wat die villa Zuma se huis noem.

“Ek is bly om jou in te lig dat my familie besluit het om die VAE, en spesifiek Dubai, ʼn tweede tuiste te maak en ons het reeds ʼn woning in Emirates Hills (Villa no. L35, Lailakstraat no. 1) bekom. Dit sal vir my en my familie ʼn groot eer wees om jou begunstiging te kry rondom ons voorgestelde verblyf in die VAE, veral rondom veiligheidskwessies, aangesien my seun en die familie redelik baie in en uit die VAE sal reis,” het die derde brief glo gelui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

John ·

Natuurlik is hy weer reg. Dis net ‘n huisie. Wag tot julle sy paleis sien… maar hulle doen nog net eers so bietjie opknappingswerk en dan…

dirk L ·

te pragtig. Google maps sê dit is Of -35 Lailak 2 Street – Emirates Hills – Dubai – UAE OF dit is 35 Lailak 3 Street – Emirates Hills – Dubai – UAE. beide so pragtig soos ander…….

nou toe nou ·

jammer om ye sê maar as Google maps t
weeverskilkende adresse gee, albei verskillend van die een in die koerant, is dit weer net n …storie.

jaco ·

wat ek nie verstaan nie, is dat Zuma so openlik heul met ‘n familie Indiërs. Watse Black Economic Empowerment is dit? En voordat iemand my reghelp met “Indiërs word ook beskou as swart”, kan ek net inlig dat ek weet van talle gevalle waar Indiërs en Kleurlinge wat werk soek, se aansoeke afgekeur is met die rede “sorry you are not black enough”. Wat ek ook nie verstaan nie, is dat die Zuma blykbaar OK is daarmee dat die Guptas se regsverteenwoordiger ‘n wit Afrikaanse man is. Hy stam waarskynlik nog van Jan van Riebeeck se mense af en met die regsfooie wat hy vra, akkumuleer hy “wit monopolie kapitaal”. So waarom is dit dan in orde?

Justice ·

Natuurlik sal hy dit ontken – hy het dalk st 5 maar is darem nie heeltemal so onnosel nie.

snoefie ·

tot waar het hy nou werklik skool gegaan? dan is dit st1 dan st 2 dan st 3, nou st5. lyk sover of hy slim genoeg was om st 4 heeltemal geskiet het.

Annette Stander ·

Jy het nie breinselle nodig om slinks te wees nie. Moenie sy skoolkwalifikasies oorskat nie. Hy het nie so ver geleer nie. Hy het darem genoeg slaapkamers vir die vrouens en kinders. Weet net nie hoekom hy so baie badkamers nodig het nie of sal party dien as brandpoele?

snoefie ·

tot waar het hy nou werklik skool gegaan? dan is dit st1 dan st 2 dan st 3, nou st5. lyk sover of hy slim genoeg was om st 4 heeltemal geskiep het.

Gomtor ·

Hy kan gerus daarheen uitwyk sodra die volle vonnis van elke klag waarop onse Jakob nog antwoorde moet gee, uitgedien is.
Daar kan hy en Bob Mugabe lekker oor die draad kuier en lag vir hulle eie mense se hartseer en behoeftes wat hulle so lekker uitgebuit het.

Fires ·

Kan nie glo dat die VAE die muishonde van die wereld daar laat aftree nie

Michael ·

My oupa het altyd gesê as jy kan lieg kan jy steel ook en is dit nie die geval hier nie?

moeks ·

Die president is reg. Hy besit nie ‘n paleis in Dubai nie. Dit behoort eintlik aan al die burgers van SA.

Belaglik ·

En om te dink dit is die VOORSTAANDER van grondonteiening en WELSTANDSBELASTING. Dit is die man wat (veral wittes) wil straf wat ‘n ou huisie en motortjie en plasie besit, terwyl hy biljoene besit. Hoe kan so ‘n ryk man ‘n probleem met ‘white capital monopoly’ he, terwyl hy en sy swart pelle miljoene het en miljoene ‘n maand verdien, kyk maar net na Hlaudi en Molefe .. watter ander mense kry daardie salaris? Hulle wil net die fokus aflei van die SWART ELITE< na die wittes wat hulle gaaie af gewerk het vir 50 jaar om iets te besit. Spaargeld en huise wat oor 20 jaar afbetaal is moet nou afgevat en belas word terwyl MY belastingeld vir hulle LUXURIES sorg, hy het 'n saak met die armes .. hy gun niemand iets behalwe hom en sy handjievol cronies nie, nes MUGABE!

BEE ·

En dan worry hulle oor ‘n WITTE wat’n huis van R1 miljoen besit wat hy afbetaal het oor 20 jaar. Of ‘n plaas of plotjie . TE VREEMD dat swartes geld en eiendom mag besit maar nie wittes nie. Nou se almal ja maar dit was in apartheid andersom, ja dit was, maar ons dog apartheid was VERKEERD en is verslaan? Hoekom werk apartheid nou vir swartes maar dit was verkeerd vir wittes? Verstaan regtig nie die konsep nie .. swartes mag 100% black owned companies he, hulle mag ‘n black economic empowerment policies afdwing, hulle mag ‘n black lawyers association en black business forum he. .. Hoekom praat almal dit WEG? Ek het nog nerens ‘n antwoord hierop gekry nie?????

Annette Stander ·

Ek hoop die Guptas koop vir al die ANC skelms soos Magashule Gigaba Mbete Dhlamini van Welsyn Molefe Ngubane ens ens ook huise sodat hulle almal in Dubai saam met Mugabe gaan verrot en SA van hulle ontslae kan raak. Ook die vent van die Jeugliga en Malema

Ouma ·

Die EFF het mos gesê hulle gaan dit as opleidingsentrum vir studente gebruik.

SARIE VAN HEERDEN ·

Is daar nog iemand in hierdie land wat daai ou giggellende skepsel glo? Kom nou, wees nou oopkop en WEET hy lieg alweer en iemand moet hom nou aanhark en gaan opsluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.