Zuma ontken kabinetskommeling

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het berigte dat hy aan sy kabinet gaan verander, ten sterkste ontken.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die berig wat deur Independent Newspapers gepubliseer is waarin beweer word dat Zuma dié week sy kabinet gaan verander, is van alle waarheid ontbloot.

Die berig het beweer dat Jeff Radebe, minister in die presidensie, Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Rob Davies, minister van handel en nywerheid en dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, uit Zuma se kabinet verwyder gaan word.

“Die berig is kwaadwillig en het duidelik ten doel om onenigheid, onsekerheid en verwarring te saai. Die president se huidige fokus is om ʼn program van aksie te implementeer na aanleiding van sy staatsrede en die fiskale konsolidasie-program wat uit die begrotingsrede spruit,” het Bongani Mahola, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Volgens Mahola het al die departemente en hul ministers opdrag gekry om op die plan van aksie te fokus. “Die poging om die nasionale uitvoerende gesag van die regering te herlei en onsekerheid te veroorsaak, word summier verwerp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dee ·

Waarom word die ander ministers op hul name genoem en Nzimande word getitel? Daar is niks spesiaal aan hom nie.

Van ·

Sirkus duur voort. Aanspreeklikheid sal NOOITaanvaar word nie.Ai “klim uit dir kas en wys jou gesig Pres Zuma.

Gerd Lourens ·

Raak van die hele gespuis ontslae, jouself heel eerste!!!

Patrys ·

Hulle lieg almal so dat hulle hulself glo.
‘n Mens kan hierdie mense nooit ooit glo nie! Hulle woorde is so veranderlik soos die weer. Daar is altyd ‘n agenda agter ‘n agenda agter ‘n agenda!!! Wees gwaarsku. Hierdie top 6 is met duistere dinge besig.

Tiger ·

Hy kan sy HELE kabinet afdank en niks sal in die land verander nie.Die kabinet narre doen in elkgeval niks behalwe om geld in te palm op grootskaal nie.

Rupert Ashford ·

Miskien nie die ander nie, maar die adjunkminister van finansies gaan verseker betaal omdat hy uitgepraat het.

yolandi ·

Hoekom tog elk geval skommelinge wil maak as die regering ons land na ondergang lei…

Stefaans ·

Ek dink Zuma is hierdie keer reg – hy gaan nie ministers aanstel of ontslaan nie – dit is die Zuptas se werk.

lynette ·

Niks sal verander nie . Dit sal net al die pad afdrarnde gaan . Niks in ons guns tel nie . Ek maak maar net staat op God . Want Sy planne en veranderings werk altyd .

Stephanie ·

Hy moet nie die parlement skommel nie, hy moet sommer homself uitskommel, skurk

willi ·

Zuma ontken gereeld iets. Kan hy nou maar ook nie neterken dat hy nie n president se dinges werd is nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.