Zuma ontken onderhoud met Guardian

Skermskoot van die berig in The Guardian

Skermskoot van die berig in The Guardian

President Jacob Zuma het glo nie enige onderhoud toegestaan aan die Britse koerant, The Guardian, in verband met die Oscar Pistorius-verhoor of enige ander saak nie.

“ʼn Verslaggewer van Guardian het die indruk geskep dat hy die afgelope week ʼn eksklusiewe onderhoud met die president gehad het oor die Pistorius-saak,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Maharaj sê die joernalis het berig oor ʼn kwessie wat Sondag gedurende die byeenkoms oor mediavryheid tydens ʼn informele netwerksessie bespreek is.

Die Guardian het berig dat Zuma Oscar Pistorius se verdedigingspan gekap het omdat hulle aangevoer het hy moet die tronk vryspring omdat hy gestremd is en “baie geld het”.

Pistorius se prokureurs het verlede week kenners laat getuig dat Suid-Afrikaanse tronke nie behoorlik na gestremde mense kan omsien nie omdat die storte byvoorbeeld nie handrelings het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.