Zuma ontken regering is korrup

President Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma ontken in hofdokumente wat by die konstitusionele hof ingedien is dat daar korrupsie in die regering is, berig die Sunday Independent.

Zuma het die sakeman Hugh Glenister se nuutste hofaansoek waarin hy wil bewys dat daar korrupsie in die regering is as “geheel en al irrelevant en eenvoudig lasterlik” beskryf.

Glenister het die hofaansoek gebring om die onafhanklikheid van die Valke te verseker.

“[Glenister se voorlegging bevat] talle paragrawe en honderde bladsye wat die huidige regering en talle individue in die regering as korrup beskryf,” sê Zuma in sy hofstukke.

“Dit is nie duidelik wat Glenister as die gepaste reaksie van die ANC-regering en die presidensie beskou rakende die wye reeks algemene beskuldigings van korrupsie nie.”

In reaksie het Glenister gesê: “Afgesien van ontkenning, het [Zuma] verkies om nie die aanvegbare bewerings te hanteer nie”.

Die saak kom nadat die Skerpioene, wat onder die regsbevoegdheid van die Nasionale Vervolgingsgesag geval het, ontbind is en deur die Valke vervang is. Die Valke val onder die regsbevoegdheid van die polisie.

Sedertdien veg Glenister en die Helen Suzman-stigting ‘n hofstryd om te verseker dat die Valke van die polisie geskei word. Hulle beweer die polisie is korrup en dat dit die Valke se onafhanklikheid in gevaar stel.

Regter Siraj Desai het in Desember gelas dat dele van die wetgewing waaronder die Valke val, strydig met die grondwet is en ook ongeldig is aangesien dit nie voldoende onafhanklikheid kan verseker nie.

Hy het ook bevind dat aspekte van Glenister se voorlegging op “onbevestigde opinie” gebaseer is. Die konstitusionele hof is versoek om Desai se bevel te bevestig maar Glenister het dit teengestaan.

Glenister wil hê die konstitusionele hof moet die bevel dat hy Nathi Mthethwa, voormalige minister van polisie, se regskostes moet betaal ter syde stel.

Die saak word op 19 Augustus in die konstitusionele hof aangehoor. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

vuilbaard ·

Nou toe nou – dis nou onverwags!
Dink enigiemand regtig zuma sal erken dat hy, sy cronies en pêlle in die regering korrup is?
Onthou hoe hy gebalk en geblêr het oor sy “dag in die hof” en toe dit naderkom hoe hy al wat ‘n reendans, kat-op-‘n-warm-plaat, riel, rinkals en toi-toi gedoen het sodat dit NIE moet gebeur nie?
Ek dink nie Glenister gaan enige probleem ondervind om letterlik honderde (duisende?) voorbeelde voor te lê van die grootskaalse korrupsie wat ons tans ondervind nie – daar was NOG NOOIT op hierdie skaal gesteel nie!

Theresa ·

Asof hy nou sal sê ja. PLEASE!! Hou maar aan om julle comic boeke lees………….

Canned Phantom ·

Net sodra die hitte te hoog raak ontbind hulle die ondersoekers. Eers die skerpioene, binnekort die Valke. Wonder wat gaan die nuwe span genoem word? Onder wie gaan hulle val, ADT?

Eben ·

En jy zumie … is jy nie korrup? komaan ou dikkes praat met ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.