Zuma ontken vergadering met Phiyega

President Jacob Zuma lewer 'n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma lewer ‘n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Die presidensie het Sondag in ʼn verklaring ontken dat pres. Jacob Zuma en Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, vergader het.

Die City Press het berig dat Zuma met Phiyega vergader het om haar herontplooiing te bespreek.

“Pres. Zuma het nie op enige tyd met genl. Phiyega vergader om die moontlikheid te bespreek om haar uit haar posisie te verwyder en in ʼn ander pos te ontplooi nie,” het Harold Maloka, woordvoerder van die presidensie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jakes ·

NIE, herontplooi en in ander pos aanstel! Jakob en Ria verdien om summier afgedank te word. Plus nog ‘n paar lojaliste ook.

CHRISTA ·

Zuma sal dit nooit doen nie! Hy keer vir sy “wickets”!!

Peet Schabort ·

Gee kans, die presidensie gaan nog ontken dat JZ president was.

J.Z ·

Jy kan geen ANC glo nie, hulle vuil agendas wat hulle gereeld ontken kom nou na vore.die nuutse is die plase en sommer wil ontein,en JZ is heelvoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.