Zuma ‘ontsteld’ oor aanrandingsbewerings teen Manana

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Pres. Jacob Zuma het Maandag sy kommer uitgespreek oor bewerings dat die adjunkminister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, ʼn vrou aangerand het.

Die president het in ʼn verklaring gesê hy neem “met groot kommer kennis” en is “onsteld” oor die bewerings dat Manana ʼn vrou by ʼn nagklub in Johannesburg aangerand het.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het bevestig ʼn saak van aanranding is aanhangig gemaak teen Manana, nadat hy en ʼn vriend glo Sondagoggend twee vroue by Cubana in Fourways aangerand het

“Pres. Zuma het volle vertroue dat wetstoepassingsagentskappe die saak doeltreffend sal hanteer kragtens die land se wette,” aldus die verklaring.

“Die Suid-Afrikaanse regering het geweld teen vroue ʼn prioriteitsmisdaad gemaak. Vroue het ʼn reg tot veiligheid en sekuriteit en moet nie deur enigiemand in die land aangeval of mishandel word nie, ongeag die posisie van die slagoffer of die oortreder. Suid-Afrika moet vir alle vroue veilig wees.”

Zuma maan enigiemand met inligting om met die owerhede saam te werk.

Manana het vroeër Maandag om verskoning gevra vir die vrou wat hy na bewering aangerand het. “Ek vra onvoorwaardelik om verskoning aan me. Mandisa Duma, haar familie, die regering van Suid-Afrika en alle Suid-Afrikaners, veral vroue, vir die voorval.”

Hy het gesê hy is uitgelok, “maar ek moes selfbeheersing toegepas het”. “Die skandelike voorval moes nooit gebeur het nie. Ek weet my optrede en dié van die persone in my geselskap het talle persone in die land teleurgestel en seergemaak. As ʼn leier moes ek van beter geweet het en beter opgetree het. Ek onderwerp myself ten volle aan die wet en sal my volle samewerking gee.”

Die voorval het glo Sondagoggend plaasgevind ná ʼn hewige woordewisseling oor wie pres. Jacob Zuma moet opvolg. Die vrou het glo aangevoer Manana is gay voor die beweerde aanval plaasgevind het. Dit het glo ook buite in die parkeerterrein voortgeduur. Duma het gesê sy het die aanranding by die Douglasdale-polisiestasie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Chris ·

Daar is geen verskil tussen die aanrandings en die KFC aanrandings nie. Laat die selfde reels geld.

Nico ·

Leer sal jy nie leer nie met so n hoe profiel gaan jy nie na sulke plekke toe nie ek sien nerens word daar gese hy is gearresteer nie kom aan min van polisie doen jou werk

Alida ·

Ag siestog en die pateet rep nie n woord oor die naweek se plaasmoorde nie. SIES

Willie E ·

Plaasmoorde plaasmoorde plaasmoorde…julle klink soos ‘n ou langspeelplaat wat vasgehaak het….

Michael ·

Ek gaan weer vra en ek vra die ondersteuning van die lesers hoekom is hierdie man nog nie gearresteer nie?

Wat nou ·

Ek lees daar is nog n saak teen hom vir aanranding, glo n 22 jarige vrou

popeye ·

Ag regtig mnr. Prez; ek sê dit met protes ,want eerbaarheid is te betwyfel. Ons ken die organisasie mos so, Sy oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie. Overgesetseinde, ons sien julle as leë klinkende simbale.Vroue word deur die genoemde uwe as objekte beskou. Dis ‘n grap! Ek verstaan die agbare (onder protes) minister is deur die “geklapte” as gay uitgekryt….wat het julle teen gays… laat sommer buiten die ANC’ NG’s, Hervormers en kaboedel my nou gou mooi vertel wat is reg? Want as jy iets teen Gays het sou jy haar ook geklap het!!! As jy iets teen Gay te sê het meen dit, jy is vir die ongeagte minister se optrede, hoe nou?

Houtoog ·

Kyk na die hoofopskrif: ‘aanradingsbewerings’ moet wees ‘aanrandings . . . ‘.

Dalene de Vente ·

Dagsê Houtoog

Dankie vir jou valkoog. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Johann ·

En so loop NOG n vroue slaner los…soos die vorige ANC Jeugliga tjim wat sy vriendin met n sweep doodgeslaan het? Kimende van n “man” wat vroue aanhou in sy harem en ander swanger maak en en en en….ANC LEGACY: geen respek vir medemens/vroue nie…

Uvonka ·

Want hy is net soos die edelagbare pres bo die wet verhewe!!!!

Anoniem ·

Jy ontstel jou dan nie eers oor die land se misdaad nie, nou hoe nou? Drink maar ‘n Valium en kom oor jouself want niemand val vir jou oppervlakkigheid nie Mnr. Zuma! ;-)

Alida ·

Willie E, wag totdat jy die fotos sien van ‘n plaasmoord veral as dit jou familie is dan kyk ons of jy nog dink die plaat het vasgehak.

jd ·

Shame! Zuma ontsteld!! ??. Die Manana het in parly gedurende ‘n debat oor plaasmoorde dan gese “Bury them alive” en daarmee weg gekom. Niemand het iets daaroor gese nie. Nie eens zuma nie!

dovaz ·

Willie E! Ja ons mag miskien soos ou records vashak oor plaasmoorde. Ons familie is deur a plaasmoord en wat dit is. So moenie spoeg spat in ander se geselsskap nie.

Alida ·

Willie e se kommentaar word verwerp met die minagting wat dit verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.