Zuma ontvang finale verslag oor wapentransaksie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma het Woensdag die finale verslag van die kommissie van ondersoek na die omstrede wapentransaksie, wat Suid-Afrika se politiek al sedert 1999 teister, ontvang.

Die kommissie, onder voorsitterskap van regter Willie Seriti, is in September 2011 deur Zuma op die been gebring om bewerings van bedrog, korrupsie en onreëlmatighede in die omstrede R70 miljard-wapentransaksie te ondersoek.

Die presidensie het Woensdag in ʼn verklaring gesê Zuma het die verslag in Durban van Seriti en regter Thekiso Musi, ʼn lid van die kommissie, ontvang. Volgens die presidensie sal verdere kommunikasie oor die verslag later geskied wanneer dit deurgegaan is.

“Die kommissie het sy openbare verhore en ander prosesse in Junie 2015 afgehandel en daarna begin om die verslag te skryf, wat in Desember 2015 afgehandel is en ʼn dag voor die sperdatum aan die president oorhandig is.”

Zuma het sy dank aan Seriti en die res van die kommissie, asook getuies wat voor die kommissie getuig het, uitgespreek.

Bewerings van massakorrupsie in die 1999-wapentransaksie het gelei tot nog ondersoeke in ander lande, insluitende die Verenigde Koninkryk, Swede, Switserland, Duitsland en Frankryk. Die Suid Afrikaanse regering het onder meer 26 Gripen vegvliegtuie, 24 opleidingsvegvliegtuie vir die lugmag en duikbote vir die vloot aangekoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Boggom ·

En wat gaan hy daaromtrent doen? NIKS!!! Weer sit en giggel soos n naar kat.

Frans ·

Gaan die verslag werklik lig werp op die saak of is dit maar nog net ‘n poging om die ANC in ‘n gunstige lig te stel en korrupsie weg te steek?

Piet ·

Al wat Zuma se ondersoeke doen is om dit op skrif te stel wat hy wil hê hulle moet op skrif sit

Langtand ·

Wolf word skaapwagter! Die waarheid word net daar begrawe! Giggelende, sotlike president, wat kan jy van hom verwag!

Lionel ·

Ek wil net weet hoelank gaan hy daaraan lees? Daar is groot bedrae betrokke. Ons sal soos altyd nie die waarheid uitvind nie, tensy dit publiek gemaak word nie.

Kaspaas ·

Is daar enigsins iemand in die ANC wat in so ‘n mate geletterd is om dit vir hom te kan voorlees en verduidelik ?

Henri ·

Sal seker weer wees “History repeats Itself”. Skandaal vind plaas in 1999, Ondersoek word gelas 2011 (12 jaar later) Verslag beskikbaar 2015 (4 jaar later) aan Z… Wonder hoeveel jaar hy gaan neem om dit te “ondersoek” …. Hy lees en dink mos nie te vinnig nie……. en hy het ook tyd nodig om al daai baie papiere onder ‘n mat weg te steek……….soos altyd in die verlede.

Rymhardt ·

Destyds het die hof bevind dat Shaik n korrupte verhouding met zuma gehad het.Hoe kan die volle waarheid navore tree in n afgewaterde verslag? Korrupte verhoudings met internasionale maatskappye en internasionale regerings se betrokkenheid daarby sal hulle almal tot n val bring, daarom die groot toesmeerdery!

Bach ·

Miljoene Rande vermors op ‘n nuttelose kommissie met Z gesinde regter as voorsitter. Wed jou hy het bevind geen ANC ou het iets gebaat nie terwyl ons weet miljoene is in sakke gesteek. Geregtigheid sal nie wen nie net Z!

Pieter.v ·

As dit so is dat Zuma ook miskien voordeel uit die transaksie getrek het wil hulle he ons moet glo dat hy daar sal opstaan en vir ons sal se hy het ook finansieel gebaat.

CHRISTA ·

Hierdie wapentransaksie was aangegaan toe saint Nelson Mandela nog aan bewind was . . . . . . . . ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.