Zuma oor plaasmoorde gevra

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige geleentheid in die Nasionale Vergadering. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Jacob Zuma is Donderdag oor plaasmoorde uitgevra toe LP’s wou weet wanneer ʼn heeltydse nasionale polisiekommissaris aangestel gaan word.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, wou by Zuma weet wanneer die polisiekommissaris aangestel gaan word. Zuma het gesê hulle is besig met ʼn proses van werwing en dat die proses baie goed vorder. “Ons is besig met interne prosesse wat tot die aanstelling sal lei. Ek beplan om die polisiekommissaris aan te stel sodra die prosesse gefinaliseer is.”

Zuma het hierna begin praat oor die misdaadstatistieke wat onlangs bekend gestel is. Hy het gesê die vlaag van misdaad en geweld moet deur die polisie hokgeslaan word, maar dat dit ʼn gedeelde verantwoordelikheid vir alle Suid-Afrikaners is.

Groenewald het hierna gesê hy wil spesifiek plaasmoorde onder die president se aandag bring. Hy het gesê misdaad raak Zuma nie aangesien hy ʼn string lyfwagte het. “Is jy bewus van die wreedheid waarmee plaasmoorde gepaardgaan?” wou Groenewald weet. Hy het gesê die slagoffers van plaasmoorde word gemartel deur onder meer kookwater op hulle uit te gooi of dit in hul kele af te dwing.

Groenewald het gesê misdaad in die land is buite beheer en hy wou verder by die president weet of die nuwe polisiekommissaris iemand sal wees wat op meriete aangestel gaan word. “Gaan jy ʼn kommissaris aanstel wat ondervinding het, wat bevoeg is en wat deur die range beweeg het? Of gaan dit ʼn politieke aanstelling wees?”

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Zuma het sy antwoord hierop begin deur tegnies te raak oor ʼn verwysing wat Groenewald oor sy lyfwagte gemaak het. Hy het daarna gesê alle vorige polisiekommissarisse was mense wat bevoeg was en dat nie sommer enigiemand as polisiekommissaris aangestel kan word nie. Hy het nie reageer op Groenewald se vrae oor plaasmoorde nie en net gesê die proses vir die aanstelling van ʼn heeltydse polisiekommissaris duur voort.

Mmusi Maimane, leier van die DA, wou by Zuma weet wat geword het van sy beloftes dat spesiale eenhede weer op die been gebring sal word om spesifieke misdade te teiken. Zuma het hierop geantwoord dat hulle werk aan ʼn plan wat binnekort bekend gemaak sal word en dat dit spesiale eenhede insluit.

“Suid-Afrikaners word nie as kriminele gebore nie. Maatskaplike omstandighede veroorsaak baie druk om kriminele te word.” Hy het gesê die regering simpatiseer met die slagoffers van misdaad. Hy het verwys na bendegeweld in die Wes-Kaap en gesê die minister van polisie is daarheen gestuur en dat hy voorgestel het dat die weermag betrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

julle mors julle asmen om met hom te praat hulle sit agter alles

seun ·

Sy dag sal kom………………,hy sal nie die boere wen nie.

Cherokee ·

Hy sal nie die boere wen nie, sê jy? Miskien het iemand in Rhodesië dit ook gesê maar Mugabe is as die wenner aangewys is na die klok gelui het.

Veritas ·

Die Zimbabwe ouens was landbouers nie Boere nie. Hul getalle het ook teen hulle getel en die feit dat meeste van hulle Ingelse was, het ook nie gehelp nie. Hier lyk dinge so effe anders. Behalwe vir die feit dat ons Boere beter voorbereid is, en ‘n groot deel van die Afrikaanssprekendes die boere ondersteun, gaan ons boere nie plek hê om heen te vlug nie. Meeste sal bly en baklei vir sy eiendom en dít is iets wat die huidige regering maar lugtig voor is.

John ·

?.. die hele vraag-antwoordsessie van vandag kom daarop neer dat die president hard besig is om aan planne te werk… Dit was ‘n insiggewende en vrugbare sitting…. Neem kennis mense…

Leila ·

@Cherokee (hierbo): Ja, die (Engelse) Zim boere het òf padgegee uit Zimbabwië uit en is grens-oor Suid-Afrika toe, óf hulle is op hul plase uitgemoor. Nou vrek die Zimbabwiërs van die honger en tros hulle in massas oor die grens na SA – en bly sommer hier (onwettig). En intussen, soebat Robbie hulle om terug te gaan na wat eens-op-‘n-tyd hul produktiewe plase was, sodat daar weer kos kan wees vir die mense. Kyk, en leer SA!!!

Gerhard ·

Zuma het bemeester hoe om met soveel woorde moontlik geen antwoord te gee

Theresa ·

Ja – dis eintlik ‘n marteling om na hom te luister – altyd soekend na ‘nog meer onsinnige woorde om onsinnigheid te verbloem..
Maar, soos kwik.

F ·

Dit is mos die definisie van ‘n politikus. Iemand wat ‘n uur kan praat sonder om ‘n woord te se. Geen politikus kan ‘n vraag beantwoord met net “Ja” of “Nee”

Marius ·

Les 1. Jy vra nie n politikus 5 vrae gelyk nie want hy gaan dit omseil of nie antwoord nie.

Jaques ·

En vir hoe lank vra Zille al dat die weermag moet kom help in die Wes Kaap met die bende geweld?
Nou eweskielik is dit sy en Mbalula se plan om die wermag te betrek met die bende geweld in die WK.
Belaglik lagwekkend, maar eitnlik rede to baie groot kommer.

Penellope Jones ·

Ek glo nie een enkele woord, frase, sin, paragraaf, niks wat Zuma uiter nie, niks.
Te veel keer is ons bedrieg, word ons nog steeds bedrieg, het hy gejok, ens. ens. ens.
Ek glo ook niks wat die ANC uiter nie, niks.
Hulle reflekteer net onwaarhede en vaaghede, ontkennings en ontduikings.

Sonja ·

Beloftes beloftes.

Hy werk seka nou 400 en 306 duisend en 2 en 70 dae aan di plan!!!!

Glenn Oosthuizen ·

Sluit aan by die Boerelegioen. Ons is daar vir jou en jou geliefdes. Saam kan ons baie bereik.

Hannelie ·

Ai hy is so ongewild, het hy dit nou nog nie agterkom nie. Eish!

Hans ·

Duidelik het hy God nodig…………………………………….

Penellope Jones ·

Hy sal dit heelmoontlik bevraagteken en nie regtig weet waarvan gepraat word nie.
Eie-mag en gierigheid kom eerste.

Piet ·

Hans n doringboom kan nie vrugte dra nie. Om dan daarvoor te bid is mos n mors van tyd.

Emily ·

Hy sal begin iets doen as hy, sy familie of trawante iets oorkom.
Een is meer korupt as die ander. Vuilgoed.

dolphine ·

president moet groot word en kyk waar die plaasmoorde wil nie stop nie omdat ekonomie het erger geword deur die president .mense soek werk moet net respekteer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.