Zuma oorleef glo nog ʼn wantroue-mosie

Pres. Jacob Zuma tydens die Vryheidsdagvieringe op 27 April 2017 in KwaZulu-Natal (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het vermoedelik Sondagaand by ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) ʼn tweede poging oorleef om hom uit sy pos te kry.

IOL berig daar is glo as ʼn kompromis tussen bitterlik verdeelde groepe ooreengekom dat die kwessie oor Zuma se voortgesette leierskap na ʼn komitee van tien lede verwys sal word. Die poging om Zuma uit sy amp te verwyder is glo weens prosedure-redes uitgestel.

ʼn Bron het aan Independent Media gesê daar kon nog nie besluit word hoe die komitee gekies sal word nie. “Daar was ook nog geen finale besluite oor die samestelling [van die komitee] nie.”

Die ANC het nog geen amptelike terugvoer gegee oor die mosie van wantroue teen Zuma of die uitkoms daarvan nie.

Die mosie van wantroue teen Zuma, wat Woensdag die presidensie se begroting in die parlement moet voorlê, is glo Saterdag deur die ANC se beleidskenner, Joel Netshitenzhe, voorgelê. Die mosie is na bewering ondersteun deur Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sy adjunk Joe Phaahla, Derek Hanekom, voormalige minister van toerisme, en NUK-lid, Sue van der Merwe.

Hanekom het in Desember tydens ʼn vergadering van die ANC se NUK ʼn mosie van wantroue teen Zuma ingestel, maar dit is verwerp. Zuma het later na sy teenstanders gekap en hulle daarvan beskuldig dat hulle ʼn buitelandse agenda om hom uit sy amp te verwyder, bevorder.

Protas Madlala, politieke ontleder, het gesê die moontlike verwydering van Zuma sal verreikende gevolge inhou aangesien dit tot ʼn massa-uittog van sy volgelinge in die parlement sal lei. “Wat vir my verbasend is, is dat die president gevra word om uit te tree terwyl Thabo Mbeki in geen onsekere terme aangesê is om dit te doen,” het Madlala gesê.

Hy het gesê die ANC moet dieselfde sterk standpunt teen Zuma inneem.

Sondag se NUK-vergadering het plaasgevind te midde van verdoemende koerantberigte teen Zuma se omstrede vriende, die Gupta-familie. Die berigte het die familie se invloed op die staat deur Zuma en sy seun, Duduzane, onthul.

Intussen sal Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat hy redes moet verskaf vir sy onlangse kabinetskommeling vandag aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

George ·

‘N mens sal nooit iets waaruit jy geldlike voordeel kry uitstem nie.

al ·

Dis mos wat ek ook sê. Hy het meer invloedryke ANC in sy sak dis waarom die land nie ontslae kan raak van hom nie.
Verder dreig hy on met die hele sak patats vorendag te kom as dit weer gebeur – hy kan blykbaar onnoembare skade aan die anc rig. Hy weet ook blykbaar wie wou hom vergiftig in 2014

sewes ·

Hy is soos ‘n kat met sewe lewens, as jy my vra is almal kop in een mus, wonder wie hou hulle aan die lyntjie

Jane ·

Hys ‘n tweede MUGABE< julle gaan hom nerens heen skuif nie, hy sal die land in sy maai in run en dan sal hy nogsteeds supporters he, en dan sal hy nogsteeds REGVERDIG wat hy doen … Julle mors julle geld en tyd om teen hom op te staan en mosies en dinge in te stel teen hom …Hy gaan alles oorleef, hy het dalk Standerd 3 maar hy het SEKER gemaak voor die tyd hy omring hom met ondersteuners in belangrike posisies in die staat, hy is UNTOUCHABLE … aanvaar dit nou!

Hannelie ·

Hy “dink” hy is untouchable. Maar as ek hy is, druk ek my kop in ‘n molsgat en haal dit nooit weer daar uit nie, want hulle sukkel nou al hoe lank dat sy kop moet waai. Hy is wragtie ‘n kat met nege lewens. As president behoort hy hom te skaam wat hy aan sy land en sy mense doen. Eish!

m ·

Hy gaan nerens tot na 2019 nie…. Die ou het n baie dik vel en worry nie wat mense van hom dink nie.

jan van riebeeck ·

niemand is “untouchable” nie vra maar vir Kennedy en Verwoerd …o ja jy kan nie

Ada ·

Sy kaders is net so skelm en korrup soos hy en dit is waarom hulle hom nie uitstem nie. Hulle is almal skelm en integriteitloos en alles wat sleg is. Hulle is bang hulle sondes en korrupsie word ook ontbloot en dus hou hulle van die status quo. Dit sal nooit verander nie. Net ‘n groot gebeurtenis sal dit kan verander.

Artikel 180 van Wet 30-06 ·

Ada, hoekom reël ons dan nie ‘n groot gebeurtenis nie?

handelinge ·

Doen vir hom handelinge en red so sy siel, hy staan op sy knieë en smeek daarvoor

pieter ·

LYK MY ONS PREDIKANTE BID VERKEERD. WIL OOK GRAAG SY VOORBIDDERS VRA VIR HULP OM VAN HOM ONTSLAE TE RAAK.

Eish ·

Ek het julle gese Shaka en Dingaan gaan hom help. Lig loop nou vir die twee geeste, hul is ontstoke. Die man ken van sy knopkieries en hoe om hul te gebruik. Om nie te praat van die assegaai nie! As hy ingespan word duik die rand na rommel. Al die professore en politieke ontleders en kenners lekker geflous. Dis Afrika mense, ander reels geld hier.

snoefie ·

dis nie wie jy ken nie. dis wat jy Weet wat jou maak.

ek dink baie is bang want as hy praat gaan die NP skitterend wit (van onskuld) vertoon.

Scalla ·

Hulle sal nie van hom ontslae raak nie, hy het die regte kaders geplaas in die regte posisies .

Johan. H. ·

My hoop vir n beter land en beter toekoms kwyn by die dag,,,,

Santie ·

Nee wat, hy word in 2019 uit die kussings gelig….dis nou as hy dit aanvaar en daar nie oorlog kom nie.

al ·

Gelukkig het alles ñ einde. Dink net as ons met ñ Mugabe gesit het vanaf die 80’s. Dit kon erger wees….

Francie ·

Alweer uitstelpolitiek, gekombineer met die bangmaakstorie dat daar chaos gaan wees indien nou al van Zuma ontslae geraak word…. is die toestand van die land nie op die oomblik chaoties genoeg nie?

GES ·

Dit klink soms of hy sy ondersteuners afdreig elke keer as hy die opmerking maak: “As ek begin praat …”. Hy moet gewis iets weet wat hulle baie seer kan maak en gevolglik bly hulle blindelings lojaal. Die wiel draai maar baie stadig …

Johanna Botha ·

Net weereens n bewys hoe vrot die anc is ..dat hy kan aanhou oorleef tenspyte van 783 beskuldigings en nog BAIE ander bewyse van korrupsie …man hy werf stemme vir die oposisie al te goed.

Anoniem ·

Hoe de dinges???? Ek dink sy maatjies wat vir hom stem, moet almal deeglik ondersoek word. Hulle is so bang hul eie korrupsie kom op die lappe. Ek dink dat mens net eenvoudig belasting moet terughou en ophou om optogte te hou, petisies te teken, want dit help die mens op straat net mooi niks. Reël die keer iets anders.

Maggie ·

Snaaks dat al die vergaderings laat aande oor naweke plaasvind.
die vergaderings word ook by ‘n gesogte Hotel( konfrensie saal) gehou.
Wie betaal vir dit? Wat eet en drink hulle terwyl hulle kamstig oor so ‘n gewigtige saak besin?

Kollie ·

Ek lees nou die dag Mugabe sien kans vir nog ‘n termyn. LOL

Alida ·

Hy hoort in die tronk en as die blik wurms oopgemaak word beland al sy kabinetslede saam het hom in die tronk. Hoera !!!! As hulle al die geld wat al gesteel is of landuit gesmokkel is gevat het was daar nie ‘n enkele plakkerskamp in SA nie en NIEMAND het nodig gehad om in karton of sinkhuisies te probeer warm bly nie. Mens se hart bloei vir die oumense en kindertjies. Honger en koue ken nie kleur nie. Dit is ‘n ver……mde skande.

Alida ·

Hy en sy hele kabinet hoort in die tronk. As hulle al die miljarde wat hulle gesteel het of landuit gesmokkel het gebruik het vir behuising was daar nie vandag nie ‘n enkele plakkershut in SA nie. Die arme mense sit in karton/sink huisies en kry koud en is boonop honger ook. Honger en koue ken nie kleur nie. My hart bloei vir die ou mense en klein kindertjies. Hier uitgevrete ANC ministers behoort hulle te skaam. Hoekom in ‘n hotel vergader? Seer sekerlik het die Uniegebou genoeg raadsale vir die doel. Maar nee moet miljoene spandeer vir verblyf ens. In elk geval sou ‘n koppie tee met ‘n toebroodjie voldoende gewees in die Uniegebou. Hulle spandeer net geld wat daar nie is nie. Waar is groot Mnr Minister van Finansies. Hy moet mos die uitgawes goedkeur. Eet seker te lekker saam.

Johann Marx ·

Hy moet nog eers bietjie bymekaar maak….weet julle hoe duur is dit om in Dubai te bly?

Rynhardt ·

Johann, onthou SA het baie goud en diamante wat dinge kan vergemaklik.

Rynhardt ·

Niemand sal Zuma uitstem nie , want dan is daai persoon of persone permanent gemerk! Onthou Zuma en kie. beplan om nog te ontstap na die Dubai-paradys, veral wanneer dinge baie erg raak in SA.

Johan. H. ·

laat hulle almal dubay toe gaan . Hulle sal baie gouer terug gejaag word as daaie lot sien met watse gemors hulle opgesaal sit.. Lag my n papie,,,,

marous ·

Een swaeltjie maak nie somer nie … ook nie die stert wat die lyf swaai nie. Dieselfde gebeur oor en oor in donker afrika. Kry iemand in beheer wat ooglopend geen idee het van beheersde besluite nie , en plunder alles vir solank as wat jy hom in die posisie kan hou. Waneer die revolusie kom blameer jy een gesig.

Neels ·

Dankie vir ANC. Ek praat met julle ondersteuners op grondvlak. Hou Zuma daar. Ons is bly. ANC verloor sy mag vinnig op die staduim. Dink Zuma werf nou meer stemme vir DA as enige iemand anders in die land.

Jane ·

Neels ek is seker die enigste een wat met jou saamstem. HOU ZUMA DAAR , dan verswak die ANC so dat hy in 2019 uitgestem word, verander hulle nou van President en die man is gewild stem baie van die mense wat tans DA stem weer vir die ANC en almal draai weer terug ANC toe, dan word dit weer so sterk en magtig soos aan die begin. Zuma is die REGTE ou om die ANC te laat sink .. HOU HOM DAAR!!

AP ·

Almal skelm , hy sal hulle ook verklap .. al rede hoekom hy nog gespaar bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.