Zuma oorleef mosie

LP's wat op 5 April 2016 teen die mosie gestem het om pres. Jacob Zuma in 'n staat van beskuldiging te plaas (Foto: Demokratiese Alliansie, Twitter)

LP’s wat op 5 April 2016 teen die mosie gestem het om pres. Jacob Zuma in ‘n staat van beskuldiging te plaas (Foto: Demokratiese Alliansie, Twitter)

Die ANC het Dinsdag in die nasionale vergadering ʼn mosie deur die opposisie, dat pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging geplaas moet word, uitgestem.

Die mosie, wat deur die Demokratiese Alliansie gebring is en vurig deur die Ekonomiese Vryheidsvegters en meeste kleiner opposisiepartye ondersteun is, het 143 stemme ten gunste daarvan en 233 stemme daarteen ontvang.

“Julle het teen die mense van Suid-Afrika gestem, julle is almal verraaiers,” het Julius Malema, leier van die EFF, gesê terwyl hy sy party uit die nasionale vergadering ná die stemmery gelei het.

Malema het vroeër adjunkpresident Cyril Ramaphosa en minister van finansies Pravin Gordhan versoek om die mosie te ondersteun om Zuma uit sy amp te verwyder. Die mosie kom ná verlede week se uitspraak deur die konstitusionele hof dat die president die Grondwet oortree het toe hy versuim het om ag te slaan op die openbare beskermer se bevindings oor sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.

“Ons wil sien of mnr. Ramaphosa, minister Pravin, minister Jonas, die liefling van anti-korrupsie, vir hierdie korrupsie en teen die grondwet gaan stem,” het Malema gesê. Hy het Ramaphosa daaraan herinner dat hy beskou word as een van die vaders van die Grondwet.

John Jeffery, adjunkminister van justisie, het tydens sy spreekbeurt aan LP’s gesê die konstitusionele hof het Zuma nie skuldig bevind aan ʼn growwe oortreding van die grondwet nie. Volgens hom het die president nooit “te kwader trou” opgetree nie, aangesien dit, tot en met die uitspraak, nie duidelik was of die openbare beskermer se opdragte bindend was nie.

ANC-LP Mmamoloko Kubayi het die debat afgesluit en voorgestel dat die mosie om Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas, direk van stapel gestuur is ná die uitspraak en dat dit ʼn “misplaaste imperialistiese komplot” is. Volgens haar het Zuma homself “voor die nasie verneder en om verskoning gevra”.

Kubayi het haar ook sterk uitgespreek teen die New York Times en wou weet hoe “durf dié publikasie hom uitlaat oor die Suid-Afrikaanse regering”.

Die ANC se nasionale werkkomitee het Maandag ook, op die vooraand van die debat, gesê Zuma het homself verneder en om verskoning gevra. Zuma het Vrydagaand in ʼn regstreekse uitsending gesê hy sal die konstitusionele hof se uitspraak respekteer.

Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, het Dinsdag tydens ʼn onderhoud met Soweto TV hom by ANC-staatmakers Mathews Phosa en Ahmed Kathrada aangesluit en versoek dat Zuma moet bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Waarnemer ·

Hoe kan enige nugter mens dink ‘n liberale westerse demokrasie kan in Afrika werk? Jy gaan jou gedurig in die tirannie van die meerderheid vasloop.

Hendrik ·

Hierdie is ‘n demonstrasie van die ANC se waardes. Oeps! . . . misgevat De Klerk, misgevat Pik Botha!

André ·

Hendrik. Ek weet nie of FW en PW so misgevat het as wat dit die hele plan was nie. Gaan lees die boek “The incredible Mr Fischer” wat in 1966 gepubliseer is. Gerhard Ludi was die skrywer sowel die agent wat destyds vir die Regering ‘n ondergrondse agent was. Hy moes die kommuniste insuipel waarvan Fischer aan hoof van was. FW & PW is net sulke kommuniste soos Fischer. Dis hoekom hulle hierdie land weg gegee het. Hierdie boek wat oral weggesteek word in die media sal jou oë laat oopgaan.

Frans C ·

De Klerk en Botha is nie kommuniste nie maar wel humaniste,wat glo in die innerlike goedheid van die mens. As jy dit glo gaan jy jou vingers lelik verbrand en dit is wat met die onderhandelaars by Kodesa gebeur het.Hulle het nl onderhandel met mense vir wie God en sy gebod nie bestaan het nie en Jesus soos hulle net ‘n vryheidsvegter was.

Daarom sê hulle ‘The ANC wil rule till Jesus comes back’ aldus uitsprake van Zuma en ander.

rudi ·

Daar is net een hoop vir die land en dit is dat die DA as een groot opposisie teen die ANC se mag gebreek moet word. Van 1994 was dit ‘n stryd tussen wit en swart wat to nou toe gedryf word. Meeste ANC ondersteuners haat wat gebeur maar weier dat ‘n wit party moet wen. As die DA steun verloor sal die swart stemme weer terug keer na Cope, Inkata en aldie ander swart partye. Dis hoekom Zuma hul bly bang maak met die dreigement dat die wittes weer gaan oorneem as hul vir die DA stem. Beste sal wees as klom klein parteie die ANC breek

Loeis ·

Jy maak goeie punte, Rudi, maar ek wil met jou oor ‘n paar goed verskil.
In die vorige verkiesing het die ANC maar ‘n paar persent MINDER van die totale hoeveelheid stemme getrek, maar die EFF het met ongeveer 7% gegroei. Die EFF het daardie verskil waarskynlik grootliks van COPE afgevat.
As die ANC baie steun sou verloor, gaan die DA ook baie steun verloor, want baie mense stem DA nie omdat hulle die party se beleid (wat maar baie pro-swart geword het) steun nie, maar omdat hulle vir die grootste opposisie wil stem.
Sou bg scenario hom afspeel (en dit gaan nog lank neem) voorsien ek dat VF+ en die ACDP nogal heelwat steun by die DA gaan afvat. VF+ het reeds ‘n goeie kans om in die volgende minusipale verkiesing so paar setels in stede soos Pretoria ryker te word.
Wat swart partye aanbetref was die vorige nasionale verkiesing ‘n tragedie: COPE het twee baie bevoegde swart raadslede in Pretoria, maar nou lyk dit of die EFF daardie setels gaan vat. Dit sal help as kiessers van alle rasse begin om vir mense te stem wie vir hulle belange staan. Dit is (nog) nie die tendens nie.

Marius ·

One man One vote Once. Hoe oud is Mugabe. Zuma gaam nog lank regeer want die sous trein gaan hom nie laat afklim

dirk ·

dus is die mense op die lys die klomp korruptes in zuma se sak~!!!! ondersoek hulle!

wynand ·

Moet nie eers de klerk se naam voor my noem nie. Verder kan ons nou sien wie almal op die soustrein ry en vere vir die land voel. Verbeel ek my of het ek die vanGordhan gesien.

MissDemeanor ·

Jy is reg ja, jy verbeel jou nie. Die meerderheid indersteun korrupsie. Hy is hier om te bly. Maak reg vir nog ‘n derde en vierde en vyfde termyn met die flippen skurk aan die stuur.

Dawie ·

Kyk weer na die voorletters. P Ghordan is die laaste persoon wat vir ‘n Zupta sal opstaan. Pravin sal sy naamgenoot bietjie moet roer.

John ·

Al wat vandag in parlament bewys was is dat hierdie land een helse grap is. Als gaan net nog erger word, ons gaan net nog meer gesous word vir ons geld om op te maak vir die verskoning van ‘n regering en die res wat lekker op hul agterstewe sit en bakhand staan vir “handouts”. Al hoe hierdie land sal regkom is as die res van die wêreld ernstige stappe teen die ANC neem en ons almal weet dat dit sal nooit gebeur nie.

Tiger ·

En zumpie lag al sy kritiseerders openlik uit . . . . .een helse grap, die’ regering!

HEVW ·

Wag vir wigte en teenwigte? de klerk, botha, meyer, ens. meen Afri Forum en Solidariteit moet daarvoor instaan om die gemors- gevolge van oorgawe reg te stel.

danie ·

Kyk dis nie lekker om te sien wat besig is om te gebeur nie, maar om meer stemme te he en dit nie te gebruik nie sal onnosel wees, meskien moet die ander partye maar bietjie harder werk om stemme te werf, kry meer setels . Instede om heeltyd te kef oor ander se doen en late maak voorstelle vir n beter toekoms , maak dit oortuigend .

Oom Piet ·

Al die geraas wat in die Parlement gemaak is, glo ek dat die Adjunk Speaker hom goed gekwyt het van seker een van die moelikste take van die dag!
Die Adjunk Speaker verdien al die lof vir ‘n taak welgedaan.
Doen so voort Mr Speaker.

fransie ·

Dinge gebeur ook ni meer vandag soos dit moet ni!!
zoem zoem hier kom die by,
Zoem zoem daar gaan hy!!
maar nee die zoem zoem sal die sous trein bly ry.

vielies ·

En wie moet ons bedank vir die chaos in ons land. fw de klerk en sy kodesa. Kommunistise oorgawe deur een swakke afrikaner……

Vicus ·

Jeffreys is by Justisie en nie by Finansies nie! Jonas is by Finansies.

Sune van Heerden ·

Dagsê Vicus

Ons vra om verskoning vir die nalatige fout. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

neelsie ·

‘Zuma jy is geweeg en te lig bevind.
Al dink jy nie so nie , daar is Iemand groter as jy in beheer!’

M A ·

Onthou net dat wat ons korrupsie noem vir ander kulture normaal is. Hulle sien nie fout daarmee nie want dis hoe hulle al duisende jare oorleef. Dit is nou net vir ons erg omdat ons nou daaronder ly. Ek weet nie wat die antwoord is nie maar dit sal seker help om te probeer verstaan hoekom ander kulture doen wat hulle doen.

Mielie ·

Ek dink die mense moet n front van eenheid voor hou, dit dink hulle sal hul kiesers positief hou, persoonlik dink ek die oposisie partye gaan baie meer stemme kry. JM was baie beskaaf en pasievol met Sy debate, hy wil he die kiesers moet Sy party Ernstig op neem. Aan die DA julle dae is getell as amptenare oposisie. Maar die Anc is reg, hulle gaan vir altyd regeer.

m ·

Zuma se maatjies sal nooit teen hom stem nie want hulle is deel van die korrupsie. waai hy word die hele parlement geskuif en dan is hulle nie meer hulle plek verseker nie want die nuwe nar gaan sy familie en vriende dan indruk….. Sien uit na die verkiesing… Gaan baaaaie interessant wees.

broos ·

en julle wonder nog hoekom hy so ‘n helse groot parlement het? hy het geweet hy gaan in stemme moet wen en het solank voorsorg getref….slimmer as wat ons dink….maar eendag is eendag dan vang slim sy baas!!

Tony ·

Die beste ding wat kon gebeur is MR Malemma. Ek ondersteun hom glad nie, maar as daar n lid is waarvoor die parlement bang is is dit hy. Die EFF gaan baie anc stemme verdeel met die DA wat ook baie meer stemme gaan bykry. Die plaaslike verkiesing hoop ek gaan vir die anc n eye opener wees

Donsie ·

Let op die spotters in parlement se einde. Ek vertrou my oë sal dit spoedig aanskou. Die Vader het die laaste sê.

Wat-ek-lees ·

SA se toekoms is in die hande van die massas. Tans het ons ‘n regering wat ons verdien.

Andre ·

Geen gevoel van skaamte oor die blatante tirannie en korrupsie. Geen integriteit nie. Hordes mense leef in haglike onstandighede – swart, bruin, Indiër en wit. Kospakkies word saam met beloftes aan swart armes uitgedeel in ruil vir ‘n stem. Beloftes wat die afgelope 23 jaar nie gerealiseer het nie en ook nie sál nie. Daar word nie na arm blankes omgesien nie. Kyk hoe help blankes hul swart landgenote wat ook swaar kry. Kospakkies en ander hulp word gegee. Doen die regering dit? Indien wel, sal ek die bewyse wil sien. Hulle is soos klitsgras in ‘n watte bol. Hulle hou die massas honger en ongeletterd om die hef in die hande te hê. Hul idee v werkskepping is om blankes uit hul poste te ontslaan en mense uit eie geledere aan te stel….kwalifikasies en ondervinding is nie nodig nie. Net solank jy ‘n verlangse familie lid of vrien van ‘n vriend van ‘n vriend van een van die korruptes is. Dit wil voorkom ommige mense se DNA is so geprogrammeer. Hulle kán nie eerlik wees nie

S Smit ·

Ysland se eerste minister se bedanking is n voorbeeld van hoe opgetree word in n eerste wêreld land.

Donovan ·

Ek reken ons almal is so verstreerd met die klomp… Mense spandeer miljoene om Rhino’s te red maar niemand is geworried oor ons land se ekonomie nie…

Pieter ·

Ek dink hierdie lys van name moet op groot plakkate aangebring word en by elke betoging/massa aksie ens wat gaan volg vertoon word as die lys van mense wat nie die grondwet eerste stel nie maar hul eie sakke – eintlik is hulle verraaiers?.

E ·

Jul maaitjies al opgelet, met die laaste paar fotos begin onse gesiggie so baie trek na onse buurman.Appel val nie ver nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.