Zuma oorweeg Madonsela se staatskaping-verslag

zuma-en-staatskaping-2

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma wou Maandag nie parlementêre vrae beantwoord wat verband hou met die Gupta-familie of hul beweerde aanbiedinge van kabinetposisies vir politici nie, aangesien hy oorweeg om Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se sogenaamde staatskaping-verslag in die hof te daag.

In ʼn geskrewe reaksie op vrae van die opposisie, het Zuma Maandag dieselfde antwoord op 11 vrae gegee, en gesê Madonsela het geen beslissende bevindings gemaak nie, maar hy oorweeg ʼn hersieningsaansoek en daarom kan hy nie kommentaar lewer op sake wat met haar verslag verband hou nie.

“Die vrae wat gevra is, vorm deel van die verslag oor bewerings van onbehoorlike en onetiese gedrag deur die president en ander staatsamptenare oor sake wat met die verwydering en aanstelling van ministers en uitvoerende direkteure van staatsbeheerde ondernemings verband hou,” het hy geskryf in die repliek wat sy kantoor gepubliseer het.

“Dit is duidelik uit die regstellende stappe wat gedoen moet word, dat die verslag nie afgehandel is nie. Ná die verslag vrygestel is, het ek intussen aangedui dat ek die inhoud daarvan oorweeg, om te bepaal of dit deel moet vorm van ʼn hofsaak. Ek kan dus nie hierdie vrae antwoord nie, aangesien dit deel vorm van die betrokke verslag.”

Madonsela het in die 355 bladsy lange verslag bevind dat Zuma op verskeie geleenthede moontlik die wet oortree het deur te versuim om te reageer op aanduidings dat daar onbehoorlike optrede was wat betref die Gupta-familie en staatsbeheerde instansies.

Sy het beveel dat hy ʼn kommissie van ondersoek binne 30 dae moet aanstel om bewerings van korrupsie in hierdie verband te ondersoek.

Die parlementêre vrae sluit in of hy by die Guptas se huis was toe hy kabinetaanstellings wou bepaal; of sy vrou Bongi Ngema-Zuma hulp van die familie ontvang het om ʼn huis in Waterkloof te koop; en of hy die voormalige kabinetwoordvoerder Themba Maseko aangesê het om seker te maak dat die familie se New Age-koerant meer staatsadvertensies ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

boetman ·

Die “oorweeg” kan ‘n uitgerekte storie word.
“Watter storie kan ek volgende spin? My opsies raak min. “

Ko( rupsie) ·

Ongelooflijk.!!!!!
Als hij hier mee weg kan komen dan zijn rechters niet onafhankelijk.
De oppositie maakt geen deel uit van de regering en Zuid Afrika wordt een bananenrepubliek net als Zimbabwe.

Phillie ·

Met plesier gaan hof toe maar asseblief betaal self daarvoor nie ek nie

Keelvol ·

Dit gaan lank vat vir hom om die verslag deur te lees. Om dit dan te oorweeg, moet hy dit bestudeer. Met sy fantastiese leesvermoë gaan dit sekerlik nie die jaar gebeur nie.
Nou wil hy weer hof toe!!!! Dis reg, gaan hof toe, maar met jou gesteelde geld, bie met ons belastingbetalers se swaarverdiende belasting nie. Vra die Guptas om van daai R6 Biljoen wat jy vir hulle gevat het, vir jou terug te gee om te help betaal

popeye ·

Lees maar met jou vinger….gaan lank vat! Ek sien die tong uithang in die mondhoek.

Johann ·

Kon sê die wiele kom af maar dan was daar nog nooit sprake van n wiel wat wel vas was nie! Dat een moet wat só los is, soveel ander wiele laat hasepad kies!

Piet ·

Mense niemand moet meer belasting betaal nie dan gaa julle sien ou zuma se en kie se fontein gaan opdroog bokiot hulle so

Pieter ·

Daai is n goeie en slim vrou . ek hoop sy kry haar werk terug , maak haar sommer prisedent

Jan ·

Dis die magteloosheid om iets sinvol te doen om hierdie karakter in sy spore te stop wat my heeltemal onderkry. Elke stap wat daarop gemik is om die karakter tot verantwoording te roep wod geblokkeer terwyl daar geen meriete in enige van sy opposisie is nie. En dit kos ons miljoene.

Hasie ·

Zuma moet hard en sterk vas gevat word, want hy glip maklik uit.

Jan maak n Plan ·

Die lank en kort hieraan is dat Zuma absoluut net mooi niks gaan oorkom nie. Daar word nie om dowe neute ontrek van die hof in Denhaag nie.

Johannes Meintjes ·

Ons moet maar almal leer om geleenthede aan te gryp. Hofsake kan baie handig wees om baie dinge op die tafels uit te pak vir nadere of verdere ondersoek.

callie ·

Saak in hersiening neem, onmiddellik is hy onskuldig. Self verslag lees, glo nie, hy sal aan slaap raak of dit sal hom n leeftyd neem. Stem, maak seker hy dra koste van hofsaak teen verslag. Stem ook dat regskenners moet help dat ons n hofsaak het waarin ons vra dat ons weier om belasting te betaal as daar enige bewyse van korrupsie, swak regering en onbeholpe polisieering is. Kan nie langer toelaat dat ons belastingbetalers geld in bodemlose putte verdwyn terwyl sekeres nuwe huise kry en Mercs en BMW’s ry nie

Uys ·

Alles goed en wel
Wie gee vir hom die slim antwoorde want ń ongeletterde man kan dit nie self uitdink nie.
Wie betaal sy regskostes

Johandup ·

En die einde is in sig vir hom en sy trawante…,
Hy weet dit.
Probeer desperaat om die doodskoot uit te stel.
Ek is van mening dat daar desperaat pensioenplanne beraam word dat hy kan gaan sonder vervolging.
Maar ek reken ook dat hy die ANC ‘n doodskoot gaan toedien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.