Zuma oorweeg om Jiba, Mrwebi te skors

Adv. Nomgcobo Jiba. Foto: GovernmentZA/Flickr

Adv. Nomgcobo Jiba. Foto: GovernmentZA/Flickr

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag kennis gegee dat hy beplan om Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi, twee hooggeplaaste amptenare van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), te skors hangende ʼn ondersoek na hul bevoegdheid om hul amp te beklee.

Zuma se aankondiging kom ná ʼn uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria in September vanjaar rakende ʼn aansoek deur die algemene balieraad van Suid-Afrika teen Jiba, Mrwebi en adv. Sibongile Mzinyathi. Die hof het beveel dat Jiba en Mrwebi se name van die rol van advokate geskrap word. Die balie se saak teen Mzinyathi is van die hand gewys.

Die balieraad se aansoek het verband gehou met Jiba en Mrwebi se betrokkenheid by die besluit om die korrupsie-aanklagte teen die geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, te laat vaar. Jiba en Mrwebi het ook goedkeuring gegee dat Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, op ʼn aanklag van rampokkery vervolg word.

Die hof het bevind Jiba het “ʼn verskuilde motief” gehad in die Mdluli-saak en dus die wet en die Grondwet oortree. Die hof het gesê Jiba en Mrwebi is nie meer geskikte en gepaste persone om op die rol van advokate te wees nie.

Jiba is die adjunk-direkteur van openbare vervolging, terwyl Mrwebi aan die hoof staan van die eenheid vir gespesialiseerde handelsmisdaad.

Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die president, het Dinsdag gesê Zuma het die twee advokate versoek om redes aan hom te verskaf waarom hulle nie geskors moet word hangende die uitkoms van die ondersoek na hul bevoegdheid nie. Ngqulunga het gesê sodra die president terugvoer van Jiba en Mrwebi ontvang het, sal hy besluit of hy hulle sal skors of nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gerd Lourens ·

Asb Will i am. Die “man” is nie slim nie! Hy is slinks en deurtrap skelm.

Marietjie ·

En so duik zuma se impies een vir een in die hek, en nou het hy 50 wagte aangestel om hom te
beskerm met belasting betalers se geld, sjoe maar die man se broek bewe nou.

Deurmekaar ·

Het die 2 adv dan nie oorspronklik opdragte van hom uitgevoer nie? Nou wil hy hulle skors?

Cherokee ·

Tot hier lyk dit asof nie een van julle dit raaksien dat die twee wel geskors moet word en daarna kan Zuma verder kyk na onbevoegdheid en homself skors.

Nico ·

Stortkop glo kennelik nie in die onafhanklikheid van die regbank nie
Hulle is reeds deur ‘n bevoegde hof van die rol van advokate geskrap.

Kobus ·

‘n Bevoegde hof het reeds redes verskaf hoekom hulle níé geskik is om as advokate te praktiseer nie….NÊRENS! Hierdie twee ‘career criminals’ hoort saam met hulle groot indoena agter tralies!!!

Alida ·

Mooi Kobus en voel ook so. Daai groot Induna moet net verdwyn.

Johann Marx ·

As mens iemand “skors” omdat so ‘n persoon onbevoeg is vir sy of haar taak, moet jy nie ook die “aansteller” skors wat hulle in die eerste plek daar “in” gekry het nie? Jou “onbevoegdheid” moes mos ontdek gewees het tydens die onderhoud wat plaasvind voor jy aangestel word? O, oeps nee, sorry….dis Afrika hierdie….Verval ek nou vir ‘n oomblik in Eerste Wêreld standaarde in. My fout…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.