Zuma oorweeg om NVG se besluit oor vervolging te daag

Pres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Oudpres. Jacob Zuma oorweeg om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om hom te vervolg, te hersien, het sy prokureur Michael Hulley Saterdag gesê.

Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, het Vrydagmiddag aangekondig dat Zuma in die hof sal moet verskyn op aanklagte van bedrog, swendelary, korrupsie en geldwassery.

Al 16 aanklagte in die 2007-klagstaat, wat in 2009 deur die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, Mokotedi Mpshe, laat vaar is, sal weer ingestel word. Die aanklagte sluit een van swendelary, twee van korrupsie, een van geldwassery en 12 van bedrog in.

“Ons hersien die eenbladsydokument en ietwat bondige reaksie wat ons van die nasionale direkteur van vervolging ontvang het waarin hy aandui dat mnr. Jacob Zuma se redes, waarom hy nie vervolg moet word nie, onsuksesvol was,” het Hulley Saterdag in ʼn kort verklaring gesê.

“Die beweegredes vir hierdie besluit is nie duidelik uit die kommunikasie nie, so ook nie die basis waarop die aansoek afgekeur is nie. Die besluit van die nasionale direkteur van openbare vervolging sal gevolglik oorweeg word. Die besluit hieroor sal egter eers bekend gemaak word ná deeglike oorweging en gesprekke met mnr. Zuma,” het Hulley bygevoeg.

Abrahams het Vrydag tydens ʼn perskonferensie gesê daar bestaan ʼn redelike vooruitsig dat Zuma se vervolging suksesvol sal wees.

Zuma het in die redes wat hy verskaf het waarom hy nie vervolg moet word nie, alle bewerings teen hom ten sterkste ontken.

“Mnr. Zuma se terugvoer hou grootliks verband met die bewerings van ʼn vervolging wat gekenmerk word deur manipulasie, onbehoorlikheid, vervolgingswangedrag, doelbewuste uitlek van inligting aan die media en irrasionele besluite deur verskeie nasionale direkteure en/of waarnemende nasionale direkteure van openbare vervolging, tesame met die onverklaarbare vertraging van ongeveer 15 jaar om dié saak in die hof te kry,” het Abrahams gesê.

“Mnr. Zuma lê dié bewerings direk voor die deur van die Nasionale Vervolgingsgesag, sommige voormalige nasionale direkteure van openbare vervolging, waarnemende nasionale direkteure, sommige persone in die leierskap van die NVG en sommige staatsaanklaers en ondersoekbeamptes,” het Abrahams gesê.

Die saak teen Zuma is in 2009 teruggetrek en het vir hom die weg gebaan om president te word. Die hooggeregshof het verlede jaar beslis dat Mpshe se besluit irrasioneel was. Die hoogste hof van appèl het daarna Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen dié uitspraak afgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gustav ·

Genade wat is nou so moeilik, sê net vir Zuma om op te hou om almal se tyd te mors en gaan bewys dan jou sogenaamde onskuld in die hof. Regtig niemand moet eers met hom praat nie, want hy geniet dit nog steeds dat sommige mense na hom luister

Zumpi word wakker. ·

Nou wonder ek wie het die NVG gedurende 2007/2009 aangestel?
Kry vir Gerrie terug by die staats aanklaers en gee die saak vir hom.

Justice ·

Indien Hulley nie `n groot finansiele waarborg vanaf Zuma verkry het nie moet hy weet dat hy van nou af pro-bono optree. Die belastingbetalers gaan nie meer sy reuse rekening namens Zuma betaal nie.

Cherokee ·

Dìt Justice, is nie my gevolgtrekking nie. Sover die media berig het ramaphosa ooreengekom om met ons geld steeds zuma se regskostes te betaal.

Iemand behoort hom te daarop te wys dat hy gelieg het toe hy gesê het dat hy sy dag in ‘n hof wil hê.

Rynhardt ·

Die DA prys homself al klaar dat Zuma tronk toe gaan.DA,julle liberale vier te gou fees! Baie kinkels en kabels le nog voor in Zuma-saak,alles in die naam van wonderlike demokrasie!

Grassie ·

Dit is vermetel van Hulley om die Staat se reg op vervolging te probeer betwis. Abrahams praat ook te veel – sy beslissing moes bloot gelui het dat die Staat besluit het om Zuma op grond van die beskikbare getuienis te vervolg en dat die juridiese proses dadelik in werking gestel sal word. Punt.
Wat my wel bekommer is dat die hele aangeleentheid nou reeds vir ‘n baie lang tyd in Zuma-dissipels se hande was. Dit sal my nie verbaas as daar met die getuienis gepeuter is nie.

Alida ·

Natuurlik is daar gepeuter en n gekonkel. Jaag die mens terug nkandla toe en gebruik sy pensioen vir regskostes. Hy mors ons geld en tyd. Hully lag al die pad banktoe want hy stuur net sy rek in vir betaling deur die staatskas. Gruwelik onregmatigheid wat geen grense ken nie.

Francis Linstrom ·

Hy ken meer tricks as wat daar in die boek is, om hom uit hierdie penarie te bevry.

LV ·

Hulley het mos ook n stadium in die Uniegebou gesit as Zuma se persoonlike regsadviseur,sou hy ook nou sy kantoor ontruim het?

AJ ·

Billions have been stolen from the poor Black people over the last decade.

Those billions should have given schools, clinics, houses, farms etc to the poor.

That calls for urgent expropriation of land without compensation.

Take Nkandla and Saxonwold and give it back to the rightful owners, the poor!

Shame, ·

Shame not to talk about the milions that was stolen during the seperate devellopment years

thinus ·

Oor 100 jaar of so, sal dit duidelik in die geskiedenis boeke staan dat: voormalige pres. Zuma die SA staatshoof was, wat die regstelsel omseil het met blote vertragings taktiek en inmenging. Hy sal onthou word as die eerste leier wat selfs met ‘n verdagte reputasie aangestel is, en wat tot die verval van die onafhandlike regstelsel gelei het.
Heelmoontlik het hy ‘n vastrapplek vir ge-organiseerde misdaad in die beheerkamer van die regering gegee – C Ramaphosa sal die bepalende faktor wees of dit gebreek of gevestig gaan word. Ek dink nie hy gaan dit reg kry nie!

Henk ·

Hoeveel howe moet nou nog se dat hierdie ongeletterde krimineel voor n regter moet verskyn vir sy kriminele dade?

Whatever ·

DAAG Dit asb net met jou EIE GELD, die GRAVY TREIN het vir jou gestop, niemand gaan meer JOU regskoste betaal nie .. BETAAL NOU SELF dan wil ons kyk hoe lank gaan jy aanhou. Jy hoort eintlik in die tronk, hulle moet jou nie eers verhoor nie.

Jef ·

SA se grootste towenaar bietjie toor hier bietjie toor daar en siedaar, almal het in paddas verander en in die toorpot gespring.
Het homself in n padda getoor en in die toorpot beland en hy kan nie swem nie.

I dont know., ·

Shame, not to mention the milions that was stolen during the seperate devellopment years.

My genade ·

Nou wonder ek wie het die NVG gedurende 2007/2009 aangestel?
Kry vir Gerrie terug by die staats aanklaers en gee die saak vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.