Zuma oorweeg Tlakula se versoek vir spesiale verlof

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

President Jacob Zuma oorweeg Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), se versoek vir spesiale verlof.

Ronnie Momoepa, waarnemende woordvoerder vir die president, sê Zuma oorweeg die versoek en dat sy besluit aan Tlakula gekommunikeer sal word. Tlakula het Zuma versoek om haar op spesiale verlof te plaas nadat die kieshof aanbeveel het dat sy uit haar pos verwyder word.

Tlakula se regsverteenwoordiger, Leslie Mkhabela, het verlede week aangedui dat hulle teen die uitspraak sal appelleer. Talle opposisiepartye het die kieshof genader en versoek dat Tlakula uit haar pos verwyder word voor die verkiesing op 7 Mei. Die hof het die saak egter tot na die verkiesing uitgestel.

ʼn Herrie het om Tlakula se kop losgebars nadat ʼn forensiese ouditverslag van Price­waterhouseCoopers (PwC) bevestig het dat sy betrokke was by ʼn gekonkelry om ’n nuwe kantoor vir die OVK te bekom. Die tesourie het PwC opdrag gegee om ʼn verslag op te stel nadat Thuli Madonsela, openbare beskemer, vroeër bevind het dat Tlakula verkeerdelik opgetree het. Die kieshof het nou ook bepaal dat sy verkeerd opgetree het.

Lees ook:
Tlakula: Wag eers, vra ANC
Pansy Tlakula gaan glo om verlof vra
Verkiesingshof sê Tlakula moet gaan
EFF: ‘Tlakula moet net bedank’
Tlakula-ondersoek tot ná die verkiesing uitgestel
OVK-baas stel vandag haar saak
OVK-baas moet voorberei vir ondersoek
Partye nader hof oor OVK-baas se bedanking
Verkiesingshof genader oor Tlakula
OVK-werknemers dreig glo om te staak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

se-net ·

Nog een wat vet salaris gaan kry, tot weet wanneer, terwyl sy eintlik geskors is!!!! “lekker” in die nuwe SA!!!

Grassie ·

Hier is nou ‘n eienaardige sameloop van omstandighede. Een persoon wat nie te vreeslik baie geld vasgelê het nie moet nou om hulp en genade vra by ‘n ander een wat al miljoene der miljoene is sy eie sak laat beland het.

Trippie ·

More Grassie – dis so waar, en jong, ek moes nou glimlag vir jou skrywe – dis snaaks, en tog die absolute waarheid.

Grassie ·

Dagsê T. Ek wou nog ietsie bysit omtrent die aard van die betaling waarvan sê-net hierbo praat maar ek wil nie so vroeg in die week skoor met Maroela optel nie.

Goeie dag vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.