Zuma op mediese parool geplaas

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: PHILL MAGAKOE/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma is op mediese parool geplaas.

Die departement van korrektiewe dienste het dit Sondag in ʼn verklaring bevestig. “Zuma is geregtig op mediese parool gegrond op ʼn mediese verslag wat sy dokters by die departement ingedien het,” lui die verklaring. “Gevangenes wie se daaglikse aktiwiteite aansienlik deur hul gesondheid belemmer word, kom in aanmerking vir parool, al is hulle nie terminaal siek nie.”

Luidens die verklaring sal Zuma vir die oorblywende deel van sy vonnis aan ʼn stel voorwaardes moet voldoen en sal hy steeds aan ʼn mate van toesig onderwerp word. “Mediese parool kan ook teruggetrek word, sou die oortreder nie aan dié voorwaardes voldoen nie.”

Die oudpresident is in Julie tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn. Hy het hom in Julie aan die polisie oorhandig en skaars ʼn maand lank tronkstraf uitgedien voor hy in die hospitaal opgeneem is. Hy het kort daarna ʼn operasie ondergaan.

Hy het sedertdien versuim om in die hof te verskyn op 16 aanklagte van korrupsie teen hom, wat verband hou met die omstrede wapenskandaal. Sy siektetoestand is as verskoning voorgehou, hoewel sy dokters toe versuim het om ʼn mediese verslag betyds by die hof in te dien. Sy regspan het die dokument toe wel aan die einde van Augustus ingedien, hoewel dit steeds nie seker is watter kwaal die beleerde oudpresident onder lede het nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

72 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hein

Ja wat wat sal ons sê ? Het ons dit nie geweet nie?

Malan

So raak die voor die hand liggende voorspellings waar.
En hy is natuurlik te siek om verder verhoor te word.
Maar kan seker darem ‘n potjie golf geniet.

Snowball

Wat ‘n absolute bespottting van die gereg. Hierdie krimineel gaan nooit tot verantwoording geroep word nie. Nog ‘n veer in die hoed van die staatskapers en korruptes. Nog ‘n dansie op die graf van geregtigheid.

Willem

So tipies!!!!!Noem my n rassis maar ek haat jz en die hele anc en eff!!!!!!

Pieter

Die land se regstelsel is n grap en die regters is nog n groter grap. Hoekom moet ons belastingbetalers betaal vir die anc sirkus. Ou shaik speel nog lekker golf makeer niks.