Zuma op pad terug

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

President Jacob Zuma behoort teen Saterdag laatmiddag terug in Suid-Afrika te wees.

Dit volg nadat Zuma en ander afgevaardigdes sedert Saterdagoggend in Burundi gestrand was weens “tegniese probleme” wat ondervind is met die presidensiële straler, Inkwazi.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het intussen gesê ʼn ander vliegtuig is gestuur om Zuma terug te bring na Suid-Afrika. “Die president se veiligheid is geensins bedreig deur die tegniese probleem nie. ʼn Falcon 900 is onmiddellik van die Waterkloof-lugmagbasis na Burundi ontbied om die president te gaan haal.”

Maroela Media het vroeër berig Zuma is in Burundi as deel van die Afrika-unie (AU) se besoek aan die land. Die afvaardiging, onder wie vyf staatshoofde, het Vrydag samesprekings met Burundi se president, Pierre Nkurunziziza, leiers van politieke partye en ander organisasies afgehandel.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal intussen namens Zuma waarneem by die 16de jaarlikse Nasionale Onderwystoekenningsgeleentheid Saterdagmiddag in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hennie ·

Zuma flenter rond in ander lande om te help met hulle probleme, terwyl sy eie land Suid-Afrika op die rand van ‘n moeras , en aan die brand is! Hy is net altyd besig om weg te hardloop! Hy het nie die “guts” om sy man te staan nie!

Jef ·

Ai die donkie, ai die donkie is n wonderlike ding, hy lag,hy huil, hy breek sy eie vliegtuig ha die donkie is n wonderlike ding.
As die kat van huis is dan is die muise baas.

Liewe lulu ·

Agge nee nee nee dit wou ek nou nie op n Saterdagmiddag by n lekker braai hoor nie

Jan ·

Hy het seker korupte mense gesoek toe kry die foutiewe vliegtuig die skuld toe hy nils kry toe kom hy maar teug

Flintstone ·

Dit gaan my verstand te bowe waarom hierdie “nuus” moet wees. Dit kan my ewe min skeel of die koerantverkoper op een van die straathoeke die naweek huis toe is.Hierdie is ‘n individu wat in ‘n eerbare posisie ingestop is om die opdragte van die Jesuït te voer.

Theo ·

Flintstone. Ek weet darem nie of ek my geld op n perd wat agterna hardloop sou verwed het nie. Te riskant na die Van “Blouwen” geval.

FC ·

Hierdie gebeure is nou so bietjie verdag. Is dit nie maar net nog ‘n beplande poging om die biljoene rande se nuwe straler te regverdig.

Gerard ·

Janee, skelmstreke. Arme president en sy gevolg moes dan nou in ‘n wrak van ‘n vliegtuig oor die weg kom. Maar net ‘n verskoning om daardie peperduur straler aan te skaf. Die volkie is mos lief vir alles wat blink!

Uys ·

R4 miljard vir nuwe vliegtuig maar hul kan nie eers die een wat tans gebruik word onderhou nie.
Plaar gebruik hul R1 miljard en onderhou die een wat nuut en voldoende is vir die volgende 5 jaar.
Kom ons mors nog tax geld

Oom Boer ·

Sjoe, nou kos dit die belasting betaler nog derduisende Rande om ‘n ander vliegtuig in te stuur en ek dog dan die ge-eerde President het ‘n paar dae terug met SONA beraad van die podium sterk uitsprake gehad oor besparings in die regering. Kon vliegtuig parte nie via kommersieële vlugte in gevlieg word nie of wag die derde wêreld tegnikuste is mos nie so gespesiliseerd op daai gebied nie.

Max ·

Die probleem met Zumta se vliegtuig is omdat dit in Afrika versien en onderhou word. Die nuwe vliegtuig moet hulle asb. in Afrika koop . Dan is ons verseker van n nuwe zumpies !

PJ ·

Ek sien nou daar nou 13 kommentare 13 mos ongelukkige nr.so ons gaan opgeskeep sit met ou zumta ai tog

Johan ·

En daar mis Burundi wragtag uit op ‘n gratis president en vliegtuig wat hulle kon hou !!! hy hoef rêrig nie terug te kom nie !!

Hans Heyneke ·

Zuma can’t face the music in his own country and can’t resolve the problems in other countries.
Hy is besig om die hitte in sy eie land te probeer ontduik met nuttelose buitelandse besoeke wat die belastingbetalers miljoene Rande kos

Stefaans ·

Ek het in my sondigheid gehoop ons sou ‘n staatsgreep belewe in sy afwesigheid……..ons kan kwalik slegter doen.

Sieg ·

I s daar nog n Boeing wat so baie stukkend is as die een van ons president? Wonder waarom.

John ·

Die probleem was dalk dat die nuwe vliegtuig al klaar bestel was en toe… en toe… en toe soek hulle die oudste vliegtuig in Afrika om die president uit sy pennarie te kry, en toe… , waar was ek nou weer?

Sameswerings Teorie ·

Ek dink Gwede en Cyril wou vir Jacob elders gestrand hou tot die ergste SARS & Valke v Pravin skandes oorgewaai het. Hulle vrees: Jacob maak sy mond oop en die rand val, die JSE maak agteroor flikflakke, ons verwerf rommelstatus en die vlamme kry nuwe momentum.

Marius ·

Graag wil ek ‘n heildronk instel op Zupta se nuwe straler. Mag hy val waar hy wil…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.