Zuma op parool ‘teen die wet’

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: MotshwarI Mofokeng/ANA)

Die departement van korrektiewe dienste se besluit om oudpres. Jacob Zuma op parool vry te laat, het hewige kritiek uit verskeie oorde gelok.

Die departement van korrektiewe dienste het Sondag aangekondig hulle het besluit om Zuma op mediese parool vry te laat, nadat hulle ʼn verslag van sy dokter ontvang het.

Die DA het Sondag gesê dié besluit is teen die wet, aangesien ʼn versoek om op mediese parool geplaas te word, eers deur ʼn onafhanklike paneel oorweeg moet word. Dié bepaling is juis in die wet geskryf nadat parool onregmatig in 2009 aan die omstrede sakeman en Zuma-bondgenoot Schabir Shaik toegeken is.

“Gegewe die feit dat Zuma prontuit geweier het om deur ʼn onafhanklike dokter ondersoek te word, om nie eens van ʼn onafhanklike adviespaneel te praat nie, maak die besluit onwetlik en maak ʼn bespotting van die wet,” het John Steenhuisen, leier van die DA, gesê.

AfriForum het die besluit as “’n skending van geregtigheid” beskryf en raadpleeg tans sy regspan oor die moontlikheid om ’n dringende hersieningsaansoek te bring.

Die VF Plus het ook teen die besluit uitgevaar, maar gesê dit is nie ʼn verrassing nie.

“Die feit dat oudpres. Jacob Zuma feitlik deurentyd sy straf in die Estcourt-gevangenis se mediese afdeling uitgedien het, het gedui op spesiale bevoordeling en dit is daarom geen verrassing dat hy mediese parool ontvang het nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Sondag gesê.

“Die VF Plus het gewaarsku dat daar nie ʼn herhaling moet wees van die Schabir Shaik-klugspul toe ’n beweerde ernstige siekte en hospitalisering ’n maklike metode was om verdiende straf vry te spring nie.

“Vir Shaik was dit bloot ’n vrypas om gholf te speel en sy vryheid te geniet. Dit is egter duidelik dat wat nou met Zuma gebeur het, ʼn herhaling van die Shaik-metode is om straf te ontduik.”

Groenewald sê dié spesiale behandeling vir sommiges laat toe dat die land se strafregstelsel ondermyn word.

“Daar sal gekyk moet word na die magte en bevoegdhede van die kommissaris van korrektiewe dienste om mense klaarblyklik net op parool vry te laat soos wat met Zuma gebeur het.

Die VF Plus sal steeds wil sien dat ʼn onafhanklike mediese mening ingewin word om Zuma se siektetoestand te staaf.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

casper ·

Dit is die absolute bewys dat ANC lede totaal bokant die wet verhewe is !!!

Marthinus ·

Hy spring mos alles vry.Hy speel sy troefkaart stadig maar seker uit,want na 5 jaar kan g’n hof hom aannraak nie.Dan is hy vry vir altyd

Hardekwas ·

Noudat niehaus se held vry is, verwag ek dat sy volgelinge al die goedere terug gee wat hulle geplunder het.

Werner ·

Maar net weer n bewys dat ons lankal in n diktator skap is.Wag om te sien watter blatante stappe die anc gaan neem om die verkiesing te systap.Jammer vir die mense wat nog dink om reg te stem gaan alles verander.Daai geleentheid het jy verloor toe die ja stem gewen het.

Snowball ·

Eerloos en slu, eie aan sy karakter en party.
Wet en orde, geregtigheid en integriteit het sy blaker gesien in dié land. Al laggend en dansend vertrap hierdie booswig alle waardestelsels – dot wat ‘n land moet bestuur maar ook dit wat as voorbeeld moet wees vir geslagte wat kom. Wat staan hy voor? Waarvan is hy die kampioen? Is dit wat SA oplewer as ‘n leier? ‘n Mens moet vrot van skaamte om te dink jy word gesien as ‘n Suid Afrikaner as dít is wat hier deurgaan vir ‘n held.

marius ·

Net rook en spieels , en die hoofman en sy meesters het dit so beplan . Almal het dit geweet .

Harley Davidson ·

Wie kan nog stry dat SA ‘n piesang Republiek is .?

Grassie ·

Hierdie is ‘n blatante skending van die regverdigheid en onpartydigheid van van ons regstelsel. Dit is nie nou meer ‘n regstelsel nie maar lankal ‘n patetiese onregstelsel wat deur die ANC misbruik word soos dit hulle behaag.

Kokerboom ·

SA bly die muishond staat. ‘n Status wat indruis teen die demokratiese regte van sy bevolking!!!Afriforum basuin dit asb in die wereld uit!!!

Chris dupreez ·

Die media moet ophou om dekking te geen aan hierdie skermunkels soos zuma en mal emma. Uit die oog uit die hart. Dit gaan beter wees vir Suid Afrika as daar geen publisiteit oor hierdie slegte persone is nie. Hulle ondersteunerstal sal ook kwyn.

Lee ·

Ek stem 100% saam. Laat ou Zuma en sy kaders voortploeter op Nkandla. Ignoreer hom totaal. Hy SOEK publisiteit om relevant te bly.

Kokerboom ·

Die ANC staat en gespuis walg my!!! SA sal vir altyd onder die regime ‘n muishondstatus beleef. Mag die wêreld se oë oopgaan!!!Teen die tempo van algehele wanbestuur gaan SA totaal gemarginaliseer word.

Hennie J ·

n Pragtige foto van kommissaris Fraser in volle uniform verskyn vandag in die engelse media. Die rangkentekens en hewige bedekking in goud van die skouers is die naaste wat ek nog gesien het aan “Sy Eksellensie” Idi Amin Dladla. Al wat kortkom is die nugget blik se deksel op die linkerlapel!

SomeOne ·

moenie van al die koeldrank proppies vergeet nie !!!…..

JM ·

Voor God, die Regverdige Regter, sal Zuma moet staan en daar gaan hy nie wegkom nie.

Blomme ·

Die narre van die ANC dink steeds hulle is besig met ń sirkus vertoning.. Te dink dat daar steeds mense gaan wees wat in die komende verkiesing vir die narre gaan stem. Maak mens bekommerd oor die integriteit van sommige van ons burgers.

piet ·

Julle gewese president is dalk rerig baie siek. Sterkte met die gesondheid.

Elinette ·

Regtig???????????? Die beeld wat ek gisteraand van hom op TV gesien het, het getuig van ‘n blakende gesonde man ….. of nee wag, ekskuus – ek het my bril nie opgehad nie. Ek sien hy loop heel krom van die artritis, hy is bitterlik geel in die gesig (hy moet orgaanversaking hê) …. of nee wag, ek het heel verkeerd gekyk!!!!! Hy lê daar op die ambulanstrollie …. dodelik aan’t sweet en bewe …. bitter baie siek!!!!!

Adeline ·

Hierdie bogenoemde krimineel is geniaal slim, met die wêreld se langste kriminele rekord van dit wat hy vermag het is hy in die buite sowel as binne in sy professie ook as x-staats president van die cANCer in die Kriminele paradys – Suid Afrika waar hy al die wat dink hulle het mag om hom te kan beheer of keer aan die “short and curly” beet en maak hy met elkeen in die land nes hy wil. Hier is geen geregtigheid, hof of wet of enige een in die land wat hom kan keer is sy geniale kriminele optredes nie – wys my verkeerd

Jubba ·

Niemand is verras nie en ANC gee nie om wat mense dink nie veral nie die sogenaamde President.

Kobus ·

Kom ons wees realisties.Zuma sal NOOIT boet nie.Waarom al die tyd en geld spandeer terwyl ons almal weet wat die uitkoms gaan wees. Ek stel voor alle sake teen hom word gestaak sodat ons met ons lewens kan aangaan. Hy en sy regspan is net te slim en ons Grondwetlike hof is net so ‘n teleurstelling. Die Zondo kommissie gaan ook met sagte handskoene na hom en CR se rampokkery verwys. Dis AFRIKA!

tweeling ·

Kobus, Zondo veral het geen doekies omgedraai teenoor Zuma nie. Dit was duidelik toe die grondwet hof se hulp ingeroep is.

Marius ·

Ek kan nie anders om te wonder hoeveel geld die “raad” betaal word , veral in die lig dat die hoof van die raad oor n paar weke klaar maak nie. Hy benodig seker n paar rand om af te tree? Dit is een groot klug!!!

Yolandie ·

Wat ‘n klug is ons regstelsel nie, wat net bewys wat menige SA’kaners reeds weet en dis dat Zuma nooit die binnekant van ‘n tronk sal sien nie. Ou Cyril moet regtig dink dat SA glo dat hy gaan toesien dat kurrupsie en geregtigheid sal geskied en dat die wat hulle daaraan skuldig maak aan die pen sal ry. Die hele ANC gespuis gaan almal eendag hulle dag van rekenskap moet geen voor die Here en daar sal hulle wegkom met NIKS!!!!!

Marshall ·

This level of lawlessness is the norm in every single Sub-Saharan African state. Rule by the strong and powerful (the law of the jungle) operates in all of these countries. The only viable option for those who wish to live in a state where law and order is the governing principle, is total separation from this lawless majority in the form of secession.

Samuel ·

Het enigiemand iets anders verwag? Ons het tog geweet die parool storie gaan gebeur. Zuma is ‘n strateeg soos min en word beskerm deur staatsstrukture. Al die geskreeu deur politieke leiers gaan net mooi niks verander nie.

VaalDonkie ·

Laat dit nou maar vir almal ‘n les wees: Mag oorheers wet en orde en “slim” argumente. Net omdat jy reg is beteken nie die ou met die mag gaan sommer net sy hande uithou dat jy hom boeie aansit nie.

Patrys80 ·

Dit maak maak mens hoog die hel in hulle kom letterlik met als weg n man is besig om dood te gaan aan kanker maar hy moet bly is zuma en daai ander een word parool gegee om mediese redes hybwas skaar ini tronk hoe werk die stelsel zuma kom met als weg en dan praat ek nie oor die ander gespuis wat weg kom daar me nie dit wys mens net weer eens enige ANC, EFF ens kan maar aan jaag hulle kom skot vry daar van af

Elinette ·

Vir diegene wat onreg gepleeg het teenoor “our people” beteken lewenslank, LEWENSLANK. Vir diegene wat onreg gepleeg het teenoor die res van die bevolking beteken 15 maande net twee maande, 6 dae “onder mediese sorg” in ‘n luukse omgewing ….

Lindi ·

Sy vrylating gaan GEEN inpak he op my persoonlike lewe nie, want ek beweeg nie in kringe waar misdadigers die bo-toon voer nie, maar, dit laat my voel of ek net geen meer engergie oorhet vir niks en niemand. Dit spel vir my n voorloper vir uitsprake wat baie gevaarlike misdadigers gaan vrylaat. Maak of jy siek is, word in die hosp opgeneem, WEIER enige 2de opinies en siedaar – VRYHEID!!!!

Jaco ·

Huiswinkels wat sonder munisipale toestemming sake doen is ook “teen die wet”. Ek sukkel al 2 jaar om dieselfde DA sover te kry om so ‘n onwettige huiswinkel naby my toe te maak. NIKS gebeur nie. En dan is dieselfde DA in Kaapstad VINNIG om te sê “the DA delivers”.

Irma ·

Jaco, jy kla net oor een van hierdie winkels. In Pretoria Wes is daar by elke huis wat deur buitelanders gekoop word een van hierdie winkels. Dit wil vir my voorkom asof die Metroraad ‘n blindeoog gooi wat hierdie aangeleentheid aanbetref.

Erika ·

As die regstelsel Dit toelaat…Dan is daar geen reg en geregtigheid nie. in ons land nie…Dan kan hulle netsowel Kurrupsie in die curriculum bywerk en as n vak aanbied op sk ool vir kinders.. met Zuma as die “.-cum laude Onderwyser”..

Pieter ·

Tyd dat die belastingbetalers op hou praat en begin doen. Vat die anc se geld weg en hulle gaan tot n val kom en baie gou ook.

Hoekom ·

Net jammer dat dit klaar so opgestel is dat jy dit nie kan weier nie. Nooit nie. Enigste manier is gewapende opstand.

Michael ·

Ons moet vergeet van Zuma, die groot gevaar en probleem vir ons is CR

Willi ·

Daar is niks nuut in die besluit nie en was in die algemeen te wagte. Niks wat enige een daaraan gaan doen of verander nie. Net nog meer korrupsie van die anc en die regstelsel wat niemand meer kan vertrou nie.

LANA is ELANè ·

Dit het bietjie langer geduur as wat dit te wagte was. Maar ja, enige persoon wat gedink het Zuma is daar om vir altyd weggesluit te word is rerig nie bekend met kader~politiek in Afrika nie.

Antoinette ·

All animals are equal; some just more equal than others. Politieke ontleder vanoggend op Morning Live.

Hoekom ·

Dit is ‘n aanhaling uit die boek “Animal Farm” van George Orwell. Baie van toepassing op die ANC en kommuniste, lees dit gerus…

Jr ·

P Groenewald praat al weer en sê sê en sê en sê en sê en sê blah blah blah. Hou op om te sê EN DOEN IETS KONSTRUKTIEF

Magriet ·

Het geweet die skelm sal niks oorkom nie. Hulle is mos almal verhewe bo die wet!!

Charles ·

Moet ek nou my “looted” tv gaan terug gee, ek vra vir ‘n vriend.

Strandloper ·

Hy blink uit soos n hoop perde mis op die anc ashoop. Tog is hy trots op sy eie waansinige ideologie wat grens aan raserny.

Gert K ·

Dit is die tweede geval van die dodelike siekte Shaikilitus wat ons getref het.

H.A. ·

Laat hom maar vry asb. Die anc het klaar diktatorskap oor alles en almal in die land. Praat nie eens van die wat vir die anc stem nie.

Andre ·

Hoe toevallig kan dinge raak. Zuma en Shaik groot buddies. Shaik word gevonnis vir misdade gepleeg en Zuma ook skuldig bevind en moet nog ander klagtes aanhoor. Shaik word op parool uitgelaat lank voor vonnis uitgedien is weens gesondheid toestand. Zuma nou ook op parool uitgelaat weens gesondheid redes. Wat sê dit en spel dit uit. Hoef nie ‘n Einstein te wees om te weet dat min gaan gebeur met Zondo Kommissie se aanbevelings

Winnie ·

Hoekom is almal verbaas? Dit was mos net kwessie van tyd. Laat Janus Walusch ook vry want ek dink hy het verkoue

Jacobus ·

Verkragting van Grondwet. Is die magshebbers so bang dat Zuma die “beans gaan spill”. Siek, siek siek!

Skappie ·

Ek kan nie verstaan dat hy die mediese ondersoek mag vryspring nie. Hoe kan hy dit self verbied. Maar as dit nou iemand anders was, sal hulle dit nie kan gedoen het nie.

Frank ·

Die perd moet van hoogverraad aangekla en die doodstraf opgele word.

Willem Wikkelspies ·

Die Feite:
Die bewyse is nou op die tafel, ons regstelsel het ons misluk.

Die Antwoord:
Dis eenvoudig .. dis maklik .. dis tyd. Dit is tyd vir burgerlike verset. Moenie weer gaan stem voordat die-voorbeeld-van-korrupsie, meneer Nommer Een, homself in ‘n aftree-oord bevind met ‘n klein kamertjie en pragtie oranje klere.
.. en intussen, raak gereed vir verdere wetteloosheid, want die voorbeeld is gestel, enigiemand wat wil is bo die wet in ons land.

Vandag is ‘n hartseer dag. Kom ons maak dit die dag wat die land begin opstaan het vir dit waarin ons glo.

Tokkel ·

Hê Hê Hê, Lag Zuma! Ons het nog net meer werk verliese en geld verloor in onluste toe hy tronk toe is.
Vatso ANC, julle maak julle eie naam likkewaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.