Zuma: ‘Parlement is nasionale vernedering’

President Jacob Zuma Donderdag in die parlement. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma Donderdag in die parlement. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

ʼn Dag nadat pres. Jacob Zuma in die parlement onder opposisiepartye se beledigings deurgeloop het, het hy die wetgewer as ʼn nasionale vernedering bestempel en geëis dat die speaker orde in die parlement herstel.

“Ek dink jy moet meer doen om hierdie huis tot orde te roep,” het Zuma aan die speaker, Baleka Mbete, gesê ter afsluiting van sy toespraak in reaksie op die debat oor die presidensie se begrotingsrede. “Ek reis oor Afrika heen en mense vra my baie vernederende vrae oor hierdie parlement. Ek dink dit is werklik belangrik om orde in hierdie huis te herstel.”

Zuma het bygevoeg sy boodskap word ondersteun deur mense wat nie vandag in die Nasionale Vergadering kon wees nie. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het in die verlede gesê parlementêre beamptes moet meer doen om die president te “beskerm teen die toenemend uitgesproke en vyandige opposisie”.

ANC-LP’s het Woensdag herhaaldelik gesê dat die DA-leier, Mmusi Maimane, die reëls van die parlement oortree het deurdat hy Zuma ʼn “dief” genoem het wat “vasbeslote is om die nasie te besteel om homself te verryk”, nadat die EFF reeds uit die parlement gegooi is omdat hulle Zuma verhoed het om sy toespraak te lewer.

Opposisiepartye was nie Donderdag in die parlement om Zuma se reaksie op die debat aan te hoor nie. Die DA en ander opposisiepartye het die toespraak geboikot en die EFF-lede was outomaties van die sitting geskors, nadat hulle Woensdag fisies verwyder is.

Zuma wou nie op die kritiek teen hom reageer nie en het gesê hy sal hom bepaal by die kwessies wat betrekking het op sy kantoor se begroting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Weskaper ·

Wanneer sal Jakob Regop die boodskap kry wat na hom uitgestuur word, wie die vernedering is

Ware Suid-Afrikaner ·

ANC-leierskap teenoor opposisie-partye in skaak!

Intussen neem werkloosheid, armoede, kriminaliteit, hongerte, sosiale onrus en stroping van die staatskas en natuur toe!

Die nasie raak nou keelvol vir hierdie sirkus met selfgesentreerde narre. Wat ‘n voorbeeld en rolmodelle vir die jeug van Suid-Afrika! Sies!

christine ·

Die Nationale Vernedering is Pres Zuma homself te blameer voor. Ons het nie destyds na Malema in Kimberley verwys as n toekomstige waardige President nie HY HET. Ja verdomp ons eis antwoorde. Hy sit daar sy bas blink en lag. Dink hy ons gee om wat die wereld van ons dink
Danksy hom hoef ons sportmanne nie daar te wees om aan die wereld te gaan verduidlik nie. Wie gee in elk geval wat Matashe se of enige van die SAKP lede hulle kan gaan vlieg man sommer land uit ook.

Johann ·

Horende doof! Die arrogansie om die instelling waarvoor HY primêr verandwoord behoort te wees IS n sirkus AGV HOM! Soveel van n bewys van sy absolute ontneemdheid van sy eie verandwoordlikhede as verinderstelde leier her ek nog nooit gesien nie. Hy moer vernederende vrae in Afrika beandwoord? Welkim in ons wereld Zuma…waar ons aa Suid Afrikaners vergattende vrae moet beandwoord oor JOU onvermoe om jou plig na te kom volgens ons grondwet. Vermetelde areogansie!

christine ·

DIS HEMELVAART dankie dat U my kan vergewe ook vir my eie gedagtes nou vra ons vir die beskerming teen die bose

Edward James Shawe Snr ·

Politieke grap! Van die speaker tot die EFF. Al die partye maak van ons eens waardige parlament uit die ou jare n politieke grap. Dit is goed dat die wereld sien wat in Suid Afrika aangaan. F.W. De Klerk was n Volkveraaier. Hy moet aanspreeklik gehou word vir al die gemors wat in ons eens pragtige land plaasvind. F.W. De Klerk moet as n volksmoordenaar gebrandmerk word.

Cherokee ·

Edward, hou op om te probeer voorgee dat die referendum met een stem gewen is. Niemand in die hele wêreld sal jou glo nie. As jy De Klerk verantwoordelik wil hou moet jy sy oorvedowende massa ja-stemmers insluit by jou beskuldigings. Te veel mense wil nou hul hande in onskuld was en die blaam op De Klerk alleen plaas. Somtyds praat ons in hierdie forums oor ongelyke beoordeling wat plaasvind in die land maar intussen verontskuldig jy àl sy ondersteuners en plaas die blaam slegs op hom.
Wanneer ek tussen die lyne lees het ek al tot die gevolgtrekking gekom dat ons wat vir die nee-stem geveg het, stil is want demokrasie het die ja-stem laat wen. Dit neig altyd om te lyk asof diè wat die land saam met De Klerk weggegee het, se gewetes knaag maar dit help om hom te beskuldig.

REALIS ·

Ag sies tog…hierdie UITGEDIENDE retoriek klink soos die ANC wat alle skuld op Jan v Riebeeck wil plaas. WAKE UP ….. Dit is 2016, alle mintig !! KONSENTREER OP DIE TOEKOMS – DIT IS WAAR ONS AL ONS TYD GAAN SPANDEER

Mede-Suid-Afrikaner ·

Geagte Edward James Shaw Snr,

Hou asseblief op met die derms uitrygery. Wees positief en opbouend.

Suid-Afrikaners smag na ware leiers, nie dermuitrygers nie. Publiseer jou opbouende kreatiewe visie vir Suid-Afrika sodat almal dit kan lees en neem die leiding om deur agiele strategië ons nasie te lei tot ‘n rolmodel nasie, ondermeer ook ‘n ekonomies wêrelkompeterende nasie.

Ben Prinsloo ·

Nou geagte prez herstel asb orde in die parlement en skoert. Lees tussen die lyne. Of wil jy betaal word om te loop?

Karma ·

Hie-hie-ha-ha-hô-hô!!!!!!! Hoor wat sê die grootste nar in die Nasionale Vergadering!!! Baleka Mbeti is jou marionet, Zoompies! Hoe kan jy haar nou kritiseer omdat sy nie die Nasionale Vergadering in beheer kan bring en hou nie? Daai stoel wat jy so lekker dik, vetgat en blink volsit, raak te warm vir jou …

Aan die anderkant, die EFF is ‘n spul rebelse ver-links gesindes wat op die verkeerde manier dinge wil verander of aan die groot klok hang en Musimane is nie ver bo daardie trappie nie. Zuma het die NV kom toespreek in afsluiting van die debat oor die presidensiële begroting en om hom dood te skreeu soos die EFF gedoen het, was ook nie reg nie. Hy verdien tog ‘n tikkie respek dat hy desnieteenstaande van baie onderbrekings en (ongeskikte) optrede van lede van die EFF en ander LP’s voortgegaan het met wat hy kom doen het. Ek dink hy het Mbete aangespeek omdat hy weet hy is besig om steun te verloor van baie van sy eens-grootste aanhangers binne die ANC.

Luister ·

Ekskuus….hy verdien GEEN respek. Hy doen dit maar net om vas te klou aan sy job!

Cherokee ·

Die EFF is wel ver links-gesindes maar dit geld ook vir die DA en êrens langs die pad gaan die DA en die EFF koaliseer. Daar is geen sterk konserwatiewe party in Suid Afrika nie. Wanneer gekyk word na die ondersteuning wat die swart DA vanuit blanke geledere kry, is die term konserwatisme in Suid Afrika bevraagtekenbaar. Die blanke in Suid Afrika is nie grootliks konserwatief nie. Dit is bloot ‘n eie opinie sonder enige syfers om dit te staaf en ek hoop dat dit verkeerd is maar ek dink die blanke Suid Afrikaner is (dalk) oorwegend redelik lib.

Lance ·

Goeie jimmel ….eerste keer dat ek hoor die man is oor iets skaam …

Luister ·

Ja-nee, die grootste vernedering sien nie homself raak nie!

John ·

Mense ons staan buite die spulletjie; ons is nou net toeskouers. Kalmeer! Een van die dae is net Amarula in die glas oor as hulle die’ ‘stasie’ sluit. Die ANC is in ‘n hoek. Ons drie-minuut-VF+- Party sit hulle ook net en verwonder oor die Afrika-reenboog en die amper lee goudpot aan sy voetenend. Wag die spul uit! Ons speel nie in een van die spanne nie. Baleka moet nou red wat daar te redde is. Sy moet nou die houe vat. Hoe lank gaan dit so aanhou? Selfs die BBC hang nou die gebeure aan die groot klok en is duidelik ongelukkig oor die feit dat die ANC sake so gelate aanvaar en hul leier nie tot orde roep nie.

Theo ·

Jy is die grootste vernedering zuma. John, Ek stem saam ons moet nou kalmeer, al is dit baie moeilik. Ons almal maak foute, of jy nou ja of glad nie gestem het nie. Sluit aan by n Afrikaanse organisasie waar jy tuis voel, daar is wonderlike mense wat ja en nee gestem het, maar wat nou begin saamstaan teen hierdie euwel op ons voorstoep..

Kenny Erasmus ·

Nou ja..ne? En waar begin dit by zumpie? (ek gebruik aspris kleinletters zumpie. Jammer maar hierdie is NIE ‘n “wat was eerste, hoender of eier – geval nie!) Dit begin by nommer een, it starts with namma one. Kan iemand dit asb tog in Zoeloe ook vertaal….

Leon Coetzee ·

Hy verdien nie respek nie , hy verdien om vir sy dade te boet , maar hulle beskerm hom tot die dood

Rynhardt ·

Vanaand het SABC gewys waar die prez in parlement praat met lee opposisie banke! Nie dat dit n verlies is nie, want parlement is vol Anc faksies wat nou vir ouboet, die Anc keelvol geraak het! Zuma en al die onderskeie Anc faksies het die parlement dodelik siek gemaak.Daar is geen kans op herstel nie, en dit gaan net erger raak in parlement! Parlement is magteloos en beteken vir Afrikaners absoluut niks!!

John ·

Ons grondwet is nie so volmaak as wat voorgehou is nie. Ongelukkig sal die veranderinge wat in die nabye toekoms aangebring word, sou die regering dit regkry, die handleiding nog nader aan die vuur stoot. Dit is die groot ideaal van die ‘struggle’-liete: totalitere mag waar die banke oorkant ook met eie mense volgemaak word en die res se monde gesnoer word.

Wilhelm ·

Dit kom voor asof nommer 1 nie mooi weet wat aangaan nie – blykbaar sy baie raadgewers ook, want tussen die onbeholpe spul kon hul na 22 jaar nog nie vasstel hoe daar in die parlement opgetree moet word nie. Daar praat mens sin nie onsin nie

neelsie ·

Die waardes en instellings van ons land gaan een na die ander onder.
Daar is geen respek vir ander nie–die basis van mensevehoudings.
Zuma is n probleem, maar sou Malema in die stoel sit, kom daar baie ,baie meer.
Anargie is nie die oplossing nie.
Hulle begin al weer met Afrikaans lol by Tuks.

Theuns ·

As ek die kommentaar lees het ons baie in gemeen. Ons is almal Gatvol en verlang na ‘n beter bedeling! Daar is egter twee elemente wat kort naamlik ‘n leier om ons behoeftes tot op die hoogste regerings vlak te verwoord! Tweede element is om ons self te regeer. Ons kort iemand in die Parlement wat meer aggresief namens ons sal praat. Kom my vriende, gee voorstelle!

antjie ·

lol ek sal enige tyd in die prezzie se stoel gaan sit…..

Sarie van heerden ·

Zuma se koppie raas. Hy lewer kommentaar oor vrae wat aaan hom gestel word in Afrika. Ons kry grappe van geletterdes uit die buiteland wat gekskeer en hom bespot!

John ·

Dis duidelik dat die ANC en die EFF op ‘n konfrontasie afstuur. Dinge gaan eerder vroeer as later kookpunt bereik. Die winter wat kom gaan nie die gemoedere afkoel nie. Die President is te rustig, te grapperig, soos iemand wat iets weet wat ons nie weet nie. As twee honde of katte baklei, bly uit die geveg. Vir die’ wat te opgewonde raak oor die bekgevegte (wat met ‘n klein vonkie in ‘n brullende vuur kan ontaard), hou ‘n botteltjie port en ‘n biltong of twee in die kas en vergeet van die tuinslang om die spulletjie uitmekaar te jaag. Party vure word groter as hulle water ruik.

Ou Vlakvark ·

Vlakvarke en vlakvarkies, bly uit die pad as die groot olifantbulle bakklei en waar die gras daarna nie groei nie.

Ontspan en wees rustig. Fokus op jul kinders en geldmaak en die lewe geniet.

Leon Coetzee ·

Vra hulle jou nie dalk vrae oor jou eie skandes nie meneer Zuma ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.