Zuma: ‘Polisie sal versterk word om terug te baklei’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê hy het opdrag gegee dat die polisie met die nodige toerusting en vaardighede toegerus word om misdaad te beveg, maar ook hulself te beskerm.

Zuma het tydens ʼn geleentheid ter herdenking van polisiebeamptes wat aan diens dood is by die Uniegebou in Pretoria gepraat. Vanjaar is altesaam 58 polisiebeamptes doodgemaak terwyl hulle aan diens was, van wie 19 in Gauteng.

Volgens Zuma is enige aanval op die polisie ook ʼn aanval op die regering en sy gesag. Hy het die versekering gegee dat die polisie “versterk” en maatreëls toegepas sal word wat onmiddellik van krag word en die polisie in staat sal stel om “met mag terug te baklei” wanneer hul lewe bedreig word.

“Terselfdertyd moet die polisie te alle tye binne die wet optree en uitermatige geweld vermy,” het hy bygevoeg.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Liewe lulu ·

En wat van die misdaad teen landsburgers en ons boere?

Fourie ·

Solank die wettw vir die kriminele geskryf is en tot voordeel is kan jy maak net wat jy wil zuma Hulle sal bly moor. Hou op om die kriminele te beskerm man. Die regering se wette is pateties!!

Philip ·

Ons behoort bekommerd te wees, dit gaan teen ons as lands burgers gebruik word. “Onthou hierdie woorde van my”

Dave ·

Ag seblief Flip, waarom moet dit onthou word as dit net ‘n eggo is van wat almal sê!

HEVW ·

Verwyder net die kriminele uit die SAP en gee n doeltreffender opleiding . Dit sal meer suksesvol wees.

George ·

Oorlogpraatjies!!! Niks gaan beter word. As dit bo vrot is hoe gaan dit onder reggemaak word???

nico prinsloo ·

Ag shame more het hy vergeet wat hy gese het want die geld wat vir dit moet gaan gaan vir die goue handruk om ontslae te raak van hoof dame van polisie

Albert ·

Om die polisiediens te verbeter sal die eerste stap moet wees om van jou onbevoegde, onvaardige kaders wat in die hoë poste sit ontslae te raak. Vaardighede kom nie vanself of in ‘n week of twee nie nog minder lees jy dit op in boeke en leer dit in klaskamers. Jy het vaardige mense nodig om ander vaardig te kry – en van daardie vaardighede het jy en jou ANC met regstellende aksies ontslae geraak.

Winston ·

Stem saam. Hoe maak jy n terroris n geregsdienaar? Hoe kan n wettelose wette toepas? Hoe kan n kader van MK n land lei? Ek kan n bladsy vol vrae vra en geen antwoord kry nie.

Henry ·

Foeitog!
Hy sê dat hy die Polisiemanne en vroue gaan beskerm.
Die ou kan nie eers van die onkapabele antie ontslae raak wat hy aangestel het en wat die Polisiediens se naam nog verder deur die modder sleep nie.

Pendoring ·

Hulle kan dan nie eers hulself beskerm nie. Hoeveel Polisiestasies is daar nog in die land wat deur ADT of CHUBB beskerm word? ‘n Paar jaar terug was daar heelwat.

Zirk ·

Zuma sê wat sy ongeletterde, onkundige , ongeskoolde, oningeligte werklose kiesers wil hoor en elke woord indrink ek onvoorwaardelik GLO. Die episentrum van die NDR d.i. die revolusie, sit in Luthuli-huis. Gwede Mantashe is die mainkonyn wat die operasie dryf, en gee nie ‘n flenter om watse skade dit die land asook menseverhoudings aanrig nie. Die PARTY en die IDIOLOGIE moet ten ALLE koste gedien word. En dis soos alle Afrika-state se vryheidstryd ALTYD gedryf was ,deur sosialime, so sal SA hierdie leerskool nie ontsnap nie. Ek wens net my mense wil wakker skrik en besef wat NOU in ons land gebeur.

Willie ·

Wat word onmiddelik van krag,ag President daar gaan niks verander?????????????

Rynhardt ·

Die prez se hy wil polisie versterk? Hoe wil hy dit doen as die helfte van die polisiemag bestaan uit lede met kriminele rekords wat langer as jou arm is?Verder met oopgrense kan jy nie die stryd wen teen misdaad nie! Dink Zuma werklik almal is onnosel in SA? Prez, u het lelik gefaal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.