Zuma praat nonsens, sê Malema

Julius Malema tydens ‘n perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag pres. Jacob Zuma se bewerings verwerp, dat hy nie die versoek om voormalige pres. Thabo Mbeki in 2008 te herroep, ondersteun het nie.

Malema het reageer op Zuma se regstreekse televisieonderhoud met die SAUK.

“Hy [Zuma] praat nonsens. CR [huidige ANC-president Cyril Ramaphosa] is die een wat dit teengestaan het. Zuma het vir my gesê ons moet Mbeki verwyder, want hy kan nie met hom saamwerk nie,” het Malema, ʼn voormalige president van die ANC-jeugliga, op Twitter gesê.

“Hy het dit nooit teengestaan nie, hy het dit aktief ondersteun en ons almal gemobiliseer om Mbeki se verwydering te ondersteun. [Ramaphosa] het dit teengestaan en [Gwede Mantashe] het aangevoer dat, in plaas van om Mbeki te verwyder, ʼn vroeë verkiesing moet plaasvind,” het Malema bygevoeg.

Zuma het in die SAUK-onderhoud gesê hy was een van die mense wat die besluit, om Mbeki te herroep, teengestaan het.

Die ANC het Mbeki in 2008 herroep – agt maande nadat Zuma by die ANC se omstrede Polokwane-konferensie verkies is. Dit het tot ʼn verdeling in die regerende party gelei en ʼn nuwe opposisieparty, Congress of the People, is tot stand gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lolla ·

Lol ja! Zuma se nonsens praat is beter as Malemma se haat, wraak en woede gebraaksel!

Daan ·

Ek het nogal respek vir Malema hy praat baie twak maar nie soos die meeste bang om n ding te sê soos hy oor hom voel nie en dit is demokrasie in werking.

Mamma ·

Ha ha ha, ja. Ek is ook altyd baie verbaas oor hoeveel respek ek heimlik vir die man het. Ander kere wil ek hom net vermorsel.

Chris Ws ·

Zuma dryf die reeds verdeelde anc tot ‘n welkome skeuring.Malema se aantygings is maar net die begin van wat kom.Ek hou baie van die’ situasie voor ons!

Boy van die Suburbs ·

Dis nou een ding van Malema – Almal weet presies waar hulle met hom staan. En dit respekteer ek van hom!

Sune van Heerden ·

Dagsê Pauli

Dankie, die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

SjN ·

Het Mal Le ma nie gese hy sal sterf vir Z nie, het hy nie baie gewig in n kort tyd verloor nie? Politiek is stresvol.

Hans ·

Ek wou mos sê dit is hoe ek dit ook gehad dat die hele mbeki ding gedryf was deur zumma. Wys jou n leun haal jou altyd in. Poletiek is nie vir die met n swak maag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.