Zuma praat oor Guptas voor kommissie

Oudpres. Jacob Zuma Maandag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Karen Sandison, ANA)

Oudpres. Jacob Zuma het Maandag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy en die omstrede Gupta-familie was slegs vriende gedurende sy termyn as president.

“Ek het nooit iets onwettigs saam met hulle gedoen nie, ons was net vriende.”

Zuma het vandag in die getuiebank ook na die Guptas as vriende en sakekennisse verwys wat hy ontmoet het gedurende sy tyd as president. Essop Pahad, voormalige minister in oudpres. Thabo Mbeki se termyn as president, het hom aan die familie voorgestel, het hy beweer.

“Ek het gehoor dat die Guptas mooi kyk na hulle werkers. Hulle het werkers werk toe vervoer, vir hulle gekook en hulle weer terug van die werk af vervoer. Ek het meer te wete gekom oor hulle werk aangesien een van hulle ʼn lid van die raad was wat die president geraadpleeg het oor die ekonomie.

“Ek het gehoor dat toe Madiba president was, hy óók na aan hulle was en toe hy weg is, het hulle baie na aan Mbeki geword.”

Zuma het vertel dat sy seun vir een van die families se ondernemings gewerk het. “Ek het gewonder hoekom ek altyd beskuldig word as Mbeki ʼn baie beter verhouding met hulle gehad het. Alles wat gebeur, word met my verbind.”

Die oudpresident het in sy getuienis na die omstrede familie as “suksesvolle sakemense” verwys.

Spioenasie

Die voormalige kabinetsminister Ngoako Ramatlhodi het verlede jaar verdoemende getuienis teen Zuma afgelê waarin hy gesê het dat die Guptas die oudpresident gedurende sy termyn beheer het.

Hy het aangevoer dat hy gedurende dié termyn as minister afgedank is aangesien hy nie saam met Zuma se vriende wou werk nie.

Die voormalige kabinetsminister Ngoako Ramatlhodi verlede jaar voor die kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Dimpho Maja, ANA)

Ramatlhodi is in 2014 as minister van minerale hulpbronne aangestel, die volgende jaar na ’n ander portefeulje geskuif en toe eindelik gedurende Zuma se tyd as president in ’n kabinetskommeling die trekpas gegee.

Ramatlhodi het gesê hy het die oudpresident in 1986 ontmoet en nou saam met hom gewerk. Hy was ook lid van die span wat Zuma destyds gehelp het gedurende sy verkragtingsverhoor in 2006 waarop die oudpresident eindelik vrygespreek is.

Zuma het in reaksie vanoggend gesê Ramatlhodi is destyds as student in Lesotho deur die apartheidsregering gewerf om ’n spioen te word.

Hy het Ramatlhodi se getuienis asook aantygings dat hy die land aan die omstrede Gupta-familie opgeveil het, as leuens afgemaak.

“Wat het gemaak dat die kameraad gesê het dat ek die land opgeveil het? Hy het opdragte uitgevoer,” het Zuma in die getuiebank gesê.

Ramatlhodi het egter na Zuma se getuienis teruggekap en in ʼn verklaring vir Zuma uitgedaag om saam met hom ʼn leuenverklikkertoets te ondergaan om dié aantygings van spioenasie te staaf.

Hy ontken egter die aantygings teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

14 Kommentare

Ekke ·

Die ANC se gunsteling slagspreuk is seker “We demand”. Maar as sekere mense verdink word van beweerde korrupsie, is hulle deurlopende slagspreuk “We deny”….. (ten spyte van klink-klare bewyse)

SeMaarNet ·

Wikipedia se:
The Guptas and then vice-president Zuma first met at a function hosted by the Guptas at Sahara Estate in 2003. Hy se hy het hulle eers ontmoet toe hy president geword het?

Ongeduldig ·

Soos altyd sal ou Zupta lieg en doen dit oortuigend! Baie goeie akteur! Ek hoop net nie iemand val vir sy toneelspel nie!

Gert van Wierdapark ·

How het wyle Jackie Selebe gese oor van sy “gure vriende” toe hy Kommisaris was: hulle is my vriende, Finish en Klaar! JZ toon dieselfde houding en tannie Altie Zeimer is lyk my ook n kennis! He-he-he.

Piet ·

???????????????????????????????????????????????????? ja nee hy gaan lag lag daarmee wegkom

skurweberg ·

Zuma beantwoord ‘n vraag met ‘n vraag. Regslui kan nie hierdie arogansie toelaat nie. Dit breek alles af wat deur die kommissie totstand gebring is.

Ja Nee ·

Sal maar sien met hoeveel hy gaan wegkom….. Want wegkom gaan hy kry met al sy brothers wat vir hom skerm!

Genade ·

Daar was n redelike uitgebreide stuk oor Zumpie se self bejammering op Channel 4 nuus om 7nm UK tyd. Dit gebeur amper nooit dat jy nuus van SA hier in UK sien nie.

Dries du Toit ·

Vandag was vir hom okay maar more gaan hy moet vrae antwoord. He he he hy gaan verlang na sy dae van bokwagter wees

Magda ·

Gupta en ons is VRIENDE – Waar is jou Vriende nou – Zuma – GEVLUG HOEKOM??? STAATS KAPING – Jy dink jy is slim, slim van sy Baas.

Standerd Vier ·

The lying and the spying…..miskien in
Ja-bok se verwysingsraamwerk is enige iemand wat sy oneerlike dade aan die lig bring, ‘n spioen – die begrip van iemand sonder 12jaar skoolopleiding.

Maljan ·

Ja nee! Hy is onskuldig. Was hulle in Mbeki se tyd al in SA? Het Malusi hulle al in Mbeki se tyd landsburgers gemaak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.