Zuma praat oor uitjouery

Pres. Jacob Zuma Foto: digitlab.co.za

Pres. Jacob Zuma Foto: digitlab.co.za

President Jacob Zuma het mense wat hom uitjou, beskryf as “leë blikke wat die meeste lawaai maak”, het The New Age Woensdag berig.

“Hulle skel my. Hulle het baie om te sê. Moenie aandag gee nie. Gaan werk eerder,” het hy glo Dinsdag tydens ʼn verkiesingsveldtog in Embalenhle, naby Secunda in Mpumalanga, gesê. “Dit wat hulle sê, help nie Suid-Afrika nie.”

Zuma het ook uitgevaar teen “slim mense” wat kiesers versoek om teen die ANC te stem. “Om vir ʼn ander party buiten die ANC te stem, is ʼn mors van ʼn stem,” het hy gesê. “Mense praat baie. Hulle sê dit en dat. Hulle sê ons doen niks nie, maar hulle sit in ʼn HOP-huis.”

Zuma is onlangs herhaaldelik in die publiek uitgejou, insluitend tydens die gedenkdiens van oudpresident Nelson Mandela by die FNB-stadion in Johannesburg. Hy is ook by dié stadion uitgejou ná ʼn sokkerwedstryd waar die Wêreldbeker-sokkertoernooi se trofee aan Brasilië oorhandig is.

Die Suid-Afrikaanse digter AE Ballakisten het ook op die Zuma-geraaswa geklim en ʼn gedig waarin hy die president herhaaldelik uitjou, geskryf, op video voorgedra en op YouTube gelaai. Klik hier om die video te sien.

Bron: SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jayare ·

Ag shame – as jy nie meer verskonings het nie, dan beledig jy maar die mense, soos ons “vuil stem” aanmerking.

AmY ·

Hy gaan stemme verloor op die manier. Hy is eintlik die grootste blik. Nes sy ‘eks-kammarade’ Julius Malema.

Rena Brown ·

Meneer Zuma, jy kan nie die leë blikke verkwalik nie. Hulle het eens op ‘n tyd vir jou gestem, maar nou is jou druiwe suur, omdat hulle oë begin oopgaan het. Jy het geen ander keuse as om maar soos ‘n eerbare man uit te stap nie, want jy is nie die man wat Suid Afrikaners soek nie. Jy stel nie ‘n voorbeeld nie, dus is jou tyd om!

J BLOM ·

Wel nou wonder ek wie is regtig ‘n lee blik veral met net ‘n standerd 3 geen wonder hy en die ANC dink almal moet hom aanvaar as Mnr die geagte president nie.Hy moet egter onthou respek word verdien en kan nie op iemand geforseer word nie.

Babs ·

Die geraas wat hy hoor is die pitte wat rondval in die lugleegte bokant sy oê waar sy brein moes wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.