Zuma probeer aanspreeklikheid vermy, sê DA

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma poog om aanspreeklikheid te vermy in sy antwoord rakende die R246 miljoen se opgraderings aan sy Nkandla-woning, sê die DA.

“Sy antwoord ondermyn nie net die openbare beskermer se bevindinge nie, maar dit is ook ‘n poging deur die president om as regter en jurie op te tree in die saak,” het Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, in ‘n verklaring gesê.

Zuma het Donderdag sy antwoord by die speaker van die parlement ingedien.

Mmusi sê om te vereis dat die minister van polisie, wat aan die president self rapporteer, moet bepaal hoeveel Zuma moet terugbetaal is “blatant skandalig”. Maimane sê Thuli Madonsela, openbare beskermer, het reeds bepaal dat Zuma ‘n “redelike persentasie van die kostes” moet terugbetaal.

Maimane sê dit is ook onduidelik of Zuma, soos aanbeveel deur Madonsela, die betrokke ministers berispe het oor die “gruwelike wyse waarop staatsgeld misbruik is”.

Maimane sê die DA sal nie toelaat dat Zuma “skotvry” daarvan afkom nie.

Hy sê Baleka Mbete, speaker van die parlement, moet dringend ‘n ad-hoc komitee aanstel om Madonsela se verslag en Zuma se antwoord te oorweeg.

“Ons sal eis dat die president self voor die komitee moet verskyn om te verduidelik en te getuig.”

Zuma het onder meer in sy antwoord aanbeveel dat die ministers in die veiligheidsgroepering en die minister van openbare werke aan die kabinet verslag moet doen oor hul rolle en verantwoordelikhede rakende die president, adjunkpresident en voormalige presidente en adjunkpresidente se veiligheid.

Hy het ook aanbeveel dat die minister van openbare werke dringend aan die kabinet verslag moet doen rakende die hersiening van die protokol en prosedures ten opsigte van verkryging, uitgawes en die toesighouding wat van toepassing is op prestige- en verwante projekte.

Lees ook:
Zuma antwoord op Nkandla-verslae

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa ·

So gedink. Hy sal die verantwoordelik verskuif en dink enige iemand nou hulle sal teen hom draai. Bollie man! Hy gee vir hulle werk en sekuriteit. Dink hierdie mense regtig ons is blerrie ape !!
Zuma is so skuldig soos al die ander saam met hom maar hierdie gaan net soos vele ander sake ‘n stille dood sterf. Weereens gaan hulle regkry wat hulle wou en kos uit armes se monde vat – maar dis mos niks solank hulle die soustrein kan ry en lekker lewe is die saak 100.

Bernize Burger ·

Ek kan ni glo dat ons wat veronderstel intelligente mense te wees, toelaat dat Zuma ons so aan ons neuse rond lei ni! Waar is ons partye wat veronderstel is om ons sake in di parlement te behartig?

william ·

In Afrika is diktators ,presidente en ministers verhewe bo die wet. Zuma is onaantasbaar. Hy het n hele netwerk wat hom beskerm. Hy is nie n leier nie want sy gedrag kan nie n voorbeeld wees vir ander nie. Hy sal weer lieg en bedrieg en korrupsie pleeg.

anet ·

Ons kon mos maar geweet het dat Zuma ‘n verskoning sal he. Hulle het nou die Argitek uitgewys
as die sondebok, en nou is Zuma onskuldig, net soos destyds met die Verkragting saak, hy was onskuldig want die vrou het hom verkrag, dan is daar ook nog die wapen skandaal, so kan ‘n mens maar opnoem en die lys word al hoe langer.

selfbeskikking ·

Wat kan ons as Afrikaners doen? Wat gaan jy doen? Gaan ons as Afrikaners hierdie tipe van korrupsie verder toelaat of iets daaromtrent doen. Daar word reeds ‘n agste paleis deur dieselfde argitek beplan vir die zulu koning, en ons as belastingbetalers gaan aanhoudend vir hulle luukshede betaal. Daar word reeds teen ons as Afrikaners gediskrimineer, dus is ons REEDS uit die ekonomie weggelaat en ons is gelukkig as ons nou en dan ‘n werkie kry, en dan voel sommiges weer gelukkig. Daar is reeds sowat 800000 Afrikaners in nedersettings en plakkerskampe, hoe lank voor dit by die miljoen uitkom? Daar was onlangs besluit 250000 uit Zimbabwe se werkers mag hier aanbly, dus mag immigrante hier woon en werk, maar ons mag nie. Dus is ons enigste pad: Eksterne selfbeskikking, die waarborg vir werksgeleenthede, en dat onteiening nie plaas sal vind nie.

Eben ·

Goed uiteen gesit, Wat kan ons doen? Wat kan EK doen? Ons almal skree as nog n sinnelose moord verskyn ‘dis genoeg’! Maar steeds word dit gedoen want ons kan niks doen. Ons kan skree weerhou belasting …. maar hoe? Gaan jou werkgewer dit doen? Nee hy sal nie want die werkgewer word beboet op die einde van die dag. Nee wat, ons is letterlik gespyker ….

Theresa ·

Ek stem saam met julle. Ek sien my kommentaar is verwyder maar dis soortgelyk aan julle sin. Bly om te sien daar is nog mense wat al hierdie goed raaksien en ook voel dat die publiek as idiote met geen IK aangesien word.

marianna ·

As die blanke bevolking begin om nie meer persoonlike belasting betaal nie
sal die regering miskien begin wakker skrik

Chrisjolus ·

No1 ontmasker ? neewat julle kan maar raas en blaas oor hierdie Nkandla storie tot die hane kraai
in daai smart hoenderhok
Die spreekwoordelike van wie jy ken en nie wat ons weet is van toepasing hier .
Zuma het sy ANC kader linies klaar opgestel en hulle gaan die geveg namens hom veg .
Kom ons kyk wie is reg .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.