Zuma: ‘Radikale ekonomiese transformasie is die kern’

Die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg tydens die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg tydens die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê die ANC is optimisties dat Suid-Afrika vanjaar ʼn behoorlike ekonomiese groeikoers sal bereik, ten spyte van die stadige herstel van die wêreldekonomie.

Hy het duisende ondersteuners by die Orlando-stadion in Soweto toegespreek tydens die ANC se 105de verjaarsdagvieringe. Volgens Zuma het Suid-Afrika se ekonomie baie vordering gemaak wat die uitwissing van armoede, werkloosheid en ongelykheid betref voor die globale krisis in 2008, toe die ekonomie in hierdie tyd met ʼn gemiddeld van 4% per jaar gegroei het.

Zuma het gesê aangesien die wêreldwye ekonomiese herstel sedertdien “baie onstabiel”  was, het dit ook op Suid-Afrika ʼn negatiewe uitwerking gehad. “Beleggings in die privaatsektor is baie laag, veral in ontwikkelende lande. Handel tussen lande het afgeneem. Groei in Afrika suid van die Sahara het na raming tot 1.4% gedaal in 2016, vanaf 3.4% in 2015. Die ANC is optimisties dat ons die 2017-groeivooruitsig van 2.9% sal bereik.”

Hy het gesê die ANC is bemoedig deur die onlangse verhoging in kommoditeitspryse en is relatief vol vertroue dat die mynbedryf in die nabye toekoms ook sal verbeter. Die ANC verwag om ʼn verhoging in produksie en groei in werkskepping te sien. “Ons sal seker maak myngemeenskappe trek voordeel uit mynbedrywighede in hul gebied en die ANC stel voor dat alle belanghebbendes saam praat oor hoe die voordeel effektiewer aangewend kan word om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder.”

Foto: Twitter via @MYANC

Foto: Twitter via @MYANC

Die president het gesê grond, gesondheidsdienste en onderwys is van die noodsaaklikste hefbome wat gebruik moet word om lewens te verbeter en vooruitgang te bewerkstellig. Volgens Zuma sal die ANC in 2017 die Wet op Onteiening gebruik om grondhervorming en die herverspreiding van grond vinniger en met meer dringendheid toe te pas.

“Ons grondhervormings- en herverspreidingsprogramme het meetbare sukses getoon, maar tog is daar nog te veel van ons mense wat onder die historiese ongeregtighede wat gepleeg is deur afskuwelike onteienings ly,” het hy gesê.

“Suid-Afrikaners het gesê ons moet die ekonomie laat groei sodat werk geskep en die grond teruggegee kan word aan ons mense. Ons het ons mense gehoor en radikale ekonomiese transformasie is steeds die kern van ons ekonomiese strategie. Beslissender stappe moet en sal geneem word om groter ekonomiese insluiting te bevorder en swart mense se eienaarskap, beheer en ware leierskap oor die ekonomie te bevorder.”

Zuma het verder gesê die ANC is steeds toegewyd daaraan om ʼn behoorlike en menswaardige loon vir almal in te stel en is bemoedig deur huidige gesprekke oor die voorstel van ʼn minimumloon van R3500 per maand. “Dit is nie ʼn leefbare loon nie, maar dit is ʼn beginpunt en geen werkgewer mag sy werkers ooit minder betaal nie. Ons moedig Suid-Afrikaners aan om deel te neem aan die gesprekke om ʼn konsensus te bereik oor die uiteindelike bedrag van die nasionale minimumloon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jan ·

Jig, maar dit gee weer die blankes pak, jy gee voor dat als in hul hande is, maar is als nie in jou en die Guptas se hande nie?

Ons kan gerus laat waat met ‘ For they are jolly good fellows, for they …… ‘ (In Afrikaans, ‘hulle is sulke lekker kêrels, want hulle is sulke lekker kêrelllllllllls … hehehe … kêrels.)

jaco ·

BLACK economic empowerment, maar die Guptas wat Indiërs is en dus eintlik “not black enough” kry al die lekker staatskontrakte. Hoe verklaar Zuma dit???

Smooth Talk ·

Smooth talk! Hy glo homself en die een wat sy vertoon praatjie geskryf het ook. Minimum loon R3500 maak nie saak watter beroep nie. Lagwekkend. Die werkgewer moet net aanpas. As die werknemer in nood is en het nie kos om te eet en het nie geld vir vervoer en om sy vele finansiele verpligtinge na te kom nie wie help hom of haar? Natuurlik die werkgewer!!!! Nie mr Sweet Talk nie! Ag word wakker mr Sweet Talk jy is so ver verwyder van die werklilheid jy glo jou eie versinsels.

DG ·

Hier kom groot moeilikheid, as ons eers radikale grond hervorming begin beleef sit ons in Zim 2. Te min kos, en die Rand gaan in sy kanon in val. Is daar niks om ons liewe president te help om bietjie wysheid te bekom nie. Die gaans wat die goue eier le se kop word nou finaal afgekap met hierdie idiotiese stap. Hoe gaan grond herverdeling die ekonomiese groei bevorder. Dit verdeel net die koek anders, en gee die hulpbronne aan nie-produserende boere. Dalk sal die nuwe boere kan produseer na ‘n ruk, maar enige radikale aksie gaan ‘n radikale reaksie tot gevolg he. Niemand het nou radikaal nodig nie. Dit is omdat ons liewe presedent met sy handjies in die koekieblik gevang is, nou het hy groot afleidings taktiek nodig. Sy enigste slotsom is blameer weer die blankes, en steel hulle grond en gee vir onbevoegdes, dan vergeet almal hoeveel hy gesteel het.

Lance ·

Niemand wil hier belê agv wat jy se en waarvoor jou anc party staan ….waneer besef jy dit nou eendag. Jy het beleggers NODIG sodat daar meer geld is om al jou planne tot uitvoering te bring. Sodra jy meer beleggers kry is daar meer werk meer belasting en dinge raak positief en meer mense begin belê. Maar met net n std 3 kan mens seker verwag dat geld aan bome groei !

De Villiers ·

Die ou retoriek, blameer eerstens almal behalwe die ANC self vir die land se swak ekonomie en beleggingsvertroue. Tweedens, stel onrealistiese verwagtinge aan die ondersteuners. Derdens, maak weereens belaglike uitsprake wat eintlik teen ekonomiese groei werk. En laastens sit jy met ‘n massa ondersteuners wat alles werklik glo en vir soetkoek opeet. Verloor-verloor situasie.

Ww ·

Eerstens word die grond nie oorgedra dra na eienaar so ook huise dit bly die staat se eiendom tweedens hoeveel grond is reeds in swart besit ook huise en hoeveel is produktief nie net self onderhoudend nie kan SA Agri ons antwoord asb dankie

Chris -Natal ·

Die ANC en hul president herinner my aan ‘n whisky advertensie van jare gelede, “The talkers and the do-ers [sic]’,ter wille van almal het ek maar die whisky verkeerd gespel. As ‘n mens Gr 5 met moeite geslaag het, hoesal jy ooit die Ekonomiese kragte verstaan. sela

Liza ·

Net Whiskey wat van Skotland af kom word so gespel. Die res van die wêreld is Whisky.

John ·

Terwyl dit Sondag is, kan ons miskien na die Bybel verwys en na die ryke dwaas wat so vol van homself was en uit gierigheid sekere verdere grootdoenerige uitbreidings beplan het. Maar die Hemelvader het Sy Voet neergesit. Die Afrika-liedjie wat so selfvoldaan lui ‘God bless Africa’ klink soos ‘n opdrag, sonder ‘n nederige asseblief… Ons almal moet die Vader dien.
Die ANC is nie ‘n uitsondering nie…

Johanna Botha ·

In zim was die grond gevat …gaan kyk vandag wat daar is …..NIKS !

Divvie ·

Hier staan verskeie plase leeg na grondeise toegeken is want die boere aan wie dit toegeken is het nie die geld en toerusting /implemente om te boer nie. Dis deur die uitgaande boere aangebied maar was kastig te OUD. Maar die boere het nou nie oesmasjiene nie ens om vlg maand die oes in te bring nie. Nou hoe nou? beloftes beloftes en niks gebeur nie., Dan wil hulle nog wit grond terugvat. Om wat mee te doen.

Chris Ws ·

Al ons kommentare is niks werd nie.Zuma lieg kliphard vir sy ondersteuners ten eiende stemme vir die anc te bekom in die volgende verkiesing.Hy gaan maak wat hy wil ongeag die gevolge vir die land en sy mense.En hy gaan werk skep?Dis die soveelste uitlating oor die onderwerp en geen werke is geskep nie ,inteendeel duisende werksgeleendhede het in sy termyn as staatshoof VERLORE gegaan.En SY eie ondersteuners is te onnosel om te sien wat vang hy regtig aan!

Arie ·

Ek glo werklik dat Mnr Z se transformasie uitsprake duidelik daarop gemik is om van die blanke burgers van die land tweede klas inwoners te maak.
Ek kry sterk die gevoel dat die maatreels wat hy wil in stel steeds op die grootste bevolkingsgroepe in die land gerig is en beslis nie tot voordeel van die blankes nie.
Die blanke element van die bevolking bestaan gewoon nie in sy denke nie en so “we will kill the goose that lays the golden eggs”.
Hy beweer tog dat die Duitse die Duitse ekonomie beheer. So ook die Braziliane in Brazilie die Russe in Rusland en so meer, en so meer, en so meer.
Dan moet die RSA se ekonomie mos deur Afrikane (nie Suid-Afrikane nie) beheer word. (DROGREDENASIE)
Sy grootste planne is gebaseer op belastinginkomste. As die gouer eiers (belastinggelde) nie meer ontvang word (nogal van hoofsaaklik die blankes) waar mee gaan hy sy grandiose ontwikkeling planne finansier.

Jan ·

Met so ‘n brein sal hy dit verkondig en sy aanhangers sal hom glo.

Jordaan ·

Reeds tweedeklas burgers, kyk net na dubbele standaarde oor munispale regulasies, BEE wetgewing ens

snoefie ·

ja swser ek is seker al die presidents se ou skoene sal nie syne ka. volstaan nie. plaas van moefig hy “sy mense” aan om ‘hulle ‘ grond TERUG TE KOOP van die wit mense.

Ou Krimpvarkietjie ·

ANC “leierskap”, hiermee ‘n uitdaging aan u: Publiseer onverwyld Suid-Afrika se nuutste opdateerde Gantt-kaart vir projek “#BouSuid-AfrikaVreedsame SuksesLandVirAlSyInwoners”

En verduidelik aan al die ongeskooldes wat is ‘n Gantt-kaart.

erica ·

ek wonder nou net.as pres zuma net graad 5 het hoe het hy die werk gekry want oralste waar jong mense aansoek doen vir werk vereis hulle graad 12.met ander woorde daar mag nie meer gediskrimineer word teen mense wat nie graad 12 het nie,as zuma dit kan doen en n land regeer kan enige een dit doen.se maar net.

Jordaan ·

Kan niks self doen nie, dus wil hy net gryp wat ander gebou het

Frans C ·

En geen woord oor die 90 tot 95 % mislukkings waar grond teruggevat is nie.Almal blameer
voedselinflasieas ‘n bydraende faktor tot inflasie, maar niemand trek ‘n verband tussen grondhervormingsmislukkings wat gelei tot kleiner aanbiedings van voedsel en stygende pryse nie.

Isabel Swanepoel ·

Dit beteken vir die blankes net een ding: groter marginalisering en armoede. Daarom moet ons betrokke raak by Organisasies wat die belange van ons volk op die hart dra.

Ou Erdvark ·

Ons as Afrikaners moet ons beperkte tyd, energie en bates fokus op die toekoms van ons eie jeug. Maar ons moet ook in vrede, liefde en geregtigheid met ons nasiegenote probeer saamwerk en saamleef. Maar ons moet besef dat die Afrikaner volk ‘n klein volkie is en dat ons nie die hele wêreld se probleme kan gaan probeer oplos nie. Daarom is dit baie belangrik om betrokke te raak by die aktiwiteite van burgerlike organisasies wat streef om die belange van die Afrikaner en geregtigheid te bevorder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.