Zuma reageer op klagtes by MRK

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Na ʼn uitgereikte stryd en verskeie klagtes het die VF Plus daarin geslaag om die Menseregtekommissie (MRK) sover te kry om pres. Jacob Zuma tot verantwoording te roep weens moontlike haatspraak teen wittes.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het verduidelik van die klagtes handel onder meer oor Zuma se uitlatings in Januarie verlede jaar dat die land se probleme begin het met die aankoms van Jan van Riebeeck.

Nadat pres. Zuma ʼn sperdatum van die MRK verlede jaar verontagsaam het en die MRK niks daaraan gedoen het nie, het die VF Plus die kommissie ingevolge die Paia-wet gedwing om inligting te verskaf oor waarom daar versuim word om teen die president op te tree. Die ondersoek is toe weer geaktiveer.

“Die MRK het die sperdatum tot 31 Julie vanjaar geskuif, en het vandag bevestig dat pres. Zuma nou wel op die klagtes geantwoord het,” het Alberts verduidelik. “Die kommissie wou egter nie die inhoud van die antwoord bekend maak nie, en het gesê dit sal later gedoen word.”

Alberts het gesê ná die lang stryd met die MRK, wat die indruk geskep het dat hulle nie bereid is om teen Zuma op te tree nie, is dit jammer dat die kommissie nou, ʼn dag voor die verkiesing, die president oënskynlik verder beskerm deur nie die inhoud van sy antwoord bekend te maak nie. “Die VF Plus het aangedring op die antwoord waarop ons geregtig is, maar die MRK volhard met sy antwoord dat dit eers later gegee sal word.”

Hy het bygevoeg dit is kommerwekkend dat die MRK toenemend die indruk skep dat hy nie bereid is om, soos die openbare beskermer (OB), sonder vrees of vooroordeel sy mandaat as ʼn Hoofstuk 9-instelling met grondwetlike pligte uitvoer nie. “Die VF Plus se siening is dat alle burgers wat oortree, oor dieselfde kam geskeer word. Tog is dit duidelik nie die geval nie.

“Mense soos Sunette Bridges en meer onlangs Penny Sparrow is vinnig tot verantwoording geroep oor rasse-uitlatings. Buiten die optrede teen pres. Zuma nou, is daar steeds niks gedoen aan grondige klagtes teen onder meer EFF-ondersteuners wat mense openlik aanhits om wittes te vermoor nie.

“Die VF Plus sal onverpoosd voortgaan om druk op die MRK plaas om sy werk behoorlik te doen en om streng teen alle oortreders op te tree, ongeag hul velkleur,” het Alberts afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Anti DA ·

Dankie VF + dit is hoekom ek more vroeg vir julle gaan stem.

rudi ·

Die DA voer dieselfde modus operandi want hul nuwe ondersteunings basis is presies soos die ANC. Hul word getransformeer in die ANC. As mens die renoster wil beskerm of skoon water wil he sal mens maar soos in die verlede in n minderheid moet vet want die meerderheid soek ALLES MAHALA

Klaas ·

Gjorgi, die regte uitdrukking is: “stil soos die graf”. Maar miskien is die DA so slim soos die houtjie van die galg!

Marietjie ·

Stem lankal vir julle en gaan more weer. Dankie julle ons waardeer julle baie.

Frik Lotz ·

Goed gedoen deur VF Plus. Net meer redes om VF Plus te stem en die party sterker te maak.

Lance ·

Die man wil nie nasie bou nie …hy verdeel breek en steel !

Johann ·

Die MRK is niks anders as n handpop van die Zuma kliek nie. Sing en dans NET as dit tot voordeel van dieselfde kliek is; en tot nadeel van regsgehoorsame individue wat durf n mening lug…

Tong innie kies ·

Hoe dan anders verwag as jy vir Wolf skaapwagter maak?

Johann ·

MRK…handpoppe van die Zuma speelgroepie. Een sing en dans net as die Hoof Hofnar so se. Verstaan duidelik nie hoe en waar die definiesie van “regte” op alle mense toepaslik is nie. Mags spel sirkus toerkies. Nevermind wat die MRK se….wat het Zuma verdernkwyt geraak?

Izak ·

Hulle wil niks sê tot na die verkiesing, ek dink dit sou die stemme benadeel?

Rapes ·

Hulle en die hoofnar is kop en een. Dit is hoogtyd at die gemors in die bek geruk word.

Tinktinkie ·

En na more is die VF+ so stil soos die graf!! Net Afri-forum en Solidariteit veg hierdie sake en wen dit!!! VF+ het d afgelope 2 maande hulle bes gedoen om lugtyd te kry met sakies soos hierdie …. waar was hulle die afgelope 4 jaar??? Ag nee wat ….. net nog n publisiteitsfoefie ….. bietjie laat sou ek skat!!!

Pieter ·

Tinktinkie, die VF+ (‘n politieke party), Solidariteit (‘n vakbond) en Afriforum veg almal aan dieselfde kant, elkeen met sake wat spesifiek op elke onderskeie terrein hoort – wees dankbaar vir elkeen se aandeel. Dis uiters onvanpas en misplaas om hulle teen mekaar op te weeg en te verwag dat hulle werk noodwendig moet oorvleuel. Baie dankie aan aldrie instansies vir wat julle doen waar dit saak maak! Doet zoo voort!

Jan maak n Plan ·

Tinktinkie jys reg, die VF+ maak nou eers so paar golfies maar na vandag raak hulle weer stil. Pieter ja in n mate is jy ook reg, Solidariteit, Agriforum en die VF+ baklei aan dieselfde kant maar die VF + baklei nie saam nie. Hulle het nie naastenby soveel sake soos die ander twee nie. Sodra die VF+ saam met Agriforum en Solidariteit in die bed klim sal dit met die VF+ ook baie beter gaan.

Berner ·

Pieter, dit sal help as al die bevelvoerders en troepe wat aan die selfde kant veg weet van mekaar en aanvalle koordineer. Anders is dit alles ,n gejaag na wind. Berner

Sarie ·

Dis Afriforum en nie Agriforum nie. Ek stem vir die party wat vir minderheidsregte opstaan. Hulle kry min dekking in die media maar hulle veg dwarsdeur die jaar vir minderheidsregte. Ek kan dit net nie oor my hart kry om vir n party te stam wat staan vir RA, aborsie en wat nie omgee vir my taal nie. Hulle leier gebruik ook die raskaart ek apartheid as n verkiesingswapen.

Eugene ·

Stem saam Tinktinkie. Die enigste hoop wat die VF+ vandag het is om dalk die 0.9% stemme wat hulle in 2014 gekry het op te stoot na 1.1%. Rerig geen faktor nie.

Arina ·

Eugene, dinamiet kom in klein pakkies, en dit wat die Vf+ al vir ,minderhede gedoen het is meer as die ander partye. Deur hul sterker te maak en vir ‘n slag saam te staan as volk, kan ons hul net sterker maak. Kom ons kry ons huis in orde en begin as volkie saamstaan, want dan sal ons wondere kan verrig. Stem VF+, behalwe as jy ‘n liberale hensopper wil wees

Arina ·

Wel die VF + baklei vir die spoorweë pensioenarisse, terwyl die DA soos die graf daaroor swyg. Die DA was ook gou om voor Kleinfontein te gaan betoog, sonder om eers die werklikheid oor die nedersetting vas te stel vooraf . Die slag stem ek VF + darem sal hul leier nie met ‘n judas kis probeer vlerksleep by ander wat nie na ons mense se regte omsien nie

Eugene ·

Arina ten minste kan jy vandag na jy jou kruisie getrek het praat van my leier en nie hul leier nie. Ek is miskien liberaal maar definitief nie n hensopper nie. Daar is net 2 partye wat tans groei en jy sal dit more in die uitslag sien en dit is die DA en EFF. Met slegs 0.9% van die die stemme in 2014 kan die VF+ dalk groei na 1.1%. Die DA verteenwoordig juis ook minderheidsgroepe dit is hoekom 90%+ juis vir hulle stem!

Anti DA ·

Eugene in watter land bly jy waar die DA minderheidsgroepe verteenwoordig hulle ondersteun diskriminerende wette teen minderheidsgroepe in die land waarin ek bly.

Verdien ·

Ek het verhuis en is nou 500 kilometer van waar ek geregistreer is. Ek het nie geweet of ek so ver moet ry om te gaan stem nie. Maar vir ons toekoms en die belangrike werk wat die VF Plus doen het ek vroeer vanoggend in my kar klim en begin ry, want die VF Plus is hierdie vêr rit werd.

Koos ·

Enige persoon wat vandag vir die DA stem moet onthou wat gebeur het toe hulle vir kortbroek se NP party gestem die selfde lot wag op julle na die verkiesing

snoefie ·

vertel ons wat het gebeur koos. ou korbroek, marthinus was n lion van dienp niks anders. dis nou, as my geheue my nie heeltemal faal nie.

Grap ·

Ek stem VF+ ek weet ons kan nie die verkiesing wen nie maar die DA sal moet hulp vra om beheer te vat en ten minste sal daar na die huidige benadeelde minderheid se belange omgesien word.

Eugene ·

Anti DA baie lekker hier in die Kaap! ORANIA en Kaapstad is mos deel van Ons land? Verdien veilig ry 1000 km is nogal ver!

AG ·

Hierdie zuma skepsel lyk nie verniet soos ‘n skilpad wat sy dop verloor het nie.
Mooi VF+ jaag die skilpad!!!!!

hans ·

Tog vreemd hoe vinnig Me Momberg in die hof verskyn het. Een tv stasie het n minute lange insetsel oor haar hofverskyning gehad,maar in die verlede wanneer n ander bevolkingsgroep betrolle was dit nie eers genoem nie.

KarooKlong ·

Gaaaaaaaaaap,
dit reen sag en deurdringend. Oom John se vrou het beskuitjies en koekies dorp toe gestuur en ek is in “auto pilot mode”. Voorspoed aan almal en mag die beste span wen.

Maria van Dieweeck ·

Zuma moet verskoning vra en n boete betaal! Nes die res. As dit nie vir oom Jan was nie sou Nkandla net n modderhut gewees het en sy fyahpool n droom onder n boom. Arrogansie en selfsug, met een tamaaie dosis afguns en jaloesie, n mengsel wat hom dronk maak en in die luim kry om te haat en dit aan te blaas. Vrees, kan nogal n goeie teenfoeter wees. Sorry malumi Jan ne! Hehehe

snoefie ·

spul liggelowiges. die vf+ het die aanklag teen hom gele tog was hulle nie daar om aan te hoor hoe hy homself daarteen regverdig nie. was hy REGTIG daar? hulle het tot na die verkiesing nodig om sy antwoord op die aanklaf te fabriseer.

Dirk Breytenbach ·

En soos baie ander instellings van die staat wat veronderstel is om ons regte in die land te beskerm is die MRK tandeloos en word dit gebruik vir ANC se gerief om selektief op te tree. Hou maar die howe fyn dop waar dit word duidelik is dat uitsprake nie meer so onafhanklik is as wat dit lyk nie. Dis tyd dat die een miljoen Afrikaners in die land besef dat ons regte slegs op papier bestaan en dat ons vir ons eie voorspoed en veiligheid verantwoordelik is. Die regering het ons lankal afgeskryf, Dankie aan die Solidariteit Beweging en Afriforum wat verantwoordelikheid geneem het vir ons en ander minderhede se regte!!!

sarie van heeden ·

Ag los vir ou Zumpie dat hy met sy klomp vrouens speel vir die laaste ruk wat hy nog as “leier” van die volk is. of ons dit wil weet of nie. Die ou man het ‘n sterk magsbasis wat hom ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.