Zuma reageer op Konstitusionele Hof-uitspraak

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: PHILL MAGAKOE/AFP)

Die Jacob G Zuma-stigting het die Konstitusionele Hof se uitspraak waarin die oudpresident tot 15 maande tronkstraf vir sy minagting van die hof opgelê is, as “geregtelik emosioneel”, driftig en nie in ooreenstemming met die Grondwet nie beskryf.

Volgens die stigting is hy steeds besig om die uitspraak te bestudeer waarna ʼn besluit geneem sal word oor wat om te doen.

Die stigting sê hy en Zuma is heeltemal bewus dat die Zondo-kommissie ingestel is om ʼn baie belangrike en ʼn taak van onskatbare waarde vir die land te verrig. “Dit bly egter ʼn statutêre liggaam wat net die magte het wat die wetgewende liggaam aan hom verleen het. Ons howe (insluitend die Konstitusionele Hof) is verplig om die Grondwet te handhaaf en te beskerm en reg te laat geskied aan alle persone sonder vrees, guns of vooroordeel, in ooreenstemming met die Grondwet.”

Zuma het nog nooit geglo hy is bo die wet verhewe nie en eerder nog altyd daarop aangedring dat hy soos enige ander burger behandel moet word en dat sy reg op gelyke beskerming van die wette gerespekteer en beskerm moet word, lui die verklaring.

Die stigting gee toe dat Zuma al sy twyfel uitgespreek het oor die wettigheid van die Zondo-kommissie, die bevooroordeelde wyse waarop dit bedryf word, en die feit dat dit omskep is in ʼn “slaghuis” en ʼn forum waar allerlei ongegronde en lasterlike bewerings teen hom gemaak is.

Zuma het versoek dat adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, homself onttrek omdat hy partydig is. “In stede daarvan om ʼn wettige geregtelike hersieningsproses in die hooggeregshof te laat ontvou, het Zondo die hofhersieningsproses geïgnoreer en ʼn dringende aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om Zuma minagtend te hou ondanks die uitoefening van sy regte op toegang tot die howe,” lui die verklaring.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Dit is volgens Zuma ook nie ʼn kriminele oortreding om ʼn dispuut met ʼn administratiewe instelling soos die Zondo-kommissie te hê nie. Hy voer aan hy het ʼn geregverdigde meningsverskil met Zondo gehad en dat hy stappe gedoen het om die dispuut deur die hooggeregshof te laat beredder.

Zuma se weiering om gehoor te gee aan ʼn bevel wat hy as ongrondwetlik beskou het, kan nie as “moedswillig of mala fide (in kwade trou)” gesien word nie. “Hy het in goeie trou opgetree en probeer om die oppergesag van die reg te handhaaf.”

Die stigting het gesê die Konstitusionele Hof se meerderheidsuitspraak waarin aangevoer word dat Zuma die hof aangeval het, is vals. “Die meerderheid regters se karakterisering van Zuma skets ʼn prentjie van ʼn paneel regters wat baie kwaad is. Ons stem saam met die ander regters wat gesê het dat die meerderheid regters teenstrydig met die oppergesag van die reg opgetree het.”

Volgens die stigting moet die land se howe sonder vrees, guns of vooroordeel funksioneer en is geen regter bo die wet verhewe nie. Howe moet ten alle tye onafhanklik en sonder vooroordeel optree, met onvermoeide getrouheid teenoor die reg.

“Dit het nie in die Konstitusionele Hof gebeur nie, soos blyk uit die jongste uitspraak. Die minderheidsuitspraak bevestig dat die meerderheid regters die Grondwet en hul ampseed oortree het. Dit is so omdat die howe die finale arbiters is oor die betekenis van die Grondwet en die reg, ʼn hoë plig wat uitgevoer moet word sonder werklike of vermeende vooroordeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Elize ·

As hy soos enige ander behandel moes word was hy al lankal gebere.

Chris dupreez ·

Ek kan verstaan as die man so redeneer, hy het immers nie ver gekom op skool nie, maar dat sy regspan so redeneer gaan my verstand te bowe.

andre ·

geld wat stom is,belastingbetalers geld, maak reg wat krom is

ES ·

Chris, dit is wat ek ook nie kan verstaan nie, sy regspan is een van die bestes wat geld kan koop. Hulle het seker gedink hulle kan hand om die blaas met die regter wees maar toe is dit nie die geval nie.

My siening ·

Die outjie met die af vinger is seker die swasie koning wat by zuma geleer het. Af duimpie sê jou sê of is jy n stil lafaard!!

Schalk ·

Die Zondo sirkus is dan juis om sy en die kaders se korrupsie na vore te bring?

Anel ·

Hy kan nou nie maar stil bly en maak soos vir hom gesê word nie? Hy is een van die grootste misdadigers en hoort in die tronk. As hy nie daar wil wees nie, gaan gooi hom om ‘n verlate eiland iewers af dat hy vir homself kan sorg. Daar kan hy maar maak wst hy wil. Hy het dan gesê hy sal tronktoe gaan? En nou dat hy moet, skop hy soos steeks donkie vas! Moeg vir sy gesanik.

DIABLO ·

Bla Bla BLa! Gehoorsaam dan asseblief die Grondwet en PAY BACK THE MONEY!!!!

RS ·

Dis nou pure snert uitryg om steeds sy nonsens te regverdig. Jy is skuldig en klaar. Gaan tronk toe en dien jou tyd soos alle ander krimienele. Wys dan dat jy nie jouself bo die wet ag nie.

Leana ·

Hy kan nie eers lees nie, so hoe lank gaan dit hom vat om deur die dokumente te gaan?

Deon ·

Hy kan nie net “voel” of “dink” iets is nie reg nie en dan dit ignoreer nie…. Ek voel dis nie reg dat Zuma so kat en muis met die regbank speel nie…. Maar sy “kat en muis” speletjie is 100 persent in sy regte tot op n punt. Ek dink dit is tyd dat die media net hoogtepunte van Zuma begin dek…. Bv hy was in die hof vandag. Hy het aangemeld vandag, nie wat sy seun se en wat sy oom anderkant die bult by nkandla kwytgeraak het nie, al hierdie nonsens hou hom relevant en dit is letterlik nonsens wat hom relevant hou… Sluit hom toe en hou op onnodige berigte oor hom skryf

Anoniem ·

“Soos ander behandel word” spreek boekdele. Dit beteken in hul taal, maak wat jy wil want jy is verhewe bo die wet solank jy vir die ANC stem

Jakes ·

Sal graag wil weet wat het die Zuma stigting tot dusver gestig? Zuma moet eerder vir sy regspan gaan vra of hulle bevoeg was om hom te verteenwoordig? Beter dat hy nou solank gaan oefen om tronkstraf uit te dien want wanneer sy ander sake afgehandel is sal hy baie lank iewers moet gaan uitspan in n oranje pak.

Dirk Mostert ·

Wat kos die Zuma stigting? Hy het dan nie geld om sy huis of hofkoste te betaal nie.

Riaan ·

Zuma wil in die hof soos elke ander burger behandel word … En aan die ander kant, staan daar duisende mense wat wens hulle kan in ‘n hof behandel word soos wat Zuma behandel word.

Jack ·

As hy soos elke ander burger behandel wil word moet hy nie verwag dat die belasting betalers sy regskoste betaal nie. Hy het letterlik miljoene belasting betalers geld gemors met al sy ge-appeleerdery. Ek is vrekbang om hof toe te moet gaan want ek sal bankrot anderkant uitkom al wen ek my saak. Maar dis maklik vir enige iemand om te litigeer as hy nie regskoste te hoef betaal nie.

Jack ·

Ja, maar nie vrywillig nie. Die ANC het al die jare gespog hulle sal korrupsie nie duld nie en die manewales van die kaders het die teendeel oor en oor bewys. Om bietjie aansien terug te wen is die Zondo kommissie aangestel teen Zuma se sin. Dis my groot plesier dat die ZK nou juis vir Zuma aan sy agterend gebyt het. Maar dis ook vir die ANC ‘n hengse verleentheid dat Zuma tronk toe moet gaan. Hulle het hom agt jaar teen mosies van wantroue beskerm. Wat sê dit van die ANC as organisasie? Hulle is moreel bankrot.

Pieter ·

Dit is hoekom ou cele vir jou gaan kuier het. Alles was klaar beplan ou cele het vir jou kom se presies hoe dit gaan werk. Julle anc kommuniste dink ons is dom.

Jack ·

Jy is waarskynlik reg. Cele wou weet hoe sy sel uitgeverf moet word, watter geriewe hy wil hê ens

Heinrich ·

Okay so verstaan ek hierdie reg:
Zuma word beskuldig van korrupsie en en eis sy dag waarin hy homself kan verdedig op ‘n amptelike platform.
Platform word gestig in die vorm van Zondo en hy weier om homself te gaan verdedig op die amptelike platform wat dan net vir hom gestig is.
Iets is nie lekker met daai logika nie.

Samuel ·

JZ sal nie die binnekant van die tronk sien nie. Sy kaders sal daarvoor sorg en nou sê ANC al klaar dit is ‘n moeilike situasie. Pffft

Jack ·

Wat ook al gebeur, dis vir die ANC ‘n verloor-verloor situasie. Ramaposa mag dalk die skermutseling gewen het maar die ANC het die veldslag verloor.

LANA is ELANè ·

As die perde horings gegroei het………. Tra la la

Nie Verbaas ·

Zuma het van die begin af geweet hy is skuldig aan talle aanklagte en het alles in sy vermoë gedoen om dit te ontspoor. Lyk of sy ondersteuners se redenasie vermoë net so beperk soos syne is.

Naomi ·

Wil graag sien wat sy seun groot mond en al gaan doen..en Bheki hoe hy sy broer gaan haal

ES ·

Spoeg ek nou my tee uit… ‘n Normale burger van die land sal ook gearresteer word as hul ‘n hofbevel verontagsaam. So daar as niks wat teen sy Konstitusionele regte was nie.

Sit boetie, jy was stout, nou moet jy maar boet!

Mariana ·

En daar is dit nou, hy sal nie tronk toe gaan nie. Dit is reeds besluit.

Rooikoos ·

Ag bla….bla….bla… Julle lieg soos ‘n tandetrekker man.

Erika ·

Die arme man is n ” slagoffer” natuurlik…Hy kan mos nie aanspreeklik gehou word nie…Siestog

tweeling ·

Jy het die papier geteken dat daar ‘n kommissie moet wees. Jy kon ook gekla het dat Zondo nie daar moet wees nie want jy het die hoofregter aangesê om die keuse te maak. Moenie nou kom kla dat die kofie bitter is as jy nie suiker ingegooi het nie!

Patrick ·

Ek studeer Afrikaans en nou ek hou van julle. Ek is baie hart seer oor Suid Afrika. baie mense moet het dood maak want die geld wat met hospitaal kon het gebruik wees maar is in die ANC se saks. 15 maande is a grap, 15 jare is nie genoeg nie.

Johanna ·

Nou hoekom get hy weggeloop en Zondo geignoreer.
Hoekom will hy kies wie moet die Regter of die aanklaer wees.
Hy was n power President en duck and dive die wet. Wat se voorbeeld stel hy nogal vir ander Burgers van die land.
Niemand maar niemand is verhewe bo die Wet nie.
Aa die hof se jy moet getuig, Dan doen jy dit

Hendrik ·

Dit gaan nie meer oor die Zondo kommissie nie. Daai kwessie was reeds voor die kon hof. Die konhof het hom beveel om te getuig en steeds wou hy nie. So hy het die konhof se beslissing geignoreer. Dis die punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.