Zuma: ‘Regstellende aksie dui nie op haat teenoor wittes’

Pres. Jacob Zuma antwoord op die vrae en kritiek wat vandeesweek tydens die parlementêre debat oor die 2017-staatsrede gelewer is. Foto: Twitter via @SAgovnews

Pres. Jacob Zuma antwoord op die vrae en kritiek wat vandeesweek tydens die parlementêre debat oor die 2017-staatsrede gelewer is. Foto: Twitter via @SAgovnews

Pres. Jacob Zuma het Donderdag gesê regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is nie ʼn aanduiding van haat teenoor wit mense nie.

Die president het hierdie stelling gemaak in antwoord op ʼn toespraak Woensdag deur Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, waarin hy die president prontuit gevra het wat hy teen wit mense het. Zuma moes Donderdag antwoord op talle vrae en kritiek wat vandeesweek tydens die parlementêre debat oor die 2017-staatsrede gelewer is.

“Eerbare Groenewald, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging demonstreer nie haat teenoor wit mense nie. Dit is daarop gemik om ware versoening in die land, gebaseer op die Grondwet, te bereik,” het Zuma gesê. “Die Grondwet skryf voor dat ons die verdeeldheid van die verlede genees en ʼn samelewing daarstel wat gegrond is op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte.”

Zuma het daarna beklemtoon “radikale ekonomiese transformasie, waarvan SEB en regstellende aksie deel vorm, is deel daarvan om die verdeeldheid van die verlede te genees”.

“Wit landgenote sal deel vorm van hierdie proses omdat dit ons sal help om ʼn waarlik verenigde, nie-rassige en voorspoedige samelewing te bereik.” Zuma het verder gesê die politieke vryheid wat die swart meerderheid in 1994 gewen het, moet gepaardgaan met ekonomiese vryheid “veral vir Afrikane”.

“Ons gaan nie om verskoning vra daarvoor nie. Radikale sosio-ekonomiese transformasie sal ons help om die ekonomie op ʼn inklusiewe manier te laat groei en ware versoening en voorspoed teweeg te bring. Ons het met skok kennis geneem van die uitsprake uit die opposisiebanke dat ons radikale ekonomiese transformasieprogram nie sal slaag nie omdat dit nog nêrens anders geslaag het nie,” het Zuma gesê.

Foto: Twitter via @SAgovnews

Foto: Twitter via @SAgovnews

“Dit is ʼn bevestiging dat van ons landgenote vasbeslote is om die status quo te verdedig en te beskerm en seker te maak dat die eienaarskap, beheer en bestuur van die ekonomie in die guns van ʼn rasse-minderheid bly. Ons verwelkom die feit dat die meeste lede die program ondersteun. Die feit dat wit huishoudings vyf keer meer as swart huishoudings verdien, kan nie ʼn volhoubare en voorspoedige toekoms vir ons almal verseker nie.

“Die eienaarskapsyfers van maatskappye op die Johannesburgse aandelebeurs moet enige leier in ons land, wat ʼn volhoubare toekoms wil hê, bekommerd maak. Die feit dat daar 23 jaar ná vryheid nog geen toename in suksesvolle mynmaatskappye in swart besit is nie, moet ons almal verenig om oplossings te vind.”

Zuma het verder met Jeff Radebe, minister in die presidensie, saamgestem dat radikale sosio-ekonomiese transformasie nie net politieke retoriek is nie. “Dit is ʼn ernstige program en sal deur die regering geïmplementeer word deur middel van die strategiese hefbome wat vir die staat beskikbaar is. Dit sluit in wetgewing, regulasies, lisensiëring, begroting en verkryging, asook breë-basis swart ekonomiese bemagtiging.”

Op kritiek deur lede van die EFF en ander, wat gesê het die ANC versuim om die kwessie van grondhervorming voldoende te hanteer, het Zuma erken die regering het nie sy teikens bereik nie.

“Een rede vir die vertragings is dat ons gekies het om die ‘gewillige koper, gewillige verkoper’-beginsel te gebruik, wat in baie gevalle daartoe gelei het dat die staat groot bedrae geld moes betaal om grond te bekom. Die implementering van die kantoor van die waardeerder-generaal help ons nou om seker te maak dat ons nie buitensporige pryse vir grond betaal nie,” het hy gesê.

“Die Wysigingswet op Grondonteiening sal, wanneer dit gefinaliseer is, ook help om grondhervorming te bespoedig. Hierdie regering dra die belange van die mense op die hart en sal alles in sy vermoë doen om seker te maak dat die grond teruggee word aan die mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Penellope Jones ·

Jammer maar ek glo dit nie.
Hy is die een wat eerste met hierdie rassisme-veldtog begin het met die verkiesing verlede jaar, wie die hardste daaroor gepraat en gepreek het van ‘n verhoog af oral waar hy en sy maters gegaan het!
Dink hy regtig ons is so naief om hom te glo ?

Nico ·

En dit gaan erger word. Enigste manier hoe ANC die aEFF gaan klop by die stembus is om grond te gryp. Of grondvergrype toe te laat.

Anel ·

Wat van Wit Ekonomiese Bemagtiging? As hulle ‘n persentasie van my besigheid wil hê, hoekom kan ek nie ook ‘n persentasie van sy besigheid kry nie?

Francis ·

Ons is blank nie blond nie !!!!
mense word sommer maar vir die lekker gemartel en vermoor !ens ens .as dit nou naaste liefde is
WEE EKKE NOU RÈRIG NIE !!!

Johann ·

Plaas dat Zuma dit met dade bewys, want hy lieg deur sy tande, as hy sy mond oop maak, praat hy twak. Wat help dit ek beduie dit in alle geval.

Nel ·

Ja die laaste sin van die uittrekse van Zuma se rede se alles….die belange van almal wat op die hart gedra word en die grond wat sal terug gegee word aan die mense -lees volk – (ongeag).

Hendrik ·

wie is die mense na wie zuma verwys in die laaste paragraaf. dink hy regtig hy kan ons flous. nee oom zumpie, ons is bietjie slimmer. oom zumpie kan nie alles mooi onthou wat hy al alles gesê het nie. ANC eerste nou kom hy dat hy na die MENSE kyk. ek maak soos hy. hehehehe. gaan spell liewer met jou dolosse wat jy kan die land nie ordentlik vir almal regeer nie. al wil jy hoe graag.

AL ·

Dis blote onsin dat hy ons minderheid se huishoudelike inkomste vergelyk met die meerderheid! Ek het n vrou gehad wie by my kom werk het, honger en uitgeteer met n 5jr seun en kindertoelae ontvang. Sy was wraggies swanger met nog kind om 2 kindertoelaes te ontvang vir 3 monde! Ek kon my kop net skud!
Ons wittes is als behalwe bevoorreg en moet raap en skraap om aan die lewe te bly.
Die privaat kolleges en publieke universiteite is oorwegend swart studente!

Anton ·

daar is bitter min wat ons kan doen aan die gelieg en rasse haat wat die ANC en EFF nationaal uitsaai. Die ding wat hul nie verstaan nie is ons is nie swart skapies wat glo wat ons gevoer word nie. Ons is wit, ons het common sense en ons kan sien wat aan die gang is. Ek dink dit is hoekom hul so openlik is met dit, hulle daag ons nie uit nie, hulle is te onoosel om te besef ons sien wat aangaan, dit gan meer as n beloofde microwave vat om ons om te koop. Feit bly staan, geen man wat nie skool toe was nie sal die land kan regeer met sukses nie, apartheid het omgeswaai en ons moet dit aanvaar, vraag is wat nou? Niks wat niemand hier moan sal dinge verander nie, en wie het die krag om iets te doen? Het ons iemand wat kan? As hy kan, gaan hy wil? As hy wil, hoe ver dink jy gaan hy kom?

AL ·

Die meerderheid glo boere is ryk mense! Plein onsin!
One day Zuma will be the accused before the judge bench of the black people, just like Mugabe now. Because Mugabe can no longer blame white people for his incompetence to rule Zimbabwe to wealth.

Hendrik 2 ·

As die berig van Pres Trump korrek en waar is wat ek op whats up ontvang het, dan haal ek my hoed vir hom af. Hy is dan baie Christelik en daarteen dat S.A so ten gronde gaan.

AL ·

Ons sal die buiteland om hulp moet vra voordat hierdie land sy maai sien. Amerikaners het 600 maatskappye in SA, ek glo hul sal met Trump vergader of inlig? Watter internasionale SA sterre sal ons help om ons saak te bevorder?

Peet ·

Dink Zuma en die Afrikane nooit daaraan dat hulle dalk kan werk vir iets nie. Hierdie ons moet alles altyd kry en as ons dit nie kry nie maak ons ‘n wet om dit te kry, of nog erger dan pleeg ons misdaad om dit te kry, raak nou hoogstens afgesaag en eentonig. As jy nie vir iets wil werk nie vergaan dan in jou ellende, ELLENDELING. Die wat het, het gewerk daarvoor, jy wat wil hê moet ook WERK daarvoor.

Johann ·

Waarom sal ek altyd langer as hulle wees? Werk die ene maar self uit (ala Steve).

Jan maak n Plan ·

Ja en gans bollie is fudge. Ek glo jou maar ek gaan nie daaraan proe nie.

Arie ·

Zuma hoof nar van die zumpie e boswell sirkus, net jammer hy is nie snaaks nie. Die anc blaas meer rassehaat aan as wat die NP ooit kon doen. Die meeste van die grond behoort aan die staat hoekom gee hy dit nie vir sy arme verdrukte mense nie?

Jef ·

Zuma se om die verdeeldheid van die verlede te genees, maar hoe wil hy dit genees as hy die een is wat verdeeldheid aanhits onder die bevolking.

Catryn ·

Nasionalisering van grond vind lankal plaas. Regstellende aksie en swart bemagtiging is rassisme en ‘n internasionaal verklaarde misdaad.

Catryn ·

Regstellende aksie en swart bemagtiging is rassisme en ‘n internasionaal verklaarde misdaad.

Catryn ·

Hoeveel immigrante plak rondom ons, almal gaan huise en grond kry dis ookal bespreek gewees dat hulle hier gaan by en ook mag stem. Gratis skole en alles. Selfbeskikking ons enigste opsie uit kommunisme.

w ·

Grond waardeerders. Ha f ha. plase sal seke so laag waardeer word om amper verniet weggegee te word. Privaat eiendom daaren teendeel word sky high waardeer vi meer inkomste vi mun om verkwis te word en in sakke te beland van amptenare

Max ·

Maar dit is agv. die WITTES dat Z378 nie vervolg word vir die “pandokkie” wat hy laat bou het nie !

wouter ·

Nico jy moet verstaan – dis 783leventy, of 378leventy – same difference!

Eugene ·

Zuma is verantwoordelik vir al di plaasmoorde en haatspraak in ons land .

Oupa ·

Dis die waarheid! Blankes word nie gehaat nie, want haat is ‘n emosie. Die blankes moet net van die aardbol verdwyn, dis al. Dit staan so opgeteken in hulle “strategy and tactics” dokument wat gereeld opgedateer word.

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Wens ek kan rook wat Zuma rook, dalk bly ek ook dan in Lala land waar hy die gemors wat hy uiter as waarheid kan sien.

Eugene ·

Hy indokteneer mense deur hulle te verteĺ witmense het hulle besteel.

AL ·

Ek dink nou daaraan. Hierdie geweldige toename in plaasmoorde so kort voor Zuma se toespraak, is n aanduiding dat daar geheime vergaderings plaasgevind het. Hulle het alreeds hul plan in werking gestel.

FM ·

AL ek dink jy is 100% reg . As die moorde na vandag afneem, nie ophou nie, dink ek hier het iets vooraf gebeur. Ek wonder of die soort van standbeeld wat noordwes van zuma wil oprig nie ook dalk iets met die skielike plaasmoorde in noordwes te doen het nie. Ek wil graag hê iemand moet vir zuma op nasionale tv vra wat sê hy van plaasmoorde. Ek hoop Pieter Groenewald, Musi Maimane of Johannes Moller wil n slag vir zuma hieroor uitvra

snoefie ·

net sy mk volgelinge sal dit glo. seb dal net slaag as hulle hulle bemagtiging self finansier. anders gaan dit maar nes met die geskenk plase n geval wees van EASY COME EASY GO.

Rynhardt ·

Zuma, regstellende aksie dui op versoening??? Dit is omgekeerde apartheid teen blankes! Regstellende aksie is n misdaad, want jy ontneem juis mense om n toekoms in SA te he! M.A.W, u Anc ontneem mense om n bestaan te maak.Daarom wil die MRK u Anc nie vervolg nie! Wat vir 23jaar gebeur in SA om blankes te ontneem van n toekoms is krimineel! Geen regering in die wereld het die reg om enige persoon van n toekoms te ontneem nie.Die kerke en sake-sektor bly hieroor stil in SA! Die toepassing van regstellende aksie moet bydra tot die algehele vernietingsproses van blankes!Dit gaan nie werk in SA nie, Anc!!!

Johann ·

Om die man te glo is die selfde as om vir ‘n Jakals skuiling te bied in jou hoenderhok

John ·

Hulle gaan ietsie betaal en die eienaar telkens as onredelik bewys dmv staatswaardeerders. Die koop word so afgedwing. Die kamma-koopprys kan moontlik sorg dat die skuld op die naam van die ‘verkoper’ bly. Hierdie kwessie gaan groot probleme gee, want soos die wet staan erf die koper die skuld, soos bv by stadswonings, en die regering gaan dit probeer omseil.

Scalla ·

Watter nar het vir hom daai speech geskryf, hyself verstaan dit nie eens nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Toe Zuma vroeer die week verduidelik het dat grond aan swartes toekom het hy oa gese dat die grond nie meer word nie maar wel die mense. Dink daaraan om vir die swartes te leer om die voorbeeld van wittes te volg en nie die een kind op die ander te he wat dan ‘n “grant” moet kry nie. Ons wittes kan dit nie meer bekostig om die een na die ander “weeshuis” /sopkombuis/ noem dit wat jy wil waar hul in hul duisende hande uithou vir kos te befonds nie. En wanneer hul hul swak resultate in matriek gekry het wil hul kosteloos Universiteit toe sodat hul ‘n sertifikaat kan kry en dan ‘n pos na aanleiding van hul velkleur.

pjk ·

Natuurlik is Regstellende Aksie rassities. Daar word van ons “minderheid” werk ontneem om vir die “meerderheid”, wat te sleg is om te werk, te gee.

Frik Lotz ·

Enigste ware leier in parlement is Pieter Groenewald. Hy en VF Plus is enigste wat opstaan teen regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming. Wat doen DA? Absoluut niks nie!

Oudste ·

Hoeveel huise het die regering met Zuma as president vir die armstes van armes (hulle gunsteling woorde) gebou tydens sy regime? Volgens my inligting is die getalle negeerbaar, want die hoeveelheid van my / ons belasting betalers se geld verdwyn in die nimmereindigende korrupsie pyplyn. Ek praat nie eens van die voorsiening van die basiese munisipale dienste nie. …en Zuma, jy het nie die vraag van Dr (let wel Doktor en nie ‘n St 3 gekwalifiseerde nie)Groenewald beantwoord nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.