Zuma: ‘Rome is nie besig om te brand’

Pres. Jacob Zuma tydens die kwartaallikse vraag-en-antwoord-sessie in die parlement (22 Junie 2017). Foto: Parlement

Pres. Jacob Zuma het Donderdag ʼn uitspraak deur ʼn opposisieparty-LP verwerp dat Rome besig is om te brand terwyl hy sloer – ʼn verwysing na die tyd wat dit hom neem om ʼn ondersoek na bewerings van staatskaping van stapel te stuur.

Zuma het LP’s se vrae tydens die kwartaallikse vraag-en-antwoord-sessie in die parlement beantwoord. Hy het tydens die sessie volgehou genoeg word gedoen om bewerings te ondersoek dat die Gupta-familie sleutelbesluite van die staat beïnvloed en die staatskas plunder.

“Die feit is die voormalige openbare beskermer het dit ondersoek – dit is iets wat gedoen is. Sommige aspekte van die verslag is hersien. Ek kan glad nie sê terwyl Rome brand is mense besig om rond te sit nie,” het hy gesê.

Zuma het herhaal dat ʼn kommissie van ondersoek aangestel sal word om die bewerings te ondersoek, maar hy het hom weer eens nie tot enige sperdatum verbind nie. “Ons maak so vinnig as wat moontlik is om die kommissie op die been te bring.”

Zuma het verlede jaar die hooggeregshof in Pretoria genader om te versoek dat die staatskapingverslag en die aanbevelings daarin hersien moet word. In die hofaansoek voer hy aan Thuli Madonsela, voormalige OB, se aanbevelings is strydig met die wet en die Grondwet, en oortree die beginsel van die skeiding van magte.

Zuma se regspan meen dit was ongrondwetlik van Madonsela om Zuma te beveel om ʼn kommissie van ondersoek op die been te bring en te bepaal dat dit deur iemand gelei moet word wat deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangewys is, aangesien hierdie magte uitsluitlik by die president sou lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

cor ·

Hoe vinnig is vinnig om die moontlike ondersoek span bymekaar te kry, afrika tyd? . Seker is dit ‘n baie lang keurings proses om die regte kaders bymekaar te kry en om n hoof ondersoeker aan te stel wat die span in die regte rigting moet stuur vir n gunstigeuitslag. As mens ingedagte hou hoelank het dit die Serretikommisie gevat , kan hierdie nogal ‘n lang en ingewikkelde proses wees.

Llewellyn ·

Zuma het soos ‘n clown in ‘n sirkus voorgekom, nie soos ‘n president in die parlement nie.

Jordaan ·

Ja, die manier waarop hy mense uitlag oor ernstige vrae het my nou goed dwars in die krop gesteek. Die man het geen moraliteit of gevoel vir ander mense nie, hy moet nou net vinnig iets oorkom en verdwyn uit ons lewens.

Johann ·

Arrogante vermetelheid! Sy dom astrante houding van onaantasbare magsvertoon is om van naar te word. En hy kom weg met als wat hy sê en doen terwyl sy pionne en handpoppe die riel om him dans om hom en hul eie belange te beskerm. Hulle krap letterlik wat oor is van n verskroeide SA oop om die laaste te vat! GEWETENLOSE psigopate is bekend vir lieg en bedrieg sonder ommte skroom oor wat die gevolge op andrr mag wees, terwyl hulle hulself glo…en almal om hulle wil wysmaak dat hulle sinvol en logies en eerlik optree. Klink dit bekend?

Johanna Botha ·

Die hele land is al SOOO moeg vir die man! Die land brand oral en jy se DIT alles is gebreek niks werk nie …sit nou sonder krag hier. ASB gaan net weg ja gaan asb na Dubai en los net SA om hemels naam nou uit want jy breek net af en ons ALMAL weet dit !

Gomtor ·

Dit was nie ‘n antwoord sessie noe maar eerder ‘n ontduik sessie.
Al die kwellende vrae is ontduik.

Johannes van Staden ·

Ja hoor nou die ou …jou ”good story ” vir RSA behels maar net 50 moorde n dag en 4 verkragtings elke min …ja SA is veilig alles gaan goed en ons is beteraf as ooit met n blink rooskleurige toekoms

Nico ·

Sal nogal wil weet wat die prokureurs en advokate van die president,ministers,adjunk ministers en Gupta se prokureur se salarisse is,miskien moet SARS bietjie kyk na hulle.

Arno van Staden ·

Ek sien my lewensmaat het reeds kommentaar gelewer. Maar Iemand sal iets moet doen

Marius ·

‘n Goeie leier, lei! Hy stel ‘n voorbeeld. Hy los probleme op. Hy dink uit die boks uit. Hy stel ander voor hom. Hy verbeter. Hy verander.

Jacob Zuma is nie ‘n leier nie. Al wat hy doen, is om homself te verdedig. Hy koes net vir sy “wickets”!!!

Pateties verby!!

Ashlee ·

Verstaan Pres Zuma het die President van Italia gekontak om sy meegevoel te betuig oor die brande daar.

nhk ·

Toet en taal rigtingloos!! Die horlosie moet net begin terug tik. Anti clock wise

Hasie ·

Jacob, Jacob, Jacob jy spog dat jy nooit op skool was nie. Jy hoef dit nie vir ons te sê nie, ons kon dit lankal self agter kom..

John ·

Hou ann7 dop. Daar is tans ‘n groot soektog in ou dokumente van voor 1994 om iewers ‘n skandaal of misdryf oop te vlek terwyl kritiese dokumente glo orals verduister word, vandaar die ABSA-storie. Nog kom. Brande in historiese plekke vernietig artefakte en feite. Die verlede gaan stelselmatig ‘oorgeskryf’ word a la 1984 om die huidige regime te komplimenteer soos die skoolhandboeke reeds doen. Die volgende paar maande is krities vir Z&G se oorlewing en feite staan in die pad. Rome is nie in een dag gebou nie, maar in een dag vernietig… is dalk wat die guru van oZ bedoel.

Pie van die Sky ·

Dis duidelik dat Z om tyd speel terwyl Rome afbrand; ons het nie te doen met n idioot soos Mugabe nie, maar met een vd ANC se grootste kommunikasie stratege. Z weet presies wat hy doen. Vraag is net: hoe lank gaan opposisiepartye hom nog toelaat om so voort te gaan?

broos ·

eers sê hy dit word ondersoek…..maar dan sê hy hulle moet nog ‘n kommissie bymekaarsit om dit te ondersoek….so tipies!!

Wouter ·

So vinnig as moontlik in Afrika beteken so goed soos nooit

K.F.T. ·

PIE van die SKY. Hy IS n idioot en geen komunikasie strateeg. Hy herhaal maar net wat vir hom voorgese word uit die buiteland

SARIE VAN HEERDEN ·

Siestog, ek kry die arme Zumpie so jammer dat almal so teen hom is terwyl hy homself sien as die Messias wat vir ons gestuur is. Onthou net hy is ‘n verstandelik/geletterde benadeelde en g’n mens kan hom kwalik neem dat hy andes dink nie. Gun hom die bietjie son wat miskien nog oor hom skyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.