Zuma: SA het oordryf oor Nene

Pres. Jacob Zuma. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Diegene wat ʼn bohaai gemaak het oor die afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies in Desember, is mense “wat nie verstaan nie”.

Pres. Jacob Zuma het Sondagaand gedurende ʼn onderhoud met eNCA sy besluit om Nene met die taamlik onbekende Des van Rooyen te vervang, verdedig deur te sê die rand het maande lank afwaarts beweeg terwyl Nene aan die stuur van sake by die tesourie was. “Die rand se afwaartse vertoning was beslis nie as gevolg van dié kabinetskommeling nie,” het Zuma gesê.

“Ek dink mense het oordryf in hul reaksie. Mense verstaan nie.” Zuma het gesê die besluit is gemotiveer deur die behoefte om ʼn “iemand van internasionale statuur”, wat reeds as ʼn minister gedien het, te kry om as hoof van die Brics-bank te dien. “Dis belangrik dat dié bank suksesvol is,” het Zuma gesê.

Volgens Zuma sou hy hom aan baie kritiek blootgestel het indien hy iemand relatief onbekend, soos Van Rooyen, as hoof van die Brics-bank aangestel het.

Van Rooyen is ná skaars vier dae in sy nuwe pos ontslaan en vervang met Pravin Gordhan wat van 2009 tot 2014 die minister van finansies was.

Intussen het die rand oornag tot ʼn nuwe rekordlaagtepunt van naby aan R18 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Loon ·

Jacob Zuma (nie president nie, want jy verdien nie die respek nie),
Wat is belangriker, die ekonomie van SA of die brics bank?
Jy gaan seker weer n cut kry daar want daar is boggerall oor in die staatskas!

Francois le Cochon ·

“….IS MENSE WAT NIE VERSTAAN NIE….” se^ ‘n ongeleerde aan geleerdes !

alida ·

Genade mense watter deel verstaan JZ nie? Sy besluit het die land miljarde gekos. Die HELE WERELD het gereageer nie net SA nie. Pateties. Los hom maar hy gaan homself een van die dae in die voet skiet. Kan nie wag dat hy waai nie.

Andre ·

Shoe…. hoe gooi hy nou wal.
Interesant dat die rand toevallig op dieselfde dag so pak gekry het.
Hoekom dan jou besluit verander as jy oortuig is jy het die regte besluit gemeem.
nog meer interesant is dat self die beste ekonomie “nie vestaan”.

moempie ·

Heeltemal tereg Andre. Zuma was ook die katalisator met die Sjina handelsbande soo dis alles deur sy toedoen..

pop ·

Ja jys heeltemal reg, ek verstaan nie. Vanmore op TV hoor ek ook hy se dis nie so erg nie, en mense oorreaggeer. Nie een keer hoor ek die woord “JAMMER” uit sy mond kom nie. Almal in SA het skade gely as gevolg van daai 4 dae. En Ramaphosa antw nie die vrae nie, nee hy kerm oor Maimame nou so rassis is. Want net DA mense maak rassistiese opmerkings.

christine ·

Ai tog raak ons nie ontslae van die Dingaans. Waarom hoor ek weer ” Maak dood die toweraars

Realis ·

Verstaan julle nie? Hoe swakker die rand hoe beter is my posisie om by die chinese te bedel want hulle verstaan. Hulle verstaan dat SA se infrastruktuur se inploffing te wyte is aan die vorige bedeling onder die wit gevaar. Hulle verstaan dat as hulle ‘n voet in die deur kan kry, wat nie moeilik gaan wees nie, hulle ‘n aflaaiplek het vir chinese vaardighede om hierdie land weer ‘n groot melkkoei te maak vir politici. Wat hulle(zuma & kie) egter nie besef nie is dat die chinese hulle eie arbeid gaan invoer wat ‘n groot verleentheid vir hierdie land se arbeids wetgewing gaan wees. Miskien is dit die silwer randjie om die donker wolk van ons arbeids probleme. As jy nie werk nie kry jy nie jou bakkie rys (of ingevoerde mieliepap) nie.

Grassie ·

Zuma is reg – ek is een van die “mense wat nie verstaan nie.” Ek verstaan nie sy sotlike optrede wat die land miljarde rand gekos het nie. En ook nie sy opmerkings die afgelope naweek wat die rand tot ‘n nuwe laagtepunt laat val het nie. Maar ek dink nie hy verstaan dit self nie, miskien so ietwat van ‘n tekort in die grys area in die boonste verdieping.

Eddie ·

NEEEE!!!!!!!!!!!! julle moet nou mooi luister want julle verstaan nie mooi nie. Ag regtig kan iemand asb iets aan hierdie verleentheid van n Zuma doen. Genoeg is nou genoeg raak van die (amper se ek iets wat ek nie moet se nie) ontslae. Hy is regtig n embarrassment vir Suid Afrika.

Rynhardt ·

Nene was geen faktor nie.Zuma en kie.het lankal ekonomie vernietig sonder om implikasies te besef! Zuma en Anc verstaan nie hoe die SA ekonomie werk nie, nog minder die massas, daarom kan Zuma die wittes vir als blameer en die massas glo dit.Maekte is wereldwyd onstabiel en dit gaan tuimel waarmee Zuma en Anc nie rekening hou nie.Rand se waarde gaan nog meer en meer daal.Jou rand gaan nog meer as R21teenoor dollar verhandel.Ekonome kyk die bree prentjie en globale skuld liederlik mis! Zuma en Anc moet besef dat om op n verhoog pragtig geklee te wees in Westerse kleredrag, en blankes te blameer vir alles, gaan nie SA se probleme laat verdwyn nie! Al Zuma se R30miljard raadgewers gaan hom en Anc nie kan help nie!

Johann Marx ·

So as die Nene voorval NIE die val van die Rand tot gevolg gehad het nie, wat het dan? Verduidelik asb vir ons daardie een. En is Nene to aangestel in die Brics Bank posisie? En as hy dit NIE kry nie? Gaan hy terug aangestel word as Minister van Finansies? Daar is net teveel vrae wat nie antwoorde het nie ou grote….

Rynhardt ·

Ons met net onthou wat baie “slimmes” nie verstaan nie, is dat die Vryheidsmanifes het die SA ekonomie vir 22jaar vernietig, daarom kon die Anc dr.Verwoerd se 6% ekonomiese groei nooit bereik nie! Liberale ekonome en liberale kommentators speel jan publiek al vir 22jaar deur voor te gee dat alles is op die regte pad met “nommer een!”

Loeis ·

Nene, van Rooien, Gordhan – maak dit regtig saak? Die Rand bly te val, wat beteken alles word duurder, en dus word ons almal armer. En nee, Zuma is nie die probleem nie, hy is net een deel daarvan.

PJ ·

Ons het darem n slim president die hele wèreld verstaan nie net zuma verstaan ek dink de klerk en kie het ok geweet ons sal nie verstaan dis hoekom hy ons aan die anc uitgelewer het

wilma ·

Jz ek nie beter as hy. Hy en sy hele kabinet moet op hulle kniee gaan en bid soos die ander van ons land se mense maak.Dis hoekom dit so sleg gaan met oñs land

Theo ·

Ek se nog steeds, iemand het in die 4 dae baie geld gemaak (uitbuiting van die swak rand) deur verhandelings op ander geld markte. Dalk sy vriende die Gupta,s???

MJL ·

Ek kan nogal verstaan as iemand wat syferongeletterd is, kan dink dat al die mense oorreageer het. Die punt is, die markte het nie oorreageer nie. Die markte het net REAGEER op ‘n dwase besluit.

Pieter ·

Zuma jy kan nie van ons verwag om jou te verstaan, wanneer jy nie verstaan wat ons van jou verwag nie.

elmien ·

Nou weet ons hy voel niks vir ons nie wit en swart dit is wat hy nie verstaan nie.

Willem ·

MOEILIK OM TE VERSTAAN AS JY N GESONDE BREIN HET ,MAAR DIE OU WAT DIE BESLUIT GENERM HET ,HET NIE N BREIN NIE

TM ·

So vandat Van Rooyen vervang is tot nou toe is dit nou die verduideliking wat ons kry. Hoekom so lank gevat? Ek reken dis ‘n E vir effort op die rapport.

Ouman ·

Het die man nie einde nie. Hy dink die res van die mense in die land sowel as die buiteland is verstandelik agtergeblewe. Hy verstaan duidelik nie dat die wereld groter en baie meer gevorderd is as iemand wat spartel om tot by 10 te tel.

Elizabeth Bosman ·

Pres Zuma
Jy is geheel en al uit jou diepte uit. Dis jy wat geen begrip het en jy het Nene vervang vir persoonlike redes. Brics bank my voet. Ons is nie so onnosel soos jy nie ‘pres’ Zuma. Ons het baie meer begrip as wat jy dink en eil erken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.