Zuma: ‘SA is ʼn suksesverhaal’

Pres. Zuma tydens sy toespraak. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens sy toespraak. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma het Woensdag in sy amptelike Vryheidsdag-toespraak verwys na al die regering se suksesse van die afgelope 22 jaar, maar ook verwys na die droogte waar onder die land gebuk gaan.

“Vandag in 1994 was nie net die einde van die tirannie van apartheid nie, dit het ook die oorwinning van goed oor kwaad gesimboliseer,” het Zuma gesê. “Sedert 1994 het ons hard gewerk om die lewensomstandighede van mense te verbeter, om die nalatenskap van uitsluiting en verwaarlosing ongedaan te maak.

“Baie gemeenskappe en huishoudings was sonder elektrisiteit, water, paaie, klinieke en skole,” het hy gesê. “Die demokratiese regering het sedert 1994 elke jaar dié dienste gelewer. Miljoene van ons mense het nou toegang tot hierdie dienste.”

Zuma het gesê die land is steeds in die greep van die negatiewe gevolge van die huidige droogte. “Die regering sal voortgaan om na nuwe waterbronne te soek. Ons is genoop om buitengewone maatreëls in te stel aangesien van ons provinsies as rampgebiede verklaar is. Watertenks, waterbeperkings en die vind van nuwe waterbronne is ʼn paar van die pogings wat aangewend word om wateruitdagings te probeer verminder.”

Volgens Zuma is daar baie gemeenskappe wat nog wag op dienste aangesien die “agterstand as gevolg van apartheidsuitsluiting omvangryk is”. “Ons verseker julle dat ons nie sal rus totdat alle huishoudings in die land in waardigheid leef en toegang het tot basiese dienste nie.”

Zuma het voortgegaan om te sê gesondheidsorg het aansienlik verbeter. Waar Suid-Afrikaners voorheen gemiddeld op 53 jaar gesterf het, het die gemiddelde ouderdom verbeter tot 62 jaar.  Volgens Zuma is onderwys ʼn prioriteit en het die regering om dié rede drie nuwe universiteite gebou.

“Om volledig vry te wees moet die ekonomie van ons land nie volgens ras skeefgetrek word nie. Ons moet praktiese betekenis gee aan die Vryheidsmanifes dat ‘almal sal deel in die land se rykdom’. Die regering sal voortgaan om swart ekonomiese bemagtiging-programme asook regstellende aksie-programme te implementeer.”

Zuma het gesê die “vryheid” wat Suid-Afrikaners vandag geniet, was nie verniet nie en dat mense moet ophou om dit te ondermyn onder meer deur geweld. “Hoe vra ons vir werkgeleenthede en dan brand ons die fabrieke wat die werk moet verskaf af? Skole, treine, biblioteke en klinieke word verskaf om dienste te lewer vir ʼn beter lewe. Dit is skokkend dat sommige mense die fasiliteite so maklik vernietig.”

Zuma het beklemtoon dat Suid-Afrika ʼn “groot suksesverhaal” is. “Ons het uitdagings,” het hy gesê, “maar die positiewe eienskappe is veel meer as dié uitdagings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Jordaan ·

Sukses vir jou en die res van die bende met die stroop van die staatskas, ja.

Mariaan ·

Ons moenie verbaas wees oor die tipe uitsprake wat hy maak nie. Ons verwag niks meer van hom nie. Wanneer hy die dag iets sinvol kwytraak sal almal seker met stomheid geslaan word.

johann cb ·

Leef ek nou in dieselfde land waarvan hy praat? Watter veranderings het plaasgevind? Die instelling van korrupsie? Net een waaraan ek kan dink.

Cecilia ·

Beslis ‘n suksesverhaal waar dit kom by afbreek en opfoes!

Juffrou ·

Mens staan verstom oor die man se idiotiese uitlatings. Ons bly heel duidelik in n ander land as hy! So n stommerik!

Koos ·

Net vir hom, sy cronies en die Guptas ‘n sukses verhaal. Hy ken beslis nie die gesegde en groot waarheid; ” Rather remain silent and be thought a fool, than to speak up and remove all doubt!”

Koos ·

Net vir hom, sy cronies en die Guptas ‘n sukses verhaal. Hy ken beslis nie die gesegde en groot waarheid; ” Rather remain silent and be thought a fool, than to speak up and remove all doubt!”

jennefer ·

Ek wonder of ons nie in Zimbabwe bly nie, hy en Mugabe praat uit een mond.

da ·

Ha Ha Ha. Is jy werklik so dom dat jy dink ons is dom genoeg om jou te glo? Nie eens jou eie mense glo jou meer nie!

Joann ·

Praat hy van Suid Afrika? Shame glo seker nog aan tandmuis en kersvader……sprokies

Jan maak n Plan ·

In 1994 was hy n armgat soos ek nou is hy een van die rykstes in die wereld en ek is nog steeds n armgat.

Koos ·

Shame die man het n helse agterstand as dit by verstand kom. Hy het nog nie agfer g ekom hier bly mense in SA wat kan sien,lees en hoor nie

Rynhardt ·

SA n suksesverhaal??? As jy n groot salaris kry, jy is bevriend met die uiters omstrede Guptas en jy het belastingbetalers se geld gebruik vir die bou van jou paleis, dan is SA suksevol! Ekonomie is onder 1%, korrupsie seevier, misdaad is buite beheer, beslis n goeie verhaal om te vertel! Zuma het gepraat van droogte wat land affekteer, dit is n wonder dat apartheid nie daarvoor geblameer is nie.Die prez se ook dat almal moet deel in die land se rykdom.Prez, ek talle blankes wil elkeen n sak diamamante he plus n sak goud, moenie ook die wittes vergeet wat sedert 1994 in plakkerskampe sit nie!! Prez nog iets.Ek en talle wittes wil ook elkeen n huis he! Ons wittes is nog nie vry op Vryheidsdag nie.Neem kennis hiervan!!!

Acca ·

Hoe ironies. Daar is mense wat nie water en krag gehad het nie en nou dit het nie . Hoe nice van hulle. Ons het voorheen meeste dele van die land teepaaie gehad en goeie hospitale e’n munisipale dienste. Nou het alles verval na Afrika en gaan elke dag agteruit . Dit is seker maar hoe dit moet wees. Verswak alles breek af dan is dit mos reg in Afrika en ons is trots daarop. Wat ‘n groot grap het ons land nie geword nie.

JaNee ·

En na meer as 20jaar kry apartheid nog die skuld vir die ANC se onbevoegdheid . Wat ń grap!

Ansie ·

Ek wonder waar stop rasisme. Lyk my Maroela media is dieselfde. As jy net iets se van wit of swart word jou kommentaar nie geplaas nie. So jammer ons land is so groot verleentheid.

CHRISTA ·

Zuma is so ‘n zombie – as hy omdraai loop hy in homself vas!!! Hy moet my net EEN apartheidspresident of eerste minister wys wat ‘n kwart miljard op sy eie huis spandeer het!!! Hy en almal wat hom vertrou en vir hom stem is regte paloekas en verdien wat hulle kry!!!

REGINA ·

Zuma moet beslis die Oscar kry, of is dit eerder n “Donkie”kar vir die beste komediant van die jaar! Lanklaas so lekker gelag vir sy uitlatings en sy “droomwereld” waarin hy lewe! Dis net n kwessie van “jakkals prys sy eie stert” en “in die land van die blindes (Zuma en kie en sy massas volgelinge) is EENOOG koning” ! (of is dit steeds te n oordrewe benaming vir Zuma!?) Nee, ons land is inderwaarheid totaal in sy peetjie in onder daai “prez”! Mag sy volgelinge se oe oopgaan voor die verkiesing, maar ek dink die hoop daarvoor beskaam gruwelik! Kyk hoe sleg lyk alles wat voorheen “gewerk” het nou na 22 jaar onder die ANC!

KP ·

Hy en gabbas sien alleen die sukses in hierdie land dit terwyl die land brand.

Oom Kalahari ·

Sjoe…….Mnr President, jy laat my hart van blydskap klop om te hoor van die suksesvolle land, maar waar is dit want ek leef vir 22jaar in ‘n land van swakheid, armoede en agteruitgang en waar ek my werk verloor het deur regstellingsaksie. Is die land wat jy beskryf dalk “Feetjie Nkandla” of vertel jy nou net ‘n grad “R” sprokies verhaal? Wat is apartheid, want ek het nog nooit in so plek gewoon nie, maar wel waar elke groep of nasie met trots hulself gelei en geleef het. Demokrasie bestaan nie, want dit beteken eintlik self beskikking waar mense deur hul eie verkose leiers gelei word. Staak asb to die ou holgeryde woordtjie van “Apartheid” asb waarna telkens verwys word in alle afdelings waar gefaal word.

Rupert Ashford ·

Sukses sou gewees het as ons die standaarde van 94 in die onderwys, mediese sorg, munisipale bestuur, infrastruktuur ens wat reeds bestaan het kon handhaaf en uitbrei – dit was immers reeds daar. Maar om alles eers af te breek na Afrika vlak en dan bietjie te bou en dit dan sukses te noem? Yo-yooooo.

snoefie ·

Lee blikke maak die meeste geraas. been ding staan egter soos n paal bo water, die man is altyd vermaaklik.

Willie ·

Ons het gister op pad wildtuin verby die area gery waar hy sy toespraak gehou het.Almal loop en skreeu met hul ANC hemde aan maar vir kilometers langs die pad val die sloot al toe met hul onvoltooide water pyp.Groot sukses en dit gaan orals in Limpopo so.

John ·

Mogabe nr 2 en Zimbabwe nr 2. Dit sal erger hier gaan as daar, want die honger mense kon na Suid-Afrika vlug. Waarheen vlug ons mense as die kospotte leeg raak? Die Europese en Engelse grense bly gesluit al dra ons ook ‘n beeld van Madiba voor die stoet van duisende.

Kosie ·

Vordering gemaak met toegang tot elektrisiteit, behuising en water. Dis waar, maar indien mens gaan kyk na statistieke vanaf 1948 tot 1994 sou die regering ook hiermee vordering gemaak het. Die swart mense het ‘n baie lae sosio-ekonomiese basis gehad om mee te begin.

Moedeloos ·

Ha, ha. Grappie!!! Zuma moet ‘n komediant word!! Dink hy regtig ons glo sy snert!?

Johan ·

Ek verstaan daar was nie plek vir ‘n muis daar in Giyane waar hy opgetree het nie. Het hulle dan weer gratis kospakkies en T-hemde uitgedeel of belowe?

Confused ·

As hierdie land ‘n sukses storie is, wil ek asseblief nooit sukses behaal nie!!!!!!!!!

Sally ·

Aijaijai!!!!!zuma 1+1 is 2 nie 11 nie….as jy nie eers kan tel nie hoe gaan jy weet of die land n sukses storie is…..jy kyk na nkandla en dan is dit vir jou n sukses storie maak nie saak dat die geld gesteel is om dit te bou nie. Vra die guptas of hulle kan help dat jy minstens std 6 (grd 8) kan kry dan sukkel jy ook nie so on te lees niem

Scalla ·

Die kabouter is nog steeds in droomland, as hy skruk moet hy vir n slag wakker skruk

Flippie ·

Groot sukses, inderdaad – drie duisende boere op hulle plase vermoor.

Tani ·

ASKIES? beter lewens omstandighede vir almal??? na al die jare is dit net ERGER … SWAKKER … en GEEN diens nie en geen medielse hulp eers meer nie. ALLES het verval. Wanneer gaan hy dit besef? hoe kan een man so vir homself en ander jok? Hy glo homself met al sy leuens. En nou se hy hy wil al die regering politieke mense wat hulle regte “abuse” ontbloot maar WAT VAN HOM???? genade die man het nie ‘n brein nie

Anoniem ·

Van watter land praat hy..defnitief nie van Suid Afrika….Hier is meer armoede as ooit….werkloses het gestuig….moorde, verkragtings, pedofiele, diefstal is aan die orde van die dag…..Alles wat jy koop het die hoogte in geskiet, water en elektrisiteit is onbekostigbaar duur vir enige iemand, petrol pryse net so duur….Kos is nie eers meer bekostigbaar vir die mees armste mense en so ook die gemiddelde klas mens in Suid Afrika nie. Maar hulle eet lekker elke dag. Wonder of hul eendag per week net opsy sit en dink aan wat hul die land met sy mense aandoen…Nee hulle doen nie. Dis te lekker..die soustrein rol vir hulle…Hoekom bekommerd wees oor my en jou…maak nie saak watter kleur jy is nie. En die ergste van alles…sy mense glo hom. Genade word wakker….Kyk om jul rond..gaan vergelyk die tyd voor 1994 met wat dit nou is….Ons het beter na mense omgesien met apartheid. Nee ek se nie apartheid moet weer terugkom nie..Ek se laat ons weer aan die stuur staan van Suid Afrika…jul sal die verskil sien en voel…….Dit maak lankal nie aan ons nie saak watter kleur jou vel is nie…dis hulle wat dit aanvoer…..Kan nog steeds nie glo dat mense hom en sy mense volg nie…dis belaglik verby!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

KLEIN ·

Kom ons vervang die woord “APARTHEID ” met ZUMA . Apartheid het nie soveel skade in meer as 300jaar gedoen as wat “Zuma” in 20 jaar gedoen het nie. (Apartheid hier vervang met ZUMA vanaf 1994 tot nou)

Anoniem ·

Gaan kyk gerus wie stem vir hom en sy regering…Mense wat nie van beter weet nie….en daar is baie van hulle, want hy het hulle daar gesit en nou gaan brood ook op…en nog steeds stem hulle vir hom!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

John ·

Die miljoeners bo in Afrika skuif glo nou af hierheen. Ons president probeer dalk net ‘n goeie indruk skep by diesulkes. Mens wonder waaruit gaan hulle nog miljoene maak hieronder. Die Ghuptas was goeie advertensie (?).

Mariaan ·

Siestog. Sy toesprake word vir hom geskryf. Omtrent vier groot sinne per bladsy om dit makliker vir hom te maak. Hy kan mos nie behoorlik lees nie. Dalk DINK hy dis wat daar staan. :-)

Rina ·

In watter droom wereld leef jy, het jy kabouter brille op en fantaseer jy in die aande lekker, dan staan jy op en raak n klom drome kwyt wat nie in werklikheid bestaan nie. Wakeup please wakeup…don’t fool youself. want vir onds fool jy nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.