Zuma: ‘SA verander in grondwetlike diktatuur’

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n mediakonferensie in Nkandla (Julie 2021) (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika verander tans van ʼn grondwetlike demokrasie na ʼn grondwetlike diktatuur.

Só voer oudpres. Jacob Zuma in ʼn verklaring aan nadat die Konstitusionele Hof verlede week sy aansoek om sy skuldigbevinding en vonnis van 15 maande tronkstraf vir minagting van die hof te herroep, met koste van die hand gewys het.

“Baie van ons mense is in dié stadium blind vir dié werklikheid omdat hulle suksesvol gehipnotiseer is deur die jare lange teen-Zuma-narratief. Dit is miskien gerieflik of selfs gepas vir ander dat die wette van die land herhaaldelik gebuig en gemanipuleer word wanneer dit met Zuma te doen het.”

Volgens Zuma kan daar drie voorbeelde opgenoem word om sy punt te bewys. Die eerste is dat die kommissie van ondersoek na staatskaping uit ʼn anomalie ontstaan het deurdat Thuli Madonsela, voormalige Openbare Beskermer, aanbeveel het dat sodanige kommissie ingestel moet word om ʼn ondersoek voort te sit wat sy begin het terwyl haar ampstermyn tot ʼn einde gekom het.

“Dit was ʼn afwyking aangesien die Openbare Beskermer veronderstel was om die ondersoek aan haar opvolger te oorhandig, net soos met al die ander ondersoeke van haar kantoor wat nie afgehandel is toe haar ampstermyn geëindig het nie. Aangesien dit egter ʼn saak was wat met Zuma te doen gehad het, is ʼn ander proses gevolg om ʼn kommissie van ondersoek in te stel dermate dat presidensiële prerogatief en bevoegdhede om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel, vir die eerste keer eensydig deur die Openbare Beskermer oorgeneem en aan die hoofregter oorhandig is.”

Rakende die Zondo-kommissie van ondersoek se aansoek by die Konstitusionele Hof, meen Zuma hy het destyds nie die aansoek teengestaan nie omdat hy “werklik daarvan oortuig was” dat die regters van die Konstitusionele Hof nie regstreekse toegang sou verleen rakende ʼn kwessie soos minagting van ʼn kommissie van ondersoek nie.

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Zuma meen die Wet op Kommissies is die primêre wetgewing wat gevolg moes word in dié geval, soos dit die geval was toe oudpres. PW Botha geweier het om voor die Waarheid-en-versoeningskommissie te verskyn.

“Ek sou die geleentheid verwelkom het om voor ʼn onafhanklike regter te getuig of om aan ʼn onafhanklike regter te verduidelik hoekom ek gevoel het Zondo is bevooroordeeld en in stryd met die aanhoor van my getuienis voor die kommissie.”

Volgens Zuma het die Konstitusionele Hof besluite geneem en stappe gedoen wat nog nooit in Suid-Afrikaanse reg gedoen is nie. “Ek voel geregverdig omdat dit steeds die stelling van die minderheidsregters is dat alles wat sedertdien gebeur het, ongrondwetlik was.”

Dit is volgens Zuma belangrik om te onthou dat sy eie en sy regspan se pogings in die sake teen hom deel is van die stryd om geregtigheid, waardigheid en respek vir die swart Afrikaan teweeg te bring.

“Ek was tien jaar lank ʼn politieke gevangene onder die apartheidsregime, wat nie omgegee het vir my regte nie. Ek het die houding van die apartheidsregime verstaan omdat hulle inderdaad my onderdrukkers was. Nou was ek ʼn gevangene sonder ʼn verhoor in ʼn Suid-Afrika wat na bewering vry is en die regte van sy burgers eerbiedig, waar ek nooit gedink het dat dit met my of iemand anders sou gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Boksombende ·

Laat die wet geskied. Laat Zuma lesopse op sy oudag vir die varval van Suid Afrika wat hy gelei het met sy kriminele hand en korrupte kaders.

Henning ·

Wat Zuma so onsamehangend probeer sê, is dat daar ‘n spesiale stel reëls en wette vir hom moet wees en ‘n ander stel vir die res van die wetsgehoorsame bevolking.

Friedrich ·

Ag ou toppie, raak rustig en dink oor jou ‘nminagting, want jy het mos gedink jy is ontasbaar. ZUMA = IZINYOKA (moeilikheid maker).

Kokerboom ·

Zuma diktatuur!!!Wonder hoe voel dit om die stigter van so ‘n vernietigende beleid te wees? Seker NIKS in sy geval

Misky ·

Jip, sodra hulle in ‘n hoek gedryf word, word daai apartheid kaart uitgeruk en nou is dit sy eie mense. Kry vir jou katvis!!!!

jou gewete ·

Hoekom publiseer julle mog die stomme besetene se stories

Manda ·

Zuma se kaperjolle sal dit moontlik maak vir die geqone man op straat om die wet ook te toets. Laat hy gerus voortgaan met sy manewalisse.

Gerhard ·

Ek voel nie veel, of het geen simpatie met Zuma nie. My voorstel….herroep die 15maande tronkstraf, maak die korrupsiesake wat so sloer klaar, hou op om ons (belastingbetalers) se geld te mors deur toe te laat dat die korrupsiesake, geldwassery en en en sake afgehandel word en stuur hom dan tronk toe vir sy laaste dae. Alhoewel, dit sal seker ook nie gebeur nie a.g.v sy “swak gesondheid”. Laat dit nou ek is wat sulke sake teen my gehad het, het ek al lankal agter slot en grendel gesit vir wie weet hoe lank. Hy is dalk n oud President, maar, hy is steeds n burger net soos ek en jy, vonnis hom en kry klaar. Daar is genoeg bewyse en getuies. Ons regstelsel stel teleur wat hooggeplaasde regeringsamptenare aanbetref. Daar word miljoene spandeer op sake wat nie afgehandel word nie. Begin dan bietjie daardie regters ondersoek wat die sake dalk uitrek vir hulle eie gewin…… Anyway, eks n leek, maar, die leek is siek van die alewige nonsens wat netnie klaarkry nie.

JM ·

Zuma behoort geen publisiteit te kry nie. Wat weet hy van “diktatuur” af? Kan nie eers behoorlik lees nie! Hy word voorgesê deur regsmense wat net so siek soos hy is. Hy het hierdie land onherstelbare skade berokken. Moenie vergeet nie, Zuma en kie., die wiel van geregtigheid draai stadig maar gewis. Elke hond kry sy dag en ‘n brak kry ‘n naweek.

Jacobus ·

Verkeerd Mr Zuma – Suid Afrika het in ‘n ongrondwetlike sirkus verander.

Porseleintjie ·

Oh please. Zuma dis jy wat die president geskep het toe jy aan bewind was. Wette het nog nooit vir jou bestaan nie. Dalk n geval.van die skoen is nou aan die ander voet?

Jan Seerot ·

Net die veterane van die ou SAW sal nou verstaan: “Ek voel vir jou soos ‘n moeder….”

marbacca ·

Dit gaan soos ‘n diktatuur voel as jy die wet sien as ‘n vae voorstel vir ander mense terwyl jy self eenvoudig verwag om met enige iets weg te kom

Robert ·

Lagwekkend dat die krimmineel deur die media tyd gegun word om sy gif te strooi.

Johann ·

Booo hoo hoo…cry me a river terroris skaapwagter plunderaar. Gewetenloos, onaanspreeklik en onaantasbaar in sy eie wêreld van mede magsbehepte leunaars.

Belinda ·

Ag shame, whatever floats your boat net sodat jy nie na die slegte persoon lyk nie. tsek!

Heinrich ·

Ag shame, hy sukkel maar nog altyd met die konsep van westerse demokrasie. Nee alles werk nie volgens die stat se hoofman nie.

Bosvelder ·

Moenie worry. Nog net vier en honderd twintig en agt dae oor van die tronkstraf.

Mariana ·

Zuma kan net nie verstaan dat hierdie land se mense nou keelvol is vir hom en sy hele nageslag nie. Liewe Hemel gaan hy dan nooit net aanvaar dat hy ‘n gewone mens is wat ‘n krimineel is nie. Hy het hierdie land onherstelbare skade aangerig en is daagliks steeds besig daarmee. Hy kry heeltemal te veel aandag en kanse.

Chris ·

Aangrypend dat slegs sekere “parlementslede” Apartheid die skuld gee om hul skuld te kamoefleer. President Mandela het nooit die ou regering die skuld gegee vir sy 27 jaar in die gevangenis, maar Zumpie herinner steeds almal daaraan, terwyl die ANC vir 27 jaar absoluut niks vir ons land beteken en gedoen het nie. Storie nou heeltemal HOLRUG gery. Vat jou pak soos ‘n man!

marius ·

Dink net as hy by die huis kom en die vrouens wag elkeen met ‘n klagte lysie . Dan is 15 maande mos ‘n blaas kans .

Gert ·

Ek wonder wie maak hom so slim? Hulle moet aangaan met hul advies…. Sy streke is besig om hom “big time” in te haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.