Beleërde oudpres. Zuma verskyn Maandag weer in die hof op 16 aanklagte van bedrog en rampokkery.
Die saak, wat in die hooggeregshof in KwaZulu-Natal aangehoor word, hou verband met die omstrede aankoop van wapens by vyf Europese wapenhandelaars meer as twee dekades gelede. Die Franse wapenmaatskappy Thales word saam met Zuma aangekla. Die transaksie het destyds R30 miljard beloop. Albei die beskuldigdes ontken skuld.
Zuma het reeds talle onsuksesvolle aansoeke gebring om die aanklagte te laat vaar en die saak is reeds vier keer uitgestel. Al sy regslui het intussen kennis gegee dat hulle bedank, sonder om in die openbaar redes daarvoor te verskaf. Kenners spekuleer nou dat dié stap ʼn verdere poging kan wees om die saak uit te stel.
“Dit is amper onvermydelik dat hy of sy nuwe regspan – indien daar een is – sal vra vir uitstel,” sê James Grant, ʼn prokureur wat nie by die saak betrokke is nie.
As sosiale media enige aanduiding van die oudpresident se gemoedstoestand is, is hy duidelik nie erg gepla oor die swaard van geregtigheid wat oor sy kop hang nie. In ʼn video wat op Twitter gedeel is, wys dit hoe die president ʼn paar lawwe danspassies saam met sy kleindogters uitvoer.
Baze ba Happy abantu ???????????? pic.twitter.com/CL9CR4c54o
— MTHOKOZISI (@Mthigo_) May 4, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Jy moet maar lekker dans
Zero Useless Mad Anyway
Sy dag sal kom . Maar nie voor ‘n aardse regter nie .
Belaglike regstelsel in SA. Hy dans al jare lank al om die howe
Speel maar lekker met ons howe – hulle dink hulle doen hulle werk flink deur alles uit te stel.