Zuma sal aandag gee aan Mogoeng se versoek

Pres. Zuma en hoofregter Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma en hoofregter Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma se kantoor het Donderdag gesê hy het kennis geneem van hoofregter Mogoeng Mogoeng se versoek om ʼn vergadering te hou.

“Die president sal aandag skenk aan die kwessie sodra hy van die BRICS beraad in Ufa, in die Russiese Federasie, terugkeer,” het die presidensie gesê.

Die land se top-regters het Woensdag gewaarsku teen die “herhaaldelike en ongegronde” kritiek teen die regbank van die regering se kant. Hulle het ʼn versoek gerig vir ʼn vergadering tussen Mogoeng en Zuma.

“Die hofhoofde en senior regters van alle afdelings het ʼn versoek gerig dat die hoofregter, as hoof van die regbank, met die hoof van die regering vergader. Die doel van hierdie vergadering sal wees om die gevare van die herhaaldelike en ongegronde kritiek op die regbank uit te wys. Kritiek van hierdie soort het die potensiaal om die legitimiteit van die howe te verminder. Howe dien ʼn openbare doel en behoort nie ondermyn te word nie,” het hulle in ʼn verklaring gesê ná ʼn vergadering by OR Tambo-lughawe in Johannesburg.

Mogoeng het joernaliste toegespreek ná die vergadering en gesê: “Ons hoop om ʼn manier te vind vir kwessies om op daardie vlak geopper te word.”

Hy het verder gesê die regbank is by ʼn punt van introspeksie en nie by ʼn krisispunt nie. Hy het ook gesê dat hy nie kan voorspel hoe Zuma sal reageer nie, maar dat hy volle vertroue het dat die president sal reflekteer oor die situasie.

“Baie mense het al die regbank gekritiseer en ons wil die nasie verseker dat die regbank getrou bly aan hul grondwetlike mandaat en dat sekere kwessies hanteer word nie om enigiemand aan te val nie.”

Mogoeng het gesê een van die belangrikste goed wat hulle gedoen het, was om weer die kritiese rol wat die reg speel duidelik te maak.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het verlede maand die regbank gekritiseer vir sy beweerde vooroordeel teenoor die regerende party. Mantashe het spesifiek twee howe uitgelig – die Noord-Gautengse hooggeregshof en die Wes-Kaapse hooggeregshof. Hy het dié howe daarvan beskuldig dat hulle teen die regering en die ANC is.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Almal wat wil maak soos hulle wil gaan n probleem hê met die howe se uitsprake. Kyk na Zimbabwe en kie.

Peet Schabort ·

Kyk na die hoofopskrif na die spelling van ‘Mogoeng’.

Hansie ·

Hy en sy luitenante is dan bo die hof en wet verhewe. Hulle moet mos die voorbeeld stel maar praat met ‘n klip en jy kry meer reaksie. As almal wetteloos voort voeter, waar gaan ons land?

NEL ·

Hansie, nee wat Moegoeng , moet seker gewees het Moegoe loop sommer lekker saam met die berig. Op die foto bo is Zuma klaar besig om vir Moegoe te brief hoe die gesprek sal verloop en wat die terug voer moet wees aan die klop lewelose landsburgers wat meer vrae het as antwoorde.

Johannes Meintjes ·

Die kerk, die regbank en die regering is veronderstel om altyd neutraal en in geregtigheid te handel sodat die burgery se welstand verseker word en die land kan vooruitgaan. In werklikheid is die regbank nie onpartydig nie, ook nie in SA. As voorbeeld kan mens kyk na talle polities-gemotiveerde of ondersteunende uistprake in gevalle van munisiplaliteite se vergrype en versuim, en RA (“Regtsellende Aksie”) afleggings sedert 1994. So bv. is ‘n wel-bewese “klas aksie” raakende sleepbootkapteins en haweloodse in Portnet in ongeveer 2002 afgewys deur die hof omrede dit glo ‘n “nadelige” president sou skep vir die nuwe politiek en RA in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.