‘Zuma sal armes gebruik om verkiesing te wen’

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma is ʼn “meesterstrateeg” wat die armes sal gebruik om te verseker dat die regerende ANC-party weer verkies word.

Die skrywer en politieke ekonoom Moeletsi Mbeki, jonger broer van oudpres. Thabo Mbeki, het Woensdagaand tydens ʼn geleentheid by die Hilton Hotel in Durban gesê die groot getal armes werk in die ANC se guns.

“Jacob Zuma ken die getalle. As ek Jacob Zuma was, sou die getalle my nie gepla het nie. Hoekom enigiets verander as die arm, onopgevoede mense aanhou vir jou stem, maak nie saak wat jy doen nie? Die ANC se ekonomiese beleid sentreer om herverkiesing, nie belegging nie.”

Mbeki het syfers uit sy nuwe boek, A Manifesto for Social Change – How to save South Africa, aangehaal en gesê 64% van diegene wat in die 2014 algemene verkiesing vir die ANC gestem het, was werkloos en het nie hul hoërskoolloopbaan voltooi nie.

Mbeki het gesê ʼn peiling wat ná die verkiesing deur Ipsos gedoen is, het aan die lig gebring dat slegs 25% van ANC-kiesers ʼn voltydse werk het, terwyl 11% slegs deeltydse werk het en 64% werkloos is.

Die peiling het ook aan die lig gebring dat 41% van ANC-kiesers ʼn matrieksertifikaat het terwyl 46% ʼn vorm van hoërskoolonderrig het. Volgens die peiling het 4% van ANC-kiesers geen opleiding nie en slegs 9% het tersiêre onderrig.

Mbeki het gewaarsku dat die hoë vlakke van werkloosheid in die land en die regerende party “politieke risikofaktore” is aangesien die ANC toenemend in konflik is met die swart armes, van wie die meerderheid sy stembasis is.

Mbeki het gesê die mees dramatiese voorbeeld hiervan is die konflik by die Marikana-platinummyn in 2012 toe 38 mynwerkers doodgeskiet is. Hy het gesê ʼn toename in gewelddadige diensleweringsbetogings en die onlangse protesaksies oor die kandidaatlyste beklemtoon die konflik tussen party en kiesers.

Mbkei het gesê belegging is die eerste slagoffer van voortgesette politieke onstabiliteit. “Die staat bevorder nie belegging nie, maar verbruik,” het hy gesê. Staatsamptenare in Suid-Afrika is van die hoogs betaalde in die wêreld en verdien groter salarisse as diegene in die private sektor.

“Jacob Zuma verdien meer as Angela Merkel en David Cameron. As jy na die BBP van die lande kyk in vergelyking met Suid-Afrika – dis belaglik. Suid-Afrika is in die moeilikheid en daar is iets baie groot fout met hoe die politieke elite die land regeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

henda ·

ja defnitief die armes van gees, die arme mense wil ook maar nie leer!

Omdat ·

Omdat hulle gese word om kinders te he op die ouderdom wanneer hulle kan. En Regering betaal hulle. Dis so sleg dat hulle op leuens gebou word. Shame

Jan ·

Onomstootlike realiteite. En as iemand net kan sê wat is die oplossing en hoe gaan ons ooit uit hierdie gemors uitkom??

Johann Marx ·

Jan? Daar is nie ‘n oplossing nie. Kom ons veronderstel jy is ‘n moeras, besig om te sink….gaan dit help as jy met die moeras redeneer? Gaan dit help as jy met die moeras probeer onderhandel? Gaan dit help as jy die moeras dreig? Nee, Jan…..die enigste manier vir jou om te oorleef is jy moet die moeras dreineer….totdat jou voete vastigheid vind. Ek en jy sit vasgevang in Afrika…..ek het vir afgelope 20 jaar probeer om “verandering teweeg te bring”….deur die konstitusie, die Menseregte Kommissie, die Howe, die regstelsel, burgerlike verset, burgerregte groepe, sosiale media….noem maar op. En wat het ons bereik? Absoluut niks nie. Afrika demokrasie is ‘n proses waar die minderheid kan deelneem aan hulle ondergang….maar onder gaan gaan hulle. Ter wille van oorlewing het jy basies een keuse….kom uit die moeras uit. En as jy nie kan nie? Dan is jy gedoem….Sorry, Jan.

Magriet ·

Presies. So in n demokratiese land soos ons land, ” the people rule” . Word ons deur die onopgevoedes, ongeletterdes, oningeligtes en selfs die kriminele in die tronk, want hulle het ook stemreg gegeer. Tensy daar verandering kom en jy stemreg verdien, deur n bydrae te maak aan die land in plaas van afbrand, steel en moor, sal bg ons in n afwaardse spiraal vashou.

Rupert Ashford ·

Moeletsi se broer het ook maar die strategie gevolg en so ook die ou Aartsterroris voor hom. Maar ek stem saam met Moeletsi dat daardie syfers skrikwekkend is, veral met die gewetenlose EFF wat aan die marsjeer is. Hou die volgende verkiesing dop. Die DA en ANC gaan lelik getik word.

Oupa D ·

Rupert, jy verwoord my vrese! Beide die ANC en DA gaan seerkry – en wat dan….?

Frederik ·

Moeletsi se broer het self ook maar vere gevoel vir die land se ekonomie. Dit was hy wat geweier het dat daar nog kragstasies gebou word. Dit was tydens sy termyn dat BEE ingestel is.

John ·

Moeletsi Mbeki en die OB is van die min swartes wat die rooiligte sien brand, maar hulle word met minagting bejeen deur die regering. Moeletsi is baie slimmer as sy broer wat president geword het. Miskien juis daarom…

Bruno Stef ·

Dit is moelik om die stryd teen bygeloof en beheer oor die propogandamasjien wat gebruik om die ANC te bevoordeel te wen.Voeg daarby die die faktor van die voorvadergeeste wat in die nabye toekoms weer uitgehaal gaan word en jy het n wenresep.Let op na die belaglikhede wat tot en met verkiesingsdag na vore gaan kom alles net om die mag te behou.

Chrisjan ·

Dit is hoekom dit beter sal wees as ons maar weer afgesonder van die armes kan leef.

Jan maak n Plan ·

Dis ook hoekom die ANC met alle mag en krag sal keer dat die 800 en iets klagtes van korupsie teen Zuma nie in die hof sal kom nie. Dit sal dan oorspoel na die ANC ringkoppe en hulle maatjies toe ook en dan gaan die spreekwoordelikke “poef die fan strike”. Want die klagtes van korupsie teen Zuma sal net die puntjie van die ysberg wees. Ek kan daarvoor nie wag nie.

Johannrrf ·

Jan met ‘n Plan, Ek stem saam dat die Poef die Fan gaan Strike, maar daar sal dan ook niks gebeur nie, want dit is juis hoekom hulle vir ESKOM totniet gemaak het, sodat die fan nie kan draai nie.

Hasie ·

Johann Marx, jy beskryf die regering van ons so absoluut in die kol.

Niets ·

Maroela..kyk asb na die jaar 2104 in jul berig. Verder is dit ‘n baie insiggewende berig, dankie! Die hoof gevolgtrekking wat ek kan maak ná ek dié berig gelees het is dat daar aansienlik meer tyd en befondsing aan kwaliteit onderwys spandeer moet word. Hoé meer geletterd die mense word, hoé wyser raak hul keuses..

Bittereinder ·

Dis tyd dat ons begin besef dat God die sê het van wat gaan gebeur. Mens kan sy planne maak maar God bepaal die uitkoms. Wat vir ons onmoontlik is, is vir Hom moontlik. As ons onsself vasstaar teen wat voor ons is, sal die toekoms in ons land baie donker wees, maar as ons ons oë op Hom rig en glo en vertrou dan lyk die toekoms sommer baie beter. Ons moet bid vir ons land se mense en vir die leiers. As God ń land soos Uganda kan verander, dan kan Hy verseker ons land ook verander. IMANUEL

Magriet ·

Bittereinder dit is werklik dat God in staat om enige iets te doen, maar hy gebruik gewillige mense om verandering te bring
” The only thing necessary for the triumph of evil is that good men do nothing.” Sien ook Spreuke 25:26 n Regverdige mens wat swig voor die goddelose is soos n fontein vol modder, soos n put met vuil water.

Jannes ·

Geen land in die wereld is bestand teen ‘n tsoenami nie. Gee eerder pad voordat dit jou verswelg.

Rynhardt ·

Zuma en Anc weet hul het miljoene ondersteuners wat hul speel, daarom kan hul geen verkiesing verloor nie! Vir welsyntoelae is daar 17miljoen alleeen gerigistreer, die Anc het hul klaar in sy sak! Op E-Tv het Zuma weer uitgevaar teen dr.Verwoerd en sy rassistiese neigings.Dit het gewerk soos n bom! Verwoerd was nie die vader van apartheid nie, maar wel Engeland wat dit in 1809 geimplementeer het.Vir jare het die liberale en kommuniste die leuen teen dr.Verwoerd en Afrikaner bemark.Verder het Zuma ook teen afrikaans uitgevaar wat aan die jeug opgedwing was.Hy speel die regte kitaar van breinspoeling! As Zuma en Anc so n opsessie het met dr.Verwoerd, hoekom klop hy en Anc nie dr.Verwoerd se 6% ekonomiese groei wat hy bereik het nie? Hul kan nie, want Zuma en Anc het SA ekonomies vernietig in 22jaar, n wereldrekord wat niemand hul kan nadoen nie!!

Theuns ·

Zuma se vraatsigtigheid het geen keer nie en is besig om die land teen die spoed van lig te vernietig. Hy en sy staats amptenare is die grootste in die wereld en verdien ook groter salarisse. Die Privaat sektor wat die rykdom skep en belasting betaal is besig om te verklein en finansieel te verloor. Die vraatsig gaan maak dat daar aan die einde van die dag niks oorbly nie, nie vir die staatsdiens nie en ook nie vir die privaat sektor nie.

Lance ·

Jip dis hoekom ons die mense wil dom hou en die onderwys n gemors is ….is bewys dat sodra mense opgevoed raak en studeer etc dan stem hulle nie meer anc nie

Joann ·

Haai nou toe nou hy gaan seker van sy rykdom uitdeel en minder spandeer op luukse.

Joann ·

Rynhart jy slaan spyker op die kop. As daar een persoon is wat blaam moet dra is dit F.W.De klerk. Ons verraai en weggegee. Hans kakie.

neelsie ·

Anc se sampioenbeleid;;
Hou hulle in die donker en voer hulle mis.
Brand skole af , dalk word ondersteuners slimmer as die leiers.

Stoffel ·

Daar is een sinsnede in die artikel waarmee ek nie saamstem nie. Dit is waar gese word “Jacob Zuma verdien meer as Angela Merkel en David Cameron… “. Hy “verdien” niks – hy kry maar net, hy word meer betaal as hulle.

Johannes Meintjes ·

Is die armes tevrede met wat met SASSA pensioene en Grindrod Bank aangaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.