‘Zuma sal besluit of weermag ontplooi word’

Fikile Mbalula. Foto: ANA

ʼn Versoek om lede van die Suid-Afrikaanse weermag op plekke te ontplooi waar hoë vlakke van geweldsmisdaad voorkom word tans deur die presidensie oorweeg, het die minister van polisie Dinsdag gesê.

Minister Fikile Mbalula het aan die parlement se portefeuljekomitee vir polisie verduidelik die weermag sal nie gebruik word om die polisie se werk te verrig nie, maar eerder as versterking. “Ons reageer op ʼn kommerwekkende situasie met betrekking tot ons gemeenskappe waar daar gewelddadige dade deur gewelddadige misdadigers uitgevoer word,” het hy gesê.

“Hierdie is nie ʼn statiese, permanente posisionering van die weermag om die polisie se werk te doen nie. Ons kyk na taktiese ontplooiings en hulle [die weermag] sal deur die SAPD gelei word.”

Mbalula het gesê die besluit om die weermag te ontplooi sal van pres. Jacob Zuma kom. “Die president sal ons die groen lig gee sodra hy die saak tussen hom en die mense wat hom oor die kwessie adviseer uitgeklaar het.”

Mbalula het gesê indien dit goedgekeur word, sal die weermag in misdaad-gevaarpunte in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal ontplooi word. Die drie provinsies is onder dié waar die meeste moorde in die afgelope boekjaar voorgekom het.

Gauteng, Suid-Afrika se digbevolkste provinsie, het in die 2016/17 finansiële jaar 4 101 moorde aangeteken, ʼn styging van 6,7%. In KwaZulu-Natal is 4 014 moorde aangeteken (ʼn styging van 2,2%) en in die Oos-Kaap 3 628 moorde (ʼn daling van 0,6%).

In die Wes-Kaap is die vierde meeste moorde aangeteken – altesaam 3 311, ʼn styging van 2,7%. Bendegeweld dra in ʼn groot mate by tot die moordsyfer in dié provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Leahim ·

Ek dink die weermag moet hulle werk doen en die grense begin beveilig en ook op die plateland ontplooi word om die plase te patroleer.

Ehl ·

Eks nie so seker dat ek gewapende mense onder direkte beheer van ons president so naby aan my plaas wil hê nie.

Vermeende ·

Hierdie voorspel niks goed nie en voor julle dink dit sal n briljante idee wees, dink mooi.
As Zuma ja se wat ek glo hy gaan doen dan is ons bollie hier.

Hennie ·

Dit beteken baie meer verkragtings waar die weermag nou gaan “beskerm”

Carel ·

Ek stem saam. Hou maar dop, hulle gaan hulle tol eis. Gladnie onskuldige beskerm engeltjies om ‘n taak te verrig nie.

Dafer ·

Onder geen omstandighede mag die weermag toegelaat word om hoegenaamd te ontplooi word om polisiering te doen nie!!!!
Zuma wil ons almal kaap! Keer! Keer!
Gebruik liewer die organisasies wat buurtwag beskerming doen!
Afriforum, daar is moeilikheid aan die kom. Zuma wil permanent president bly, en hy gaan die weermag gebruik om dit te bewerkstellig!!!! Die polisie kry dit nie eers reg om polisie op te lei nie!
Keer! Keer! Keer!!!!

Vermeende ·

Wat verwag die gemidelde lese sal gebeur as Zuma vir Ramaphosa fire en die vreeslikste gefabrieseerde aanklagtes teen hom bring om hom te diskrediteer, klagtes soos verraad sal verseker dat hy nie sal kan staan as ANC persident nie en dit is dan n clean slade vir Dlamini Zuma as enigste ANC kandidaat.

Dink julle ook dit sal chaos veroorsaak en die massas in die strate kry, nou sal ek graag wil weet, as Zuma nog die besluit moet neem hoekom was die weermag reeds gister in Ermelo gewees?

Johann ·

Mense lees mooi! Jacob Zuma, n desperate kern korrup magsbehepte, gewetenlose ANC ANARGIS…het reg en rede (lees verskoning), om die WEERMAG, landswyd, te ontplooi!!!!! Moenie naief wees nie asb! Dis in detail beplan. Veroorsaak anargie landswyd, wees skielik bekommerd oor dit, en deploy Zuma se ANC weermag! Reg en ready om sy magstryd binne en buite die ANC af te dwing!!!!!!

Johannes ·

Ek stem nogal saam Johann. Hier kom dalk groter moeilikheid as wat ons besef. Intussen speel ons hofsaak-hofsaak.

Ons moes LANKAL ons eie beskermingsmag op die been gekry het! Ek het dit reeds met die eerste Krisis Beraad van Solidariteit voorgestel.

Ons beter bitter vinnig wakker word!

Andrea ·

Jy is ongelukkig reg, glo ek. n Ontplooide weermag onder korrupte bevel… Dit sal die begin van die einde wees.

snoefie ·

as die polisie so onbevoeg is, deel maar daardie befaamde goue anc handdrukke uit. daar is duisende blankes wat baie bevoegde wetstoepassers sal wees sonder om boelies te wees. hulke bid letterlik vir n geleentheid om te kan werk.

Callie ·

Ek het byna n jaar terug op maroela gewaarku dis sy strategie. Veroorsaak genoeg chaos en moorde, kry die weermag daarvoor in, goeie verskoning om hulle landswyd te ontplooi, en dan as jy mag oorvat met n staatsgreep is jou troepe reeds in plek. Niks gaan die ou keer nie. Wat doen Suid Afrikaners, elkeen skryf sy ou kommentaartjie en geen beroep op saamstaan. Gaan dink mense, gaan dink voor jy kommentaar lewer. WAARNATOE

Adam ·

Callie, wil jy nie asb vir ons verduidelik hoe ‘n regering ‘n ‘n staatsgreep op homself uitvoer nie. Die ANC is aan bewind, so die idee van ‘n staatsgreep is nie van toepassing nie. Die ongelooflike wetteloosheid en die enorme omvang van kriminaliteit speel eerder in die hande van Zuma se vyande, met die EFF as die grootste begunstigde. SA was nog nooit polities so onstabiel nie en die SANW idee is bloot ‘n desperate poging om die SAPS, wat terloops onderbeman by te staan. Dit kan nooit werk nie, aangesien beide SAPS en die SANW opersaioneel disfunksioneel is. Dit is so goed jy vra vir “honger” on vir “dors” te help.

Johanna Botha ·

Wat hy ookal besluit kan ons maar weet dit gaan verkeerd wees …presies wat mens kan verwag van iemand met net n std 3 .

tom ·

Om die weermag te ontplooi kondig zoompie basies n nood toestand af wat hy laat aan gaan vir die desember verkiesing om hom te beskerm .onthou hy weet die mense gaan betogimgs hou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.