Zuma sal binnekort Marikana-verslag ontvang

Reter Ian Farlam, hoof van die Farlam-kommissie van Ondersoek oor gebeure by Marikana in Augustus 2012 Foto: Departement van kommunikasie

Reter Ian Farlam, hoof van die Farlam-kommissie van Ondersoek oor gebeure by Marikana in Augustus 2012 Foto: Departement van kommunikasie

Die Farlam-kommissie van Ondersoek is besig om sy verslag oor gebeure by Marikana in Augustus 2012 af te handel en sal die dokument teen Dinsdag aan pres. Jacob Zuma oorhandig.

“Ons is steeds binne ons sperdatum,” het Phuti Setati, die kommissie se sekretaris, gesê. “Die kommissarisse is besig om die dokument te finaliseer.”

Volgens Setati is die kommissarisse in gesprek met die presidensie oor hoe die verslag oorhandig moet word. “Ons het nog nie aanwysings ontvang van hoe die verslag voorgelê moet word nie. Sodra ons die verslag afgehandel het, is die werk van die kommissie ook afgehandel.”

Die kommissie het die afsterwe van 44 persone tydens stakingverwante geweld by Lonmin se platinummyn in Marikana, naby Rustenburg in Noordwes ondersoek. Altesaam 34 persone, hoofsaaklik stakende mynwerkers, is in ʼn bakleiery met die polisie doodgeskiet. Meer as 70 persone is gewond en 250 persone is op 16 Augustus 2012 in hegtenis geneem. Die polisie het gepoog om die skare uit mekaar te verdryf en hulle te ontwapen.

Tien mense, insluitende polisiebeamptes en twee veiligheidswagte, is die vorige week dood.

Lees alle vorige berigte oor Marikana op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Dit laat my wonder hoekom hierdie kommissies nie ook aangestel word om al die aanvalle, moorde en verkragtings op ons plase te ondersoek nie – of is dit ons regering se onoffisionele manier om die boere van hulle plase af te kry – lewendig of dood!!!

Gert ·

Mc Garage moet dit eers nagaan sodat as Zoempie soos altyd verkeerd lees moet Mackkie reg wees om te verduidelik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.