Zuma sal dan vrae beantwoord

Pres. Jacob Zuma op 28 Februarie 2015 by die Uniegebou in Pretoria tydens die Warriors Walk for Cancer  wat deur die Tobeka Madiba Zuma-stigting gereël word om bewusmaking te skep Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma op 28 Februarie 2015 by die Uniegebou in Pretoria tydens die Warriors Walk for Cancer wat deur die Tobeka Madiba Zuma-stigting gereël word om bewusmaking te skep Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Die presidensie het datums voorgestel wanneer pres. Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies kan verskyn om mondelings vrae te beantwoord.

“Gegewe die president se besige dagboek, kan onvoorsiene omstandighede moontlik veranderinge in die skedule teweegbring,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Pres. Zuma sal reeds op 11 Maart 2015 in die Nasionale Vergadering verskyn vir die eerste kwartaal.”

Die voorgestelde datums in die res van die kwartale is 18 Junie, 6 Augustus en 19 November. Die presidensie het 14 Mei voorgestel as die datum vir die Nasionale Raad van Provinsies.

Zuma het onder skoot gekom nadat hy nie in die parlement verskyn het om vrae te beantwoord nie. LP’s van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Zuma verlede jaar in Augustus onderbreek toe hy ʼn vraag beantwoord het oor die Nkandla-sage en hulle het “pay back the money” gedreunsing, met verwysing na geld wat glo wanbestee is by sy huis in KwaZulu-Natal. Die het daartoe gelei dat Julius Malema, leier van die EFF, en 11 van sy LP’s vir tussen twee en vier weke sonder betaling uit die parlement geskors is.

Die parlement het verlede maand gesê Zuma sal op 11 Maart slegs ses vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Die Demokratiese Alliansie het ʼn bykomende sessie versoek. John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het aan die parlement se programkomitee gesê die sessie op 11 Maart sal nie vrae hanteer wat Zuma versuim het om in die chaotiese sitting van 21 Augustus te beantwoord nie. Die presidensie het egter in reaksie op Steenhuisen gesê Zuma het skriftelik op die onbeantwoorde vrae reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Laetitia Hofmeyr ·

Suid Afrika is sterk oppad na ‘n tweede Zimbabwe.

Jaco ·

Alweer aanvaar ons alles met gemoedsrus. Ons word gemanipuleer, kort ‘n leier wat die pas aangee.

Ghost ·

Besige dagboek? Ja natuurlik met al sy reise na die buiteland om sy vrouens gelukkig te niks. Hy het nie tyd om sy pligte na te kom nie. Hy moet afbetaal word.

KaiingKop ·

Dis darem snaaks dat n hele land toelaat dat al die swaarkry en agteruitgaan wat veroorsaak word deur 1 man maar net voortgaan.
Like die mense dit as 1 ou die oorsaak is van alles…maak my president..dan sien julle n Nuwe Suid_Afrika. Eerstens word ons landsgrense toegemaak..almal uit wat nie hier hoort nie..Doodstraf word ingebring..Munisipaliteite word reggeruk…instandhouding en uitbreiding van die land word nie deur kontrakteurs gedoen nie..maar deur die werkloses..etc.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.