Zuma sal eers ná verkiesing op Nkandla-verslag reageer

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Die verslag van die spesiale ondersoekeenheid waarvoor pres. Jacob Zuma wag voordat hy op die Nkandla-verslag gaan reageer, gaan eers ná die verkiesing beskikbaar wees.

Zuma het Woensdag ʼn reaksie oor die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag by Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering, ingedien. “Daar is drie staatsagentskappe of instansies, naamlik die Openbare Beskermer, die ministeriële sekuriteitsgroepering en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) wat dieselfde saak ondersoek het,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Die president het besluit dat hy alle sake voor hom behoorlik sal ondersoek en sodra hy die uitslag van die SOE bekom het, sal hy besluite oor uitvoerende ingryping aan die parlement voorhou.”

Boy Ndala, die SOE se woordvoerder, het egter ná die geleentheid aan Sapa gesê dat die eenheid se ondersoek sal eers aan die einde van Mei afgehandel wees.

Hy het gesê die inligting op die SOE se webwerf wat aandui dat die verslag “afgehandel” is, is verkeerd. “Dit is ʼn fout, die stand van die verslag moet aandui dat dit steeds voortduur.”

Intussen het die Vryheidsfront Plus gesê Zuma se verskoning, dat hy nie gaan reageer totdat hy ook die verslag van die spesiale ondersoekeenheid oor die aangeleentheid ontvang het nie, is ‘n manier om sy verantwoordelikheid voor die verkiesing van 7 Mei te ontduik. “Die feit dat Zuma nie voldoen aan die OB se vereiste om binne 14 dae te reageer nie, beteken dat hy die OB se amp minag en sodoende die Grondwet van Suid-Afrika ondermyn,” het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, gesê.

Lees ook:
Zuma minag OB en Grondwet – VF+
Zuma se reaksie op Nkandla-verslag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Ag siestog kruip agter ou Mak maradus of garage weg bang vir die waarheid ne

george barnard ·

Mugabe het sy seuntjies mooi geleer .Hou maar dop hier is nog n Mugabe ,gaan die verkiesing regverdig en vry wees nee ,kyk maar na Zuma se verlede dan weet ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.