Zuma ‘sal inhegtenisneming nooit vergeet’

Die monument wat vir pres. Jacob Zuma en die ander rekrute van Umkhonto we Sizwe opgerig is. Foto: ANA

Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy sal nooit die dag vergeet toe hy by Groot Marico in Noordwes in hegtenis geneem is nie.

Die president het ʼn toespraak gelewer by die bekendstelling van die “President Jacob Zuma Inhegtenisnemingsterrein”.

“Ek sal nooit hierdie plek vergeet nie. Dit is waar ek in 1963 in hegtenis geneem is toe ons op pad was na ballingskap.” Zuma en 52 ander rekrute van Umkhonto we Sizwe (MK) was op pad na Botswana vir militêre opleiding toe hulle by Groot Marico in hegtenis geneem is.

Zuma het Woensdag vertel hoe die inhegtenisneming gebeur het en gesê hulle het in drie minibustaxis van Johannesburg af gery. Die bestuurder van die taxi wou ʼn korter roete na die Botswana-grens neem, maar het verlore geraak.

“Die bestuurder het erken ons is verlore en hy wou teruggaan, want hulle het net mense in die nag afgelaai. Hy het gekom met stories dat sy brandstoftenk lek en dat hy nie genoeg petrol gehad het om ons tot by ons bestemming te neem nie. Ons het vir hom gesê om te gaan en ons sal ons geld gebruik om die voertuig vol te maak,” het Zuma vertel.

“Ons het hier [in Groot Marico] aangekom en die polisie het ons voorgekeer. Hulle het ons Zeerust toe geneem en ondervra. Ons is een vir een ingeneem en ons het nie ʼn storie gereed gehad nie. Party het gesê ons is ʼn sokkerspan – daar was baie stories.”

Zuma het gesê hulle is aangerand en van mekaar geskei nadat hulle ondervra is. “Ons is later in ʼn sel gesit en het beplan om te ontsnap. Die volgende oggend het die polisie ʼn ketting gevorm van die deur van die sel tot by die polisiewa. Ons het besef daar is geen manier wat ons kan ontsnap nie, behalwe vir een man, Riot Mkhonazi. Hy het ʼn klein opening tussen die polisiebeamptes gesien en gehardloop. Hulle het hom gevang voordat hy die hek kon bereik. Ons het besef niemand kon daardie risiko neem nie.”

Hy het gesê hulle is in Pretoria in polisieaanhouding gehou en vir nege dae lank aangerand. Zuma is later tot tien jaar tronkstraf op Robbeneiland gevonnis.

Die Groot Marico Erfenis- en Inhegtenisnemingterrein langs die N4-snelweg tussen Zeerust en Rustenburg is toegewy aan die vryheidstryd en die bydraes van talle aktiviste wat deur die Zeerust/Lobatse-grens in ballingskap gegaan het.

Die ses meter hoë monument is bekend gestel te midde van klagtes van opposisiepartye in Noordwes dat die geld eerder vir beter dienslewering aangewend kon word. Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het gesê die geld wat gebruik is om die terrein op te rig is minder as R2 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Apache ·

Lyk my so dat al die gevangene wat op Robbeneiland gevange was kry elkeen n beurt om president van SA te word.
Ons kan piesangs wat krom is probeer reg buig maar dis n verlore stryd met ANC aan bewind.

Pensioenaris ·

Die gemors het “minder as R2m gekos”? Geld was aangewend kon word vir behuising van die plakkers wat in daardie dorp woon. Maar nee, dit word gemors ter verheerliking van nog ‘n groter gemors!!! Dis om van naar te word…..

Johan ·

Minder as twee miljoen maar n miljoen meer as wat dit werklik kos…..

E. Eksteen ·

Wat ae minibustaxi het hulle in 1963 gehad? As ek reg is het daardie tipe voertuie eers na 1963 in gebruik gekom.

Daan ·

R1348 was GROOT geld. En ‘n kombi was een van die voertuie wat die swaarte op petrol was.

SP ·

Daai tyd gebrek aan beplanning en intelligensie(soos in slim),vandag nog dieselfde,niks het verander nie.

Vermeende ·

Minder as R2mil, probeer hy vir ons vertel hoe goedkoop dit was.
Hy ken nie die waarde van geld nie en het sekerlik nog nooit n dag se arde arbeid gedoen om belasting te betaal sodat dit gemors kan word nie.
Soos Zim sal almal een dag biljoeners wees en dit in een noot.

Dirk Strauss ·

Zuma gaan sy volgende inhegtenisneming ook nooit vergeet nie….

DR ·

Nou besig om die hele Zuma familie te vestig in die Emirate, nie Robbeneiland

Boet Fasie ·

Hoop Zuma vat die gemors saam as hy uit die land gee pad saam met die Guptas. Guptas gaan seker volgende ‘n monument kry wat lyk soos ‘n R 200 noot of soos ‘n paar hand boeie – maak mens siek

Oom P iet ·

Dit is jammer hulle het hom destyds losgelaat, as hulle hom daar gehou het was al die moontlike hofsake nie vandag nodig nie.

Andrea ·

Ja, sug! Daai dae was die polisie kookwater. Skelms, moordenaars en terroriste is uit die samewerking verwyder.

John ·

Was daar nie ‘n storie van Herman Charles Bosman oor ‘n Sputnik wat in 1963 in Groot-Marico geland het tydens die mampoerfees nie. Die fees het glo ‘n volle 9 dae geduur en… en… toe die groen mannetjie uit die kontrepsie klim en vra waar die taxi-staanplek is want hy wil na Betsjoeanaland vlug want die Russe is so wreed en al kan hy nie Tswana praat nie, sal hy tog maar gaan… maar toe bied die ou oom hom mos ‘n glasie aan vir die skok… Weet iemand verder? Dis glo ‘n ware verhaal….

Gatvol verby ·

Tipies. Die soustrein loop datem lekker. Sy eie mense vrek vd honger maar ona het R2 mil om te mors op, siestog soldate. Is dit.n ronde bal of twee koppe.

Max ·

n Monument vir terroriste, korruptes, rondslaapers, ens. Waar gaan dit eindig?

Eish ·

Die mooi opgestelde balletjie sal baie sin maak vir onse Louis Oosthuizen. Genadiglik is dit nie n standbeeld nie.

Johanna Botha ·

Ek wens hy wil op die monument gaan sit en dink aan sy fondament want dit is wat oor is van SA na sy bewind !

Wanda ·

Wonder wat gaan groot marico se naam word, dis seker volgende op die lys

MM ·

EN GLO MY ONS SAL DIE KORRUPSIE EN BEDROG WAT JY IN SA GEDOEN EN TOEGELAAT HET OOK NOOIT VERGEET NIE – WAT N SKANDE DAT N STANDBEELD OPGESIT WORD VAN IEMAND WAT SA TOT IN DIE GROND IN AFGEBREEK HET.

marous ·

Mense gaan hom ook nie vergeet nie…veral as hulle omkom van honger en gebrek aan mediese sorg en misdaad nie.

MM ·

EN ONS SAL DIE KORRUPSIE / BEDOG WAT JY IN SA TOEGELAAT HET OOK NOOIT VERGEET NIE,, WANT DEUR DIT IS ONS MOOI LAND TOT IN DIE GROND AFGEBREEK.

Partiekie tyd ·

Lekker kom “vier” die Staatspresident se plek van inhegtenisname!! Jubel en juig daaroor. Lyk my dis nie so ‘n slegte ding of straf om ‘n kriminele rekord te hê nie. Mens kan baie vêr kom met een as sonder een.

SjN ·

Zuma plus 52 rekrute plus 3 drywers, almal in drie kombis, maw meer as agtien per kombi, so vandag se taxis volg net hul voorbeeld.

apie ·

so n kort naam vir die terrein……wonder wie het dit uitgedink. nou ja hierdie watertoring sal gou genoeg deur metaaldiewe weggedra word

Boet Fasie ·

John – die groen marsmannetjie wat met die sputnik in 1963 by die mampoerfees kom land het was mos ou Jumie, maar toe was die Guptas nog nie hier nie en kon hy nie vir sy glasie mampoer betaal nie en moes maar tevrede wees met ‘n glas Oom Tas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.