‘Zuma sál val’, maar danksy swart werkers, sê Malema

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Die revolusie teen die ANC en pres. Jacob Zuma sal die einde van kapitaal in wit hande beteken en ook grond aan sy regmatige eienaars teruggee.

Só sê Julius Malema, leier van die EFF, wat hom Maandag tot Twitter gewend het om teen “wit kapitaliste” uit te vaar. “Ek weier om die sogenaamde #ZumaMustFall-petisie te onderteken, omdat dit deur wit kapitaliste gedryf word. Zuma en die ANC sal val aan die hand van swart werkers.”

Malema het gereageer op ʼn petisie en sosiale mediaveldtog wat Zuma se kop eis. Dié veldtog het veral in die laaste week momentum gekry met Zuma se rondvallery tussen die ministers van finansies.

In dié tydperk is Nhlanhla Nene uit sy pos onthef, vervang met Des van Rooyen, wie se kop minder as vyf dae later geëis is toe hy vervang is met Pravin Gordhan. Gordhan het tussen 2009 en 2014 ook in die pos gedien.

Die ZumaMustFall-hutsmerk, verwys ook na ʼn aanlyn petisie op www.change.org.za wat Zuma se verwydering as staatspresident eis. Malema weier ook om dié petisie met sy ongeveer 151 000 handtekeninge te ondersteun. “Die enigste manier waarop ’n veldtog om van Zuma ontslae te raak, kan slaag, is as swart mense beheer daarvan neem.”

Volgens Malema sal Zuma dit nie oorleef tot 2016 se staatsrede nie. “Hy moet nêrens toegelaat word om namens ons mense toe te spreek nie, beslis nie as president van Suid-Afrika nie,” het Malema gesê.

Malema het later die hutsmerk #ZumaWillFall gebruik om te twiet dat Zuma nie weer ʼn staatsrede sal lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Manie ·

Malema is nou jaloers omdat hy nie eerstedaarwan gedink het nie. Word wakker klein Zumatjie die witmense is hier om te bly!
Met hulle geld!+

arie plaasboer ·

Malema,
Jou swart werkers gaan min vermag. Het jy regtig gedink dat die buiteland wat so hewig beleggings het in die RSA gaan met gevoude hande sit en kyk hoe hul belegging gaandeweg verskraal word deur Z.
Hierdie opstootjie verlede week het hulle oe oopgemaak en HULLE SAL sorg dat Z val- hy kan gewoon nie toegelaat word om verder die saak te vertroebel nie – Sy buitelandse aansien ten spyt.

BTW – dink nie Z sal daardie vliegtuig verder benodig nie. Sy aansien in die buiteland sal val soos `n klip.
Hoe kan hy deur die res van Afrika gerespekteer word as hy nie eens in sy eie land meer so hoog aanggeslaan word nie?

Tammy ·

Is Malema nie dalk een van die seuntjies wat deur Zoempie voorgese is nie? Nou baklei hy met sy papa. Dis n reuse grap!!

Elna ·

Ek dink weer hierdie lotte kry al hulle idees van Mugabe af. Die Rhodesiërs kon hierheen vlug maar waar gaan ons heen? Hulle kan ons nie see toe jaag nie, al wat oorbly is om ons te elimineer. Slegte, hartseer storie, ek sukkel met die dinge. Maar, soos iemand eenkeer gesê het: dis die feite. Tog, tsv alles, het ons die wonderlike versekering in die Woord: Hy wat volhard tot die einde toe, sal gered word. Ons kry in hierdie dae genoeg kans om ons saak met die Here reg te maak en erns met die Woord te maak. Niemand sal kan sê hulle het nie geweet nie. Amen! Here Jesus, kom spoedig Heer.

PIETER ·

Malema sien wat het binne 12 ure gebeur deur zuma se foute , pasop malema wat jy se daar kan erger dinge gebeur met sa markte en beslis nie sterker ni maar swakker en jou mense gaan da onder ly – gelukkig kiesers raak slimmer en nie dommer kyk kommentaar op zuma en meeste is ander kleurig dit kan jy sien ,di mense soek nie n 2de zimbabwe nie

Gerhardt ·

Sodra Zuma waai, is Malema se steun ook daarmee heen. Wie het gesê: “I will kill for Zuma”?

Gertjie ·

Malema is soos ‘n klein sneeu balletjie wat afrol teen ‘n styl berg. Soos hy afrol word hy al groter en groter maar iewers daar onder gaan hy hom tepletter val teen iets.

tamboti ·

Nee ek dink dit is ge-sensor, seker as ‘n nationale belangepunt geklasifiseer!

tamboti ·

Ja Malema, maar het jy nie gesorg dat Zuma president word nie? En nou wil jy hom verwyder, so wil jy ook die wit boere en kapitaliste verwyder, totdat jy weer agterkom jy was verkeerd. Ai man miskien moet jy nie vir die wereld wys hoe stupid jy is nie, of het jy nog nie daaraan gedink nie?
Ek het darem my houtwerk met onderskeiding geslaag.

fluiter ·

Kan die pers asb ophou die ou aandag gee dan sal hy weg gaan,en malema jy moet kom asb kom probeur grond hier vat dan kyk ons wat gebeur…

Flippie ·

Elke ANC president van Mandela af was swakker as die vorige een. Wat gaan ons na Zuma kry????? Daar is werklik nie veel beter in enige van die politieke groepering in die parlement nie. Die een haat die Afrikaners of Boere meer as die ander, selfs van die wit ouens wat daar sit.

Johannes Meintjes ·

Mens moet seker maar die vermaaklikheidswaarde van die dwaal-politiek in die SA gekkeparadys leer waardeer. Maar dat die regdenkende en konstruktief-bydraende bevolking groter inspraak en self-bestuurende impak sal moet leer maak, is besmoontlik baie belangrik.

Rika ·

More. Ek sal dit waardeer as ek ook daagliks kan pos kry. Dankie Rika

Fanie ·

Ja nee kyk, Malema is maller verby. As hy moet regeer het ons ‘n slagting in hierdie land! Hitler se moses!

Rynhardt ·

Malema het n obsessie met witmense.Malema vra vir die mininister van Finansies en vir jou geliefde Anc, hoeveel tonne goud en diamante word onwettig uit SA gehaal om die eetlus van die nuwe wereldorde en sy getroue ondersteuners in bedwang te hou? Dit het alles n invloed op die power ekonomie en voos rand!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.