Zuma sal vyf jaar termyn voltooi

President Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma sal sy vyf jaar termyn voltooi, ondanks ʼn besorgdheid oor sy gesondheid, het die Sunday Times berig.

“Daar is geen aanduiding dat ons bekommerd moet wees oor die president se gesondheid nie,” het Zizi Kodwa, woordvoerder vir die ANC, aan die koerant gesê. “Die president is gesond, maar hy het rus nodig.”

Volgens anonieme bronne word Zuma se swak gesondheid aan ʼn harttoestand, diabetes, hoë bloeddruk en uitputting toegeskryf.

Zuma het vroeër vandeesmaand 10 dae lank gerus nadat hy ʼn lekgotla van die Nasionale Uitvoerende Komitee bygewoon het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.