Zuma: ‘SA’ners moet hul apartheid-stories vertel’

Pres. Jacob Zuma tydens 'n vorige geleentheid. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma het Woensdag Suid-Afrikaners aangemoedig om nie die stories oor hoe hulle onder die apartheidsregering gebrutaliseer is, te onderdruk nie.

Tydens sy toespraak by ʼn Versoeningsdag-byeenkoms by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth, het Zuma gesê Suid-Afrikaners sal genees indien hulle die ongelykhede van die verlede erken. “Die stories van lewe onder apartheid is blykbaar onderdruk omdat ons gevoel het dit sal die versoening bevorder nie. Ons was verkeerd,” het Zuma gesê.

“Mense moet hul stories op verskeie platforms deel, in die media, by gemeenskapsbyeenkomste, tydens nasionale dae, oral. Ons moet die stories van ons lyding en apartheid-brutaliteit vertel. Ons jeug en kinders moet weet wat hierdie land deurgegaan het.”

Zuma het gesê wit en swart Suid-Afrikaners moet hul stories vertel. “Ons wit landsgenote wat gedwing is om verpligte militêre diens te doen en as jong mense in plakkerskampe ontplooi is om ʼn bose regime te verdedig en toe te pas, moet hul stories kan deel sodat hulle kan genees,” het hy gesê.

“Mense wat apartheid verdedig omdat hulle destyds daarin geglo het, moet ook hul stories deel om die tapisserie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis te verryk.”

Die president het ook ʼn beroep gedoen vir ondersteuning vir ʼn genesings- en versoeningsprogram wat deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke op die been gebring sal word. Hy het na die onlangse #feesmustfall-veldtog verwys wat deur wit en swart studente ondersteun is, as ʼn voorbeeld hoe om ras te verwyder uit die uitdagings wat jongmense moet hanteer.

“Ons wens die jeug geluk met die manier wat hulle die land se tradisies van ʼn nie-rassige struggle vorentoe geneem het sodat hulle deel kan wees van ʼn verenigde en nie-rassige Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johann Marx ·

Dis niks. Jy moet ook vra dat die huidige onderdrukte blanke minderheid vir jou vertel van “ANC Apartheid”………wat op alle terreine openlik afgedwing word, behalwe as dit kom by belasting. As die ANC die moed van sy oortuiging gehad het, behoort hulle hierdie apartheid “VOLLEDIG” toe te pas. Vat AL die blankes, verskuif hulle kosteloos na die 9 “voorheen benadeelde” tuislande (TBVC state)…..en dan onthef jy hulle van BTW en enige vorm van belasting, behalwe die wat met ‘n “dom-pas” buite die TBVC state werk, en PAYE betaal op hulle salaris strokies. Maar dit sal nie gebeur nie, want binne vyf jaar gaan jy uiters suksesvolle TBVC state hê, met werkende administrasie, munisipaliteite, hospitale, watersuiwerings-aanlegte, industriëe, vervoer, skole en universiteite, gesondheidsorg, en ander infrastruktuur………..en die res van Suid Afrika gaan soos ‘n informele nedersetting lyk.

Maria ·

Ek stem saam. Al die werklose armblankes wat a.g.v. BEE besighede moes sluit en werkers moes laat gaan. Slagoffers van misdaad, plaasaanvalle, kapings. Noem maar op. Vertel jul verhale op publieke platvorm. Zuma moet weg. Ons land brand en hy bly laggend die hoofnar. Almal is nie so nie. Het pas twee weke graad 12 vraestelle gemerk saam met wonderlikste Swart vriende. Hul voel net soos ons. Moedeloos oor die hoofnar en sy chronies.

Gideon ·

Puik idee!!!!

Ek ondersteun dit ten volle!

Sal ‘n wonderlike sosiale eksperiment wees!

Piet Snot ·

Ek’s dankbaar ek kon my deel doen, ontplooi in Kwa Nobuhle plakkerskamp. Ons het wie-weet-hoeveel onskuldige swartmense se lewens gered van ANC geweldenaars.
So Mnr die President, ons kan gaan sit en stories vertel – onthou jy die brandende tyre om die nek? Onthou jy die swart polisieman wat aan stukke gekap is met ‘n panga? Onthou jy …

Braam ·

Wanneer kan die slagoffers en naasbestaandes van plaasmoorde en misdaad hulle stories vertel? Dis nou die wat oorleef het? Die hele wêreld is al moeg vir die holrug apathaaid perd wat vir ANC propaganda doeleindes opgesaal word.

Naas Vermaak ·

Vertel ons eerder hoekom jy so graag STEEL & BEDRIEG !!!!

Chris ·

My apartheidstorie. Ek onthou as kind n misdaadvrye Suid Afrika. Moord was iets wat hoofopskrifte in koerante was.

Susan ·

jz jy moety nou ‘n ander slaansak kry. JULLE APARTHEID gesanik raak nou af gesaag. Sodra jy weer en weer uit gevang word val jy terug op apartheid. Wees vir ‘n verandering ‘n MAN en aanvaar verantwoording vir die gemors wat jy veroorsaak het. Maar dis te veel gevra want jy is nie ‘n man nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Andre ·

“He who is stuck in the past cannot see the future”. Dit is tyd dat hierdie anc fossiele aanbeweeg.

Sarie ·

Dit lyk sy goed voel stories wil nie werk nie nou moet hy weer haat stook. Daar word mos gevra dat die Afrikaner nie te veel oor die Boereoorlog moet praat nie, want dit kan dalk aanstoot gee. Miskien moet hierdie slim here en filmkenners vir Zuma te hulp snel met meer apartheidsstories te help. Onthou net om Quatro en die halssnoermoorde ook in te sluit.

Jan maak n Plan ·

Simpel Sot ly aan verbale diaree. Die dood moet ook seker ‘n oorsaak he. My werks mense se reguit die tye tydens die apartheidsjare was beter vir hulle. #ZumaMustFall.

TTh ·

Hoe kan ‘n land se meederheid bevolking so ‘n persoon soos Zuma (Dingaan) as president kies? Die apartheidsregering het sleg uitgedraai maar was nie altyd so sleg nie, daar was belangrike redes hoekom die regeringsmagte destyds in die plakkerskampe diens gedoen het, die groot sondebok in SA is nog steeds die ANC SAKP, die ‘stories’ wat vertel moet word is die van plaasmoorde, korrupsie, diefstal, swak prestasie van die ANC, verraad van die Afrikaner se laaste groep leiers saam met die broederbond en die bedrog wat daar gepleeg is met die destydse leiers van die ANC –
Hoe gaan die ANC die oor die 4 biljoen rand betaal vir die ‘student fees’ gemors en wat de heng gaan die SA raad van Baalpriesters nou eintlik bydra tot eingeiets, die ANC saam met Zuma is ‘n mislukking en ‘n euwel wat weggedoen mee moet word…

Ben ·

Ek kan net onthou dat daar minder haat en baie baie meer respek oor die kleurgrens heen was
Nou beleef ek net wanorde en een mislukte regering

Oom Kallie ·

Die Carnegie commission en corporation het apartheid hier kom instel om ‘n mark te skep vir hulle motorkarre so gaan vertel die stories vir hulle. Die eerste swart plakkerskamp was hoeka buite Port Elizabeth, die Suid Afrikaanse ekwivalent van Detroit, met Ford kratte gebou. Eugene, ek hoop jy lees hier seun en word wys.

Marous ·

Weereens bewys dat jy NIKS sinvol kan uitdink nie! Hoekom gaan help jy nie strate skoonmaak soos Tanzanie se leier nie?

Schalk ·

Ek persoonlik kan nie alle aspekte van apartheid goed praat nie. Maar hier is n paar voordele daarvan. Ons kon in die strate speel tot donker, en as dit te warm was het jy jou matras buite toe gesleep en onder die sterre geslaap. Jy het nie geweet wat misdaad was nie. Ons het n trotse weermag en polisiemag gehad, jy kon hulle deur n ring trek, hulle was trots op hulle werk en uniform.
Dat daar verkeerd opgetree was is n feit, ons het dit erken en die land met n werkende infrastruktuur aan julle oorhandig, julle het dit tot in die grond in besteel. Julle praat van gelyke regte vir alle Suid Afrikaners, wanneer gaan regstellende aksie tot n einde kom? Wanneer gaan julle onverskoning vra vir julle blatante aandeel in die waansinnige moorde op blanke boere, wat terloops dit waaraan julle, julle dik eet voorsien. Wanneer gaan julle ophou om kinders wat in die nuwe era gebore is, te onderdruk net omdat hulle wit is?
Nee Zuma, jy is n swakkeling!! Jy weier om te erken dat jy onbevoeg is om n land te regeer, Jy en jou regering is die grootste rassiste wat hierdie land nog ooit beleef het. Jy erken nie my regte onder die land se sogenaamde grondwet nie. Ek werk, dra by tot die ekonomie, betaal maar my beslasting, skep geleenthede vir die massas. En daarvoor sluit ek my elke aand in n tronk toe, slaap met een oog oop, want as enige lid van my familie moet iets oorkom agv ongenooide gaste in die nag, sal ek nie verantwoordelik gehou kan word vir my dade nie.
Ek kan nog ure aangaan, maar die res is jy goed bewus van. Julle praat van respek? NUUSFLITS!!! Respek word verdien. Doen die regte ding en verdwyn, jy sal die wereld n guns bewys.

lizette jordaan ·

nou ja toe, trek weg. Vir elke aparteit storie sal daar n beter storie wees vd afgelope 21 jaar in dié land, sensitiewe lesers en kykers mag dalk ontsteld raak want dié stories het pangas,verkragtings op babas en kinders by en gruwelike onregverdighede teenoor die mense wat húl stories soos ñ flou debat sal laat lyk

Peet Schabort ·

Lizette, volgens jou is dit wat jy noem nie meer daar? Inteendeel het dit toegeneem en goed soos plaasmoorde het bygekom. Die spelling is ook ‘apartheid’ of dan “there is a part of you that I hate” waar lg. tereg van toepassing is op die huidige toestand in hierdie land.

Peet Schabort ·

Ek stem grotendeels saam met vorige kommentare.
Wat ek wel mis van die apartheidera is die besoeke aan byv. Barclaysbank en die poskantoor in Evander.
By die bank het daar lang toue wittes gestaan by die wit tellers en agter in die hoek was die swart teller sonder ‘n tou mense. Ek het doodeenvoudig na hom toe gestap en hy het net kop geskud, gelag en my gehelp.
By die poskantoor aan die buitekant aan die agterkant was daar ‘n venster waar nieblankes gehelp is. Met lang toue wittes binne die poskantoor is ek agterom en dan begroet met “baas, jy moet daar binne gaan” en ek met “kom-kom, jy kan my net so goed help” en dan aan die swarte se kant ‘n “auk!!” word ek gehelp en die lang toue gespaar.
Jan-nee Zuma, daar was onregverdighede maar nie die haat wat nou deur jou en jou kaders aangeblaas word.

Oom Kallie ·

Maroela Media hoekom plaas julle nie my kommentaar nie? Die Carnegie commission en corporation het apartheid hier kom begin om ‘n mark vir hul motorkarre te skep. Die eerste plakkerskamp buite PE (ons Detroit) was met Ford kratte gebou. Aan wie moet die stories vertel word, dit is my vraag.

Oom Kallie ·

As julle die waarheid soek begin by The Carnegie investigation on the poor white question in South Africa 1932 en vat dit van daar af. Baie huidige vraagstukke sal dan ook begin sin maak.

Schalk ·

Nee wat Maroela. Zuma se ons moet ons stories vertel op alle platforms, julle plaas n berig en weier dan om sommoge stories te plaas. Wat presies is julle probleem met die waarheid?
En asseblief, antwoord my, nie een van daai boodskappe wat n link stuur met julle bepalings en voorwaardes nie.

Cilliers ·

Laat hulle ook vertel hoe daar vir almal skole was, laatg hulle ook vertel hoe hulle mediese dienste kon kry by hospitale wat nie afgebrand is nie, laat hulle ook vertel hoe hulle rustig kon bestaan in ‘n land waar reg en orde gehandhaaf is, waar daar nog respek vir ‘n lewe was en mense nie vir ‘n elfoon doodgemaak is nie, waar geen bendes geduld was nie, waar almal goedkoop kon rondbeweeg op openbare vervoer wat gewérk het, waar daar groot verdraagsaamheid tussen bevolkingsgroepe was en die “leier” nie gesing het van sy masjiengeweer nie. Zuma moet nie net waai nie, hy moes dit LANKAL gedoen het. As sy bondgenoot die Es-Y-Bie-Sie hom so op TV vertoon, skakel ek af. As hy in die koerante grinnik, kyk ek weg en lees liewer die strokiesprente. Dis nog net sy trawante wie se sakke hy so help vul het, wat hom steun en hou waar hy is. Niemand anders wil hom daar hê nie

Mara Fourie ·

Plaas almal se stories moet nie bias wees nie. Die appartheid was afgedwing deur oorsese land en political figures.

Grotman ·

Maroela Media ek het ook reeds n paar keer my mening gegee oor n onderwerp en dan is dit weg gewerp. Luister wat jou President se! Ons mag ons gedagtes spreuk.

FM ·

Mens kan sien onse soort van president wil wil nou weer die rassekaart speel met apartheidstories. Hy weet dat die program ” Tainted Heroes” die geweld van swart op swart gaan uitwys. En hy het nou gesien dat baie wit mense aan ZUMA MUST FALL deelgeneem het. Jy is in n hoek zuma. Ek dink die wat so vlerk sleep by jou wil baie graag van jou ontslae raak, maar ai, dan dink hulle weer aan die vet salaristjek aan die einde van die maand. Khadaffi en Libië was die MUISHOND van die wereld…….. raai wie is sy opvolger …… ?!!!! ZUMA MUST FALL. Kom anc en die kommuniste ek weet julle is ook moeg vir jz. Wys guts!!!!!!!!

Moses Sê ·

Die man kan rassehaat aanblaas soos hy wil en die klomp korrupte saamlopers van hom kan alles en almal beskuldig van rassisme, maar ek is verseker dat hoog verraad gepleeg is teenoor burgers van Suid Afrika met 3 ministers van finansies binne een week…. Wag vir die nuwe petrolprys. Wonder wie gaan die skuld daarvoor kry, miskien die meer onosel kiesers wat vir die onbekwame regering ingestem het em hul is diegene wat die swaarste gaan lei

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.