Zuma se afvaardiging na Zim nié weggewys, sê presidensie

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Die Suid-Afrikaanse regering het Woensdagaand laat gerugte ontken dat pres. Jacob Zuma se afvaardiging na Zimbabwe deur die weermag weggewys is.

Brian Dube, ʼn woordvoerder vir die Staatveiligheidsagentskap (SVA), het gesê al die gerugte rondom die kwessie van die afvaardiging is onwaar.

Dube het gesê dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, en Bongani Bongo, minister van staatsveiligheid, veilig in Zimbabwe aangekom het, maar hy kon nie bevestig of hulle al met pres. Robert Mugabe vergader het nie.

Die presidensie het Woensdag gesê dat Zuma namens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vir Mapisa-Nqakula en Bongo stuur om met die Zimbabwiese regering te vergader.

ʼn Verslaggewer van EWN het op Twitter gesê dat Mapisa-Nqakula en Bongo in ʼn hotel tuisgaan en binnekort met hul verpligtinge sal begin. Verskeie rolspelers, insluitend Mugabe en weermagbeamptes, sal na verwagting deel vorm van die samesprekings.

Die presidensie het Woensdag gesê Zuma het met Mugabe gepraat. Mugabe het glo aangedui hy is in sy huis vasgekeer, maar dat hy veilig is. Die verklaring het ook bevestig dat Suid-Afrika in kontak was met die Zimbabwiese weermag.

Dube het nie bevestig wanneer die afvaardiging in Zimbabwe aangekom het nie. Talle mediaberigte dui egter daarop dat die afvaardiging “vriendelik ontvang” is.

Mugabe is volgens berigte steeds in sy ampswoning in Harare. Agt lede van die presidensiële veiligheidspan is na bewering buite sy woning gesien.

Daar word steeds ontken dat ʼn staatsgreep in Zimbabwe plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willie ·

Dis mos terugbetaal tyd? Ou Mugabe befonds mos die ANC en die EFF! Hoop Malema kyk wat sy tipe aan n mooi land doen. Zuma- kry jou eie huis in orde! SA is n spieel beeld van Zim…

Josua Keys ·

As die “staatsgreep” met die regte intensie uitgevoer is en nie weer vir eie gewin soos Mugabe die afgelope paar jaar reeds gedoen het nie sê ek “GEE DIE ORGANISEERDERS ‘N BELLS EN ‘N GROOT DUIM OP” dit is tyd dat onbevoegde regeringslui wat net vir hul eie gewin regeer en nie n saak met die res van die bevolking het nie op die manier verwyder word, ek kan net nie verstaan dat die Zimbabwiërs vir so lank uitgehou het nie, ek hoop almal het ‘n les hieruit geleer insluitend ons eie regering want die vuurhoutjie is minder as ‘n millimeter van die kruitvat se lond af, wat my egter bietjie pla is waarom ZUMA se delegasie steeds toegelaat word, as die gebeure in Zimbabwe wel opreg is sou ek vir eers hulle nie daar toegelaat het nie juis agv die manier waarop hy SA regeer, maar ek verstaan dat hulle afhanklik is van SA en met ons onderhandel maar ek hoop net nie Zuma gaan daar ook begin met sekere demands nie want dan gaan ons beslis probleme in die land ondervind.

HPV ·

Suid Afrika val uitmekaar onder leierskap van Zuma, maar hy wil ander lande se probleme oplos!

Asmain ·

Die afvaardiging is waarskynlik nie gestuur om die probleme op te los nie maar eerder om Mugabe te beskerm.

SjN ·

Zuma stuur n afvaardiging om sy persoonlike belange te beskerm, hoop hul word onvriendelik terug gestuur.

Kiepie ·

Vir jare lank het die SA regering en die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeendskap hulle niks gesteur aan die lot van Zimbabwiërs wat moes lei onder die vergrype en misdrywe van Mugabe en sy trawante nie. Nou wil hulle eweskielik inspring om te sorg dat daar ‘n vreedsame oorgang plaasvind. Dit is duidelik waar hulle sentiment lê.

Haan ·

As daar n geveg in Zim uitbreek gaan hulle in hul massas SA toe vlug. Dit kan die katalisator wees wat ons land se pot laat oorkook. Hoe dit ook al sy, ek kry n onrusbarende gevoel oor onlangse verwikkelinge

Marianne ·

Meneer die President, bepaal jou asseblief by jou eie land se probleme en hartseer…. Zimbabwe is waar hy is, deur sy President.
DIT LYK MY NEPHEWTISM DAR SWAARDER MAG AS LEIERSKAP.
Gaan die manne saam op hul eilsnd aftree op Staats geld en oor ‘n Wisky een son onder lag oor hul gebroke en gekenlde lande???

Max ·

Ek wonder of die Zuma gesante weet hoeveel Zimbabwers gesterf het agv. Mugabe se toedoen?

Ouma ·

Dit lyk nie of Zuma se raad of bystand regtig benodig word in Zimbabwe nie. Sover ek weet verloop alles nog vlot en vreedsaam. JZ het meer om hom oor te bekommer: Hy moet nog dink hoe hy die Desember verkiesing in die wiele kan ry; Hoe hy sy seuntjie weer van vervolging gaan probeer vrywaar; Die stories wat uit gekom het in die boek The Presidents Keepers;
Kwit nee…. hy is régtig baie besig…..

Johanna Botha ·

Weer n ontkenning …dan kan mens maar weet dis waar !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.