Zuma sê Al-Bashir was tegnies nie in SA

Pres. Jacob Zuma Donderdag in die Nasionale Vergadering. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma Donderdag in die Nasionale Vergadering. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdag ontken dat die regering ʼn hofbevel verontagsaam het of sy verpligtinge onder internasionale wetgewing versaak het deur toe te laat dat die Soedannese president, Omar al-Basjir, die land in Junie verlaat het.

Zuma het gereageer op ʼn vraag wat deur Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, aan hom gestel is. Zuma het gesê toe Al-Bashir in die land was, was hy ʼn gas van die Afrika Unie en nie van die Suid-Afrikaanse regering nie.

“Ons het geen reg om in die sake van die AU in te meng nie,” het hy gesê, ná hy eers ʼn laggie gegee het toe hy Maimane se vraag hoor.

Maimane het die saak geopper nadat Zuma oor die verhouding tussen die regbank en die regering gepraat het. Hy het gesê Zuma het ʼn eed geneem om die grondwet te handhaaf, maar “het die heilige beginsel van die skeiding van magte geskend” deur toe te laat dat Al-Bashir die land verlaat.

Zuma het ook gesê die Soedannese president, wat deur die Internasionale Strafhof van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord aangekla word, slegs grond betree het wat tegnies onder die beheer van die AU was tydens die beraad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

MarIki ·

hy het darem baie lank gedink om opmdie verskoning af te kom. Die man ontbreek wraggies nie aan oorspronklikheid nie!!!!

Pieter ·

Zuma is n skurk en moet deur die AU skuldig bevind word aan dwarsboming van geregtigheid omdat hy en sy volgeers saamgespan het om Omar te beskrem in plaas daarvan om daardie hofbevel uit te voer.

MJL ·

Gaan Google die “Dunning-Kruger effect”
Vryvertaal: Die D-K effek kom daarop neer dat onbevoegde/onbekwame mense nie hulle eie onbevoegdheid/onbekwaamheid besef nie, maar steeds bly dink dat hulle meer bevoeg/bekwaam is as enigiemand anders. Met ander woorde, hulle is te “stupid” om te weet hulle is “stupid”!

Winston ·

As jy dood is, dan weet jy niks wat rondom jou aangaan nie. Dis dieselfde as jy onnosel is. Tegnies is Zuma die President van SA. Dis ook al.

HEVW ·

Ons sal graag wil hoor wat die gesaghebbende regslui se opinie rakense die aangeleendheid is. My gevolgtrekking is, as zuma dan korrek is, dan verkeer niemand van die afgevaardigtes uit die buiteland, tydens die beraad onder die jurisdiksie van SA nie, en is hul onaanspreeklik.

George ·

Maak ‘n beeswagtertjie die president en kyk wat gebeur …..

Eddie ·

Bitter snaaks, die paaie wat Bashir gery het om te vlug seker ook onder beheer van AU, en Waterkloof Lugmag basis onder beheer van die Guptas.

pieta ·

Die Kommuniste in JHB se ANC paleis het darem LAAAANK gevat om die stukkie gedagte in hom ingeprent te kry!

Johlene ·

Mnr Zuma, met permissie gese, nou praat jy bollie en jy weet dit.

Rex ·

Tegnies gesproke is die man nie die president van die land nie, want hy weet self nie waar hy of sy kabinetslede hul bevind nie. Meer op sousvliegtuie met oorsese besoeke. Tannie Joemat kan juis nie parlementêre sessies bywoon nie, want sy is een van die “jetsetters” en geagte president? weet nie eers dat sy afwesig bly nie. Ja oom Jakob ek kan ook maar net sê…….. Hê- hê!! soos met jou parlementêre kaskenades. Weet maar, jy is die grootste verleentheid vir hierdie land en ons wag angstig op jou Nkaaaaaandla rus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.