Zuma se besluit oor hoofregter ongrondwetlik

President Jacob Zuma se besluit om hoofregter Sandile Ngcobo se ampstermyn te verleng is Vrydag deur die grondwethof as ongrondwetlik beskryf.

Volgens die hof is artikel 8a van die Wet op Vergoeding en Diensvoorwaardes van regters, waarop Zuma sy besluit geskoei het, ongrondwetlik. Ngcobo het egter vroeër die week aangekondig dat hy sy besluit om die verlenging te aanvaar, terugtrek. Die presidensie het intussen in ‘n verklaring gesê Zuma aanvaar en respekteer die grondwethof se besluit. Ngcobo se termyn verstryk op 14 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.