Zuma se boek binnekort op die rak

Oudpres. Jacob Zuma se biografie sal binnekort op die rak beskikbaar wees.

Jacob Zuma Speaks – The Words of a President sal na verwagting in die tweede of derde week van Desember vanjaar vrygestel word, het die JG Zuma-stigting Donderdag op sosiale media bekendgemaak.

Volgens die stigting bevat die “langverwagte” boek “boeiende inligting”. “Besonderhede sal binnekort verskaf word.”

Jacob Gedleyihlekisa Zuma, gebore 12 April 1942 in Nkandla, KwaZulu-Natal, was die vierde president van Suid-Afrika en voormalige president van die ANC.

Hy is ‘n gewilde figuur, selfs oor politieke grense heen, maar word as omstrede gesien sedert sy finansiële adviseur, Schabir Shaik, skuldig bevind en veroordeel is weens korrupsie en bedrog. Hierdie gebeure het in Junie 2005 tot Zuma se afdanking as adjunkpresident van Suid-Afrika gelei. Nadat die leierskap van die ANC hom amptelik op 13 Februarie 2018 herroep het as president het hy eers geweier om te bedank, maar het tog die volgende dag sy uittrede aangekondig.

Zuma het op 29 Junie 2021 die eerste president sedert die einde van die witminderheidsregering in 1994 geword om tronkstraf opgelê te word. Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika het hom vir 15 maande gevonnis vir minagting van die hof nadat hy ‘n vroeëre hofbevel verontagsaam het om na die hof terug te keer om te getuig voor die Zondo-kommissie. Zuma is op mediese parool uit die tronk vrygelaat volgens ‘n aankondiging op 5 September 2021.

Zuma het ook op 8 Januarie 2012, na afloop van sy politieke toespraak by die ANC se 2012-eeufeesvieringe in Bloemfontein, die opruiende lirieke van die “skiet die Boer”-liedjie gesing. Dit is dieselfde liedjie waarvoor Julius Malema van haatspraak aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Kokerboom ·

Die skepsel was en is ‘n verleentheid vir land en het eiehandig die land amper verwoes..tog word as held gesien!!Dan nog die vermetelheid om ‘n boek die lig te laat sien..hy kan skaars lees of somme maak!! Skandelik verby!

Nick ·

haha. Hy kan nie lees of tel nie. Hoe het hy ‘n boek geskryf?? Dit gaan ‘n komiese riller wees. Kan nie wag!

casper ·

Ek hoor hy het al eleventy million and two and one hundred and 4 boeke verkoop.

Aai ·

Dit gaan nie oor wat in boek staan dit gaan oor geld en almal gaan dit koop.Ha Ha

Pietertjie ·

Hy is darem nie te soek of te armlastig om te skryf nie. Ek het nie geweet dat die man wél kan skryf nie. Dis nou as hy dit sélf geskryf het, bygesê.

Peach ·

Elna, just a memory cleanser….. he was your DEMOCRATIC elected President.

tweeling ·

Heelwaarskynlik die boek met die meeste liegstories nog ooit geskryf.

Dries ·

Die boek se titel moes wees. FROM PRISONER TO PRESIDENT TO PRISONER

Johnny ·

‘n Opvolg op Mandela s’n wat moes wees “From Convicted Prisoner to President”

Chris dupreez ·

How to bankrupt a country , gaan seker die naam wees

Spook ·

Ek gaan die boek koop. Hoop die sketse is net so goed soos die in my Tintin en Asterix boeke. Ek twyfel egter of die storielyn so goed gaan wees.

Hasie ·

Haahaa ek het beter dinge om te koop met my geld……soos toiletpapier…

Jan GL ·

“How to bankrupt a country in less than 10 years – a case study”

Androclus ·

Boek se naam “Together we can do more …CORRUPTION.”

John ·

Kan my in dink wat se soort leesstof dit gaan wees. seker die grootste “Fop” storie ooit geskryf….. in die stort

Swerwer ·

Beslis geen begeerte om dit te lees nie, mors nie my geld op negatiewe dinge nie.

Belinda ·

Ek sal nie die boek koop nie, want dan dra ek by met sy fonds insameling. Nee wat dink toilet papier gaan in elk geval beter leesstof wees….

Aai ·

Maroela dit sou nou ‘n goeie grap wenner gewees het vir julle grap kompetisie.Hy gaan net te laat inskryf.

Kaptein ·

Kan nie eers die boek ” Jail house rock ” noem nie
Was te kort in die trunk.

Genis ·

Die Titel moes gewees het: 100 and 1, how to mess up a country….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.