Zuma sê buitelanders sal beskerm word

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Vrydag tydens ʼn toespraak hoëkommissarisse en ambassadeurs verseker dat buitelanders in Suid-Afrika beskerm sal word.

Die aankondiging is gemaak tydens ʼn seremonie waar Zuma geloofsbriewe van 11 lande, insluitend Ghana, Nepal, Indië, Zimbabwe, Peru, Myanmar, die Republiek van Korea, Jamaika, Japan, Oekraïne en Suid-Soedan ontvang het.

“Ons sal verseker dat al ons mense, insluitend buitelandse burgers, altyd voel dat hulle veilig is, waar ook al hulle in die land is,” het Zuma gesê. “Ons wetstoepassers is besig om die net stywer te span om dié wat krimineel opgetree het teen die buitelandse burgers in ons plakkerskampe ‘n paar weke gelede.”

Dit volg nadat die 14-jarige Siphiwe Mahori in Januarie in Soweto na bewering deur ʼn Somaliër geskiet is toe ʼn groep mense glo by sy winkel probeer inbreek hetTalle winkels wat deur buitelanders besit word, is daarna geplunder. Dit het gelei tot die dood van ten minste sewe mense wat ʼn maand oue babaseuntjie insluit.

Verder is vier Ethiopiërs aangeval en gewond in hulle winkel in Kwazulu-Natal.

Zuma het genoem dat hy bly is om geloofsbriewe van lande buite die Ibsa-lidlande (Indië, Brasilië en Suid-Afrika) en Brics-lidlande (Brazil, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) te ontvang.    

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Francois ·

So, Zuma dink daar is net geweld in plakkerskampe? Ek wonder in watter land woon HY? Wat van die mense wat helder oordag aangerand en besteel word. Meeste van die nogal toeriste. En wie soek nou eintlik geloofsbriewe van DIE lande, ons soek hulle van 1ste Wereld Lande.

Tammycrawfors ·

Hoe wil jy dit reg kry om enige iemand in Suid Afrka te beskerm behalwe jouself, Zuma? Hou op twak praat en doen iets tot voordeel van die burgers van hierdie land. Ons leef agter tralies en ons honde word in ons huise gehou om nie dood gemaak te word nie. Ag nee, man jy laat my lag vir al dinge wat jy kwyt raak. Word net n slag wakker!!

Dave ·

Ek moet jou reghelp Tammy, hy lees nie hier nie. Jy sal dit wat jy hier sê in die Sowetan of elders moet plaas.

Coenraad ·

Gaan buitelanders se eiendom op Clifton ook beskerm word?

Ama-broek ·

Zuma wat van plaasmoorde? Jy kan nie eers die hand vol boere en hul werkers beskerm nie.

HEVW ·

Alles is hol beloftes. Ek bedoel nie lelik nie. Ek bedoel lee bloftes.

Bosvark ·

Die moegoe kan nie eers die hand wat hom voer beskerm nie, what the hell!!!! eff-ies is verantwoordelik vir die en die plaasmoorde.

Schalk ·

Zuma, jy kan nie eers die burgers van die land beskerm nie. Die laaste bietjie hoop wat ek vir jou gehad het is daarmee heen. Jou sogenaamde wetstoepassers is klomp hooligans wat lankal die stryd teen misdaad verloor het. Miskien moet jy begin koerante lees, dan sal jy self besef hoe lagwekkend jou opmerkings is.
Slaap rustig dapper held.

Schalk ·

So terloops. Wetsgehoorsame, belasting betalers van die land, wat julle korrupsie finansier word oor die hoof gesien, daar word nooit uit jou mond of jou kantoor gehoor dat julle net stywer span om die moordenaars nie. Die feit dat jy swyg se vir my net een ding. Dit dra jou goedkeuring weg. Al hierdie buitelanders met sogenaamde besighede ontduik belasting, le op die nekke van die belasting betaler. En jy Zuma, verseker hulle dit sal stop. Staan nou vir n slag op jou agter pote en erken jy het verloor. Jy is onbekwaam, en al die kiesers in die land is nie ongeskool nie, ons kan sien wat aangaan.

Dave ·

Ek moet jou reghelp Tammy, hy lees nie hier nie. Jy sal dit wat jy hier sê in die Sowetan of elders moet plaas.

Dave ·

Ag tog, Zuma lees nie hier nie en hy verstaan nie Afrikaans nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Om na die arme vent se gegorrel te luister is n mors van tyd . Dit is netso goed jy gaan dorptoe en koop niks nie. Tyd dat hy die geld terugbetaal en waai.

Tamilyn ·

“Ons sal verseker dat al ons mense, insluitend buitelandse burgers, ”
Presies hier, is waar daar ‘n probleem wat begin kopuitsteek en ek kry maar net die gevoel, dit dra niks goeds in vir die “burgers” wat agterbly nie.

Tamilyn ·

Die “Agtergeblewenisse” het skielik ‘n ander betekenis gekry. Dit gaan gladnie oor die “agtergeblewenisse” nie . Hierdie prentjie is veel groter as wat dit blyk te wees. Hierdie nuwe generasie van “Agtergeblewenisse” , daar wag ‘n groot ontnugering op hulle. Lees op en die antwoord sal ons nog in die gesig klap.

Tamilyn ·

Hoekom so besorg oor insluitende “ons buitelandse burgers” ? Dit sal interesant wees om te weet. Dalk nog ly die “agtergeblewenisse”, wat intussen ‘n heel nuwe betekenis gekry het, nou daaronder. Wie weet?
9 mins · Edited · Like

Kom ons veronderstel, hulle is daar om ‘n pad voor te berei. Perslot van sake het alle voorsate van die kultuur gesorg vir opvoeding ens ens. Met laasgenoemde as mikpunt, is daar sonskyn?
Of gaan dit om selfbehoud in die vreemde ten koste van die “nuwe agtergeblewenisse? Gevolg deur ‘n skandsmuur om nie die boodtjie te laat omval nie?

adrian ·

zuma wat van die nigeriers wat die land toestop met dwelms en mensehandel, maak oop jou oe en sien die gemors wat jy wil beskerm met jou korrupte polisie. Die buitelanders soos zimbabwiers en mosambiekers saai verwoesting in die land, as dit nie renosterstropey is nie dan is dit kapings en huisrowe. Nee wat zuma lyk asof jy die skuim wil beskerm

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.